Australië trek glo uitsprake oor SA boere terug

OPVOLG: Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het intussen in ‘n onderhoud ontken dat sy uitsprake teruggetrek is soos Sisulu beweer. Lees die opvolgberig hier.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Sibonelo Ngcobo/ANA

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag gesê Suid-Afrika verwelkom Australië se terugtrekking van omstrede uitsprake deur dié land se minister van binnelandse sake dat Australië die immigrasieproses vir wit Suid-Afrikaanse boere wil versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word.

Maroela Media het vroeër berig Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het opslae gewek toe hy verlede maand gesê het wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die “gruwelike omstandighede” waarin hulle hul bevind. Dutton het in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê Australië het ʼn vlugteling- en humanitêre program, asook ʼn aantal ander visumprogramme om diegene wat “vervolg” word te probeer help.

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Dutton se uitsprake skerp gekritiseer en Sisulu het ʼn diplomatieke démarche aan Adam McCarthy, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika, gerig om aan te dring dat Dutton se uitsprake oor grondonteiening teruggetrek word.

Dirco het Maandag in ʼn kort verklaring gesê die departement verwelkom Australiese leiers se terugtrekking van Dutton se uitsprake.

“[Sisulu] neem kennis van en verwelkom Malcolm Turnbull, die Australiese eerste minister, en Julie Bishop, die minister van buitelandse sake, se terugtrekking van [Dutton] se uitsprake oor die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses,” lui die verklaring.

Peter Dutton. Foto: Facebook

“Ons verwelkom die bevestiging deur die Australiese regering dat die uitsprake wat deur hul minister van binnelandse sake gemaak is nie in ooreenstemming is met Australië se immigrasiebeleid nie. Ons verwelkom ook Australië se veroordeling van die betreurenswaardige uitsprake deur Suid-Afrikaanse en ander internasionale organisasies en leiers,” het Sisulu gesê.

Sisulu het weereens beklemtoon dat “niemand in Suid-Afrika, onder wie ook wit boere, vervolg word nie”.

“Ons doen ʼn beroep op nieregeringsorganisasies om hulle te weerhou daarvan om onwaarhede en misleidende inligting te versprei.”

Sisulu het gesê Suid-Afrika is “ʼn wetsgehoorsame land” en sal deur ʼn grondwetlike proses op ʼn grondhervormingsoplossing besluit wat die land vorentoe neem en nie mense se regte skend nie. “Suid-Afrika se diplomatieke kanale is altyd oop vir diegene wat duidelikheid oor ons land se beleidsposisies benodig.”

Maroela Media wag op kommentaar van Dutton se kantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Loon ·

Sy leef in n droomwêreld waar sy die hoofrol speel…..of sy is op Pappagaai slaai!

Paul ·

Maar hierdie berig, soos dit hier bo staan, word nou deur al wat Suid Afrikaanse koarant en media webwerf is die wêreld in gestuur, so daardie mense wat sien dat dit oëverblindery en spin is, is maar ‘n handjie vol en het me Lindiwe haar doel bereik.

Pieter Schoombee ·

Maroela se opskrif is verkeerd. Niemand in Australië het enigiets teruggetrek nie. Sisulu het gedink sy is belangriker as wat sy is en doen ‘n Donald om die verleentheid weg te steek. Moenie daarvoor val nie.

Sprakeloos ·

Liewe mev Sisulu, net hartseer dat daar in ‘n wetsgehoorsame land soveel wetteloosheid, staatskaping, korrupsie en bloedvergieting plaasvind. Meeste sit en wonder wanneer hulle net ook net nog ‘n statistiek gaan word. Nêrens is die kinders van hierdie land meer veilig nie. Ouers wat ‘n sukkel bestaan voer se eiendomme word vernietig deur wettelose barbare wat alles vernietig om hulle. Dit kos die belastingbetalers net meer geld om alles in stand te hou. Neem jy enige Suid-Afrikaner kwalik as hulle die land wil verlaat omdat wetteloosheid hoogty vier.?

jaco ·

BAIE baie vreemd. Met al die regstellende aksie en BEE en stilbly oor moorde op wit boere, is dit BAIE duidelik dat wit belastinggeld nie belangrik is vir die ANC nie. Die ANC wat eintlik die boere se grond wil hê, moes dus eerder Australië se uitsprake verwelkom het en sommer self met deportasies van wit boere na Australië begin het.

