Australië-pedofielring: Pa van meisie, SA man glo betrokke

Argieffoto

Argieffoto

Die 13-jarige meisie van Australië wat glo deur agt mans, onder wie ʼn Suid-Afrikaner, seksueel misbruik is, se pa het glo die pedofielring “gefasiliteer”.

News.com.au berig dat die agt verdagtes, tussen 35 en 47 jaar oud, in hegtenis geneem is nadat die polisie in April ʼn wenk ontvang het en die meisie gered is. Volgens die polisie is daar 200 000 video’s en vier miljoen foto’s van kindermolestering in een van die verdagtes se besit gevind.

Die mans staan tereg op 503 aanklagte insluitend die penetrasie van ʼn kind onder 13 jaar en die besit en verspreiding van eksplisiete materiaal van kinders. Die seksuele misbruik het glo plaasgevind toe die meisie tussen 11 en 13 jaar oud was. Volgens die polisie het die meisie se pa glo gereël dat die ander sewe mans sy dogter misbruik.

David Volmer (41), ʼn Suid-Afrikaanse man wat as pastoor in Australië gewerk het, is een van die verdagtes. Die Australiese Sunday Times het vroeër vandeesmaand berig dat Volmer, wat die Acts Christian Church se gemeente in Perth gestig het, skuldig gepleit het op minstens 12 aanklagte. Volmer, ʼn getroude pa van twee, het glo onder meer skuld beken op drie aanklagte van die seksuele penetrasie van ʼn kind ouer as 13 jaar en jonger as 16 jaar. Volmer moet weer volgende maand in die hof verskyn.

Supt. Glenn Feeney van die Australiese seksmisdaad-eenheid het gesê die bewering is dat al die verdagtes die pa geken het, dat die pa sy dogter beskikbaar gestel het vir seksuele misbruik en dat hy haar self ook misbruik het. Volgens Feeney het die polisie sowat 150 video’s en foto’s  met beeldmateriaal van die spesifieke meisie gevind. Hy het die materiaal as “walglik” beskryf.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HouNieVanPastoreEnProfete nei ·

Nee, kyk deesdae as iemand se hy /sy is ‘n Pastoor of Profeet of Dominee dan wil ek sommer appels swaai en hom wegjaag. Mag hulle is die hel brand!

Michiel ·

HouNieVanPastoreEnProfete nei – jy moet Priesters ook by jou naam voeg! Ek stem 100% saam met jou. Hoe enigeen sulke goed aan ‘n kind kan doen en dan nog die wat veronderstel is om jou te versorg en beskerm gaan my verstand te bowe!!

Elfie ·

Ek het nie genoeg byvoeglike naamwoorde om hierdie sogenaamde “pa” sleg te sê nie. Mag hy en al sy trawante kry wat hulle toekom – in dieoortreffende trap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.