Wors ·

Wit belasting geld is al waarop die ANC nou staat maak, dis juis waarom hulle nou so begin bang raak dat ander lande sien wat besig is om te gebeur. Hulle wil die “klem” van die ANC se Zuma regering af haal deur “mooi” te speel anders verloor hulle net meer belange van ander lande, so vir nou is ons wit mense “ok” omdat die Komministe nie wil wys wie hul regtig is nie…

ferdi ·

Waar is di bewyse en berig dat Peter Dutton sy woorde teruggetrek het en di van Australia se leiers Ek het geen geloof in SA leiers ni

Cherokee ·

Jy kan gerus weer lees en stadiger die keer. Ek lees nêrens dat Peter Duton sy woorde terug getrek het nie.

Rupert Ashford ·

Peter Dutton het niks teruggetrek nie. Sisulu speel die internasionale media soos ‘n viool. Indien iemand van die Australiese regering enigiets hieroor te se gehad het na Turnbull en Julie Bishop se oorspronklike rondspringery hieroor was dit slegs hulle en nie Dutton nie. Turnbull is ‘n manteldraaier van formaat met geen persoonlike opinies nie behalwe wanneer dit by sy eie belange kom wat meerendeels in lyn met die gloabilstiese “big business” manne is, en Bishop is ‘n pierewaaiertjie wat haar siel sal verkoop om na die VN se pype te dans. Soos in alle politieke organisasies is hulle van die huidige regerende party in Australie se linkervleuel terwyl Dutton meer konserwatief en standvastig is.

Hanna ·

Nou wonder ek watter van hierdie “uitsprake” was onwaar en misleidend? Boere is virseker nie veilig nie en word teen n hengse tempo uitgemoor! Wens net die buiteland kan vir eenmaal nie politiese-korrektheid vrees nie, want ons het hulp nodig en vinnig ook. Sisulu leef in n droomwereld met veiligheidswagte en al!

Hennie ·

Wit boere word nie vervolg nie? Op jou gat sit en niks doen oor die wat hulle wel vervolg, kon julle dit netsowel self gedoen het! “A person may cause evil to others not only by his actions but by his inaction, and in either case he is justly accountable to them for the injury” – John Stuart Mill.

Tom ·

My vriend, Aus is deurtrek van links-liberales. Peter Dutton is ‘n kant-eier en kan enige tyd geneutraliseer word.

Hettie ·

Wetsgehoorsaam !
ANC ken nie die woord nie!
Nie regerings organisasies sluit seker nie Eff in nie want hulle kan sê en doen wat hulle wil en dit aanvaar sy !
Weereens bewys wat gesê word is onwaar dan kan jy se dit is onwaar !

Rob ·

Suid Afrika n WETSGEHOORSAME LAND IS WHAT A JOKE you tried your best Mr Dutton thankyou.

Jerry ·

Die les om te leer vir Solidariteit en die forum is om hulself te weerhou van halwe waarhede. Dek beide kante van die muntstuk dan kan niemand julle beskuldig dat julle slimjanne is wat die buiteland en julle lede mislei nie! Kallie Kriel se skrywe dat witmense wettig grond bekom het deur net 5 argumente te lys en 3 kritiese argumente nie te lys nie, wat die teendeel bewys, is n sprekende voorbeeld van n halwe waarheid en is dus misleidend. Maroela trap ook in die strik en mislei lesers deur kommentaar wat die teendeel bewys, nie te plaas op die platform. Net soos wat halwe waarhede die forum inhaal net so gaan maroela se eensydigheid deur kant te kies julle inhaal.

rollie ·

Waar wat jy sê Jerry. Onthou egter dat Afriforum, Solidariteit en Moerala weet wie hul teikenmark is ie. meestal die verregse gedeelte van die wit Afrikaner groep. Ek dink nie jy kan hulle blameer daarvoor nie want ander instansies/media het ook maar hul eie teikengroepe. Dit maak egter vir ongebalanseerde en eensydige beriggewing/kommentare,ens regoor die hele spektrum.

Donald ·

Oom Frikkie moet pasop vir siektes. Jy kan nie daai met die rooi rokke wat plat op die seat le op tel nie. Ook daai mooinooirivier outjies wat ubuntu wys om deelsaam te wees met spar se goedere moet jy maar voor pasop. Hulle is wel die goeies almal is mos nie dieselfde nie maar pasop vir die slegtes hulle vind jy veral op daai paaie waar jy met daai rooirok gekonkel het. Dai outjies gooi babas in microwaves, verdrink die seuns in kookwater en speel paasnaweek met n 4 jarige dogter deur haar te kruisig op die kombuis tafel en beurte te vat om haar te verkrag. Die res sit in staats posisies en eet hulle vet aan die laaste geld wat Hendrik Verwoerd oor gelos het. Maar moenie wory nie ons gaanien hie mooi ubuntu regtig is as al die gldjies op is. Oeps sory die oorspronklikke boere het dit wel gesien destdestyds en hierdie ver regse Afrikaners, is seker maar nou ma die regte Afrikaners wat nie besoedel is met die liberale verstandelikke versteurdgeid nie.

Elizabeth ·

Jerry, jy slaan die spyker op sy kop. Mens moet maar wyer lees as Maroela media as jy die volle waarheid te wete wil kom. Ons kan nogtans solank kyk na visums na Australië, Kanada, die VSA en Nieu=Zeeland. Ons gaan dit een van die dae nodig kry.

Johan ·

Ons eerste aksie moet nog steeds wees om ons self te help….hoe dit ookal sy.

CJ ·

Tot dusver kon ek geen bevestigende berigte as bewyse in Australiese media opspoor nie. Indien dit wel gebeur het dat Aus standpunte “terugtrek”, sal ek nie verbaas wees as dit bloot politiekery is nie – maw hulle “stem saam” met Sisulu en Kie, maar gaan in elk geval maak soos hulle van plan was om te doen.

BB ·

SA kan nie nou die boere uitlewer aan Aus nie, want sou hulle. Wie gaan dan vermoor word, anderste moet hulle meer ondermekaar moor!!! Plaas dink hulle meer aan beskerming vir die boere op hulle plase!!!!

Willem ·

Per die verklaring:

“South Africa and Australia have officially ended the row between them over Australian Home Affairs Minister Peter Dutton’s offer to help “persecuted” white South African farmers.

Both sides have confirmed that “the case is now closed”.

Australian Prime Minister Malcolm Turnbull and Foreign Minister Julie Bishop effectively resolved the dispute by implicitly refuting Dutton’s offer to help South African farmers on the basis of their skin colour. But they have not directly slapped him down nor has he retracted his remarks.”

So julle kan dus jul eie gevolgtrekking maak oor die reaksie en spin van ons minister Lindiwe Sisulu hieroor.

jaco ·

Baie vreemd van die ANC. Met al hulle regstellende aksie en ander arbeidswette, is dit duidelik dat hulle nie wit mense se belastinggeld soek nie. So die ANC moes eintlik Australië se aanbod verwelkom het en sommer SA wit mense Australië toe begin deporteer het.

Lynette Schultz ·

Afrikaner, waar sal jou hulp vandaan kom? Jou hulp is van jou God (en sal van NÊRENS anders kom nie – nie van politici of stadion-predikers of jou eie arm nie, maar alleen van jou God wat jou voorsate telkemale bewaar het. Hy sal ons nooit versaak nie).

Hein ·

Lynette, ek is dit roerend met jou eens. Die probleem is net dat ons volk lankal sy rug op sy Heiland gedraai het. Tot 1983 was die Rand sterker as die VSA Dollar. Toe verwyder die SA regering “In diepe afhanklikheid aan die Drie-Enige God” uit sy grondwet, en die Weste is uitgedaag: “Chickenfeed! Do Your Darndest!”
Hoogmoed kom toe voor die val – van die land en die Rand.
Slegs deur terug te keer na God, sal ons land herleef – want “oorleef” is iets van die verlede.

Lena ·

Die waarheid hoef homself nie te verdedig nie. Dit sal wel wêreldwyd aan die lig kom.

Nita ·

Hierdie regering wil nie he die paddas moet uit die warm water ontsnap nie. Ons moet kook tot ons vrek.

Siek en sat ·

Die boere WORD vervolg. Alweer kop in die grond Sisulu.

Phil ·

As S.A. n wetsgehoorsame land is, hoekom is ons tronke dan so vol en hoekom moet ek belasting betaal om moordernaars en verkragters aan die lewe te hou? Kom by……

Boer ·

Maroela kan ons dalk bevestiging kry of Australië werklik hul woorde en beloftes teruggetrek het?

Willem ·

Boer, sien my kommentaar effe hoër op, dit is wat die verklaring sê. Die beloftes is nie teruggetrek nie.

Boer ·

Maroela, kan ons dalk bevestiging kry of Australië werklik hul woorde en beloftes teruggetrek het?

piper ·

ek daag haar uit om in enige plek in die land na donker sonder lyfwagte te gaan stap. ook s. ommer op baie plekke in helder daglig bv. tafelberg. verder gaan staan langs die pad om n papwiel om te ruil.

Oom Kalahari ·

@Loon, jy stel dit so mooi dat die vrou haarself vergryp aan Pappegaai slaai. Dit bly ‘n gelieg en bedrieg om net nie gesigwaarde te verloor nie. Is daar nie al genoeg bewyse wat toon hoe dit regtig in SA gaan nie en buitelanders wat aangeval en beroof word. Val my maar aan maar ek het geen meer geloof of positiwiteit vir die land en sy kriminele misdade nie. Haar strategie is om die blankes hier vas te hou en te laat uitmoor want die haat is te groot om nou ‘n uitvloei toe te pas.

PJC ·

Ten minste weet ons wat Peter Dutton se siening is al stem sy eerste minister en minister van buitelandse sake nie saam met hom nie om polities korrek te wees alhoewel hulle presies weet wat aangaan. Australie sukkel ook reeds geweldig met immigrante uit Afrika, die ooste en uit moslem lande so hulle weet presies waarmee ons te doen het al wil hulle regering dit nog nie amptelik erken nie. Die dag sal egter nog kom dat hulle sal erken watter gemors dit is.

Reguit ·

Not net méér rede waarom méér mense SA vinniger gaan verlaat.

PJC ·

Ek het na ń onderhoud met ń senator van Queensland geluister wat dieselfde mening huldig as Peter Dutton so daar is ander mense in Australie wat saamstem en mettertyd sal hierdie getalle groei. Ons moet net aanhou om alles aan die groot klok te hang.

Johanna Botha ·

Ag moet nie wag vir Aus nie …maak jou eie planne …as mens wag vir n regering gebeur daar niks nie….ons sien mos hier !

Marah Oosthuizen ·

SA n wetsgehoorsame land, ai tog. Wie gaan haar tog glo. Die bewyse is daar dat dit nie so is nie. Dat Australië dit terugtrek is net so leuen.

Gertryda ·

Hoekom so bekommerd as onse boere oorsee gaan
Sy weet daar sal geen kos op tafel wees
Ek is sat vir die politiekusse in die land

Willem ·

Dit, hier onder, is wat die Aus gedoen het, so julle kan besluit of ons minister Lindiwe Sisulu nou in die kol was.

“South Africa and Australia have officially ended the row between them over Australian Home Affairs Minister Peter Dutton’s offer to help “persecuted” white South African farmers.

Both sides have confirmed that “the case is now closed”.

Australian Prime Minister Malcolm Turnbull and Foreign Minister Julie Bishop effectively resolved the dispute by implicitly refuting Dutton’s offer to help South African farmers on the basis of their skin colour. But they have not directly slapped him down nor has he retracted his remarks.”

Blue Butterfly ·

Maak my siek dat die wereld so polities korrek is. God forbid dat iemand tog tenagekom word – maar daar is ‘n “free for all” op alle wit blankes in SA. Ons is sitting ducks wat rustig sit en wag om vermoor te word en onteien te word. As blankes dink dit gaan net oor plaaseiendom, sit hulle die pot ver mis. Ons gaan van ALLES gestroop word totdat daar niks van die blankes oor is aan die suidpunt van Afrika nie – mark my words.

Debbie Lategan ·

Ai, julle Christen volkie is tog so positief. Hoor tog net wat spreek julle oor julself! Jul klink soos die volk Isreal”Soos sprinkane in hul oë!”

Oom Kalahari ·

Ek voel nou so kwaad en geftustreerd vir die liegbek dat ek ‘n dooie kobra slang kan opeet en lewendig uitspoeg. Kan mens sulke onwaarhede na buite uitdra terwyl die land brand en gebuk gaan onder misdaad. Nou sal die aanslag op boere toeneem en asb beplan en kry veiligheidsmense tot hulp en beskerming.

Willem ·

Ek het sopas ophou drink, ek voer nou my whisky maar vir daai kobra slang van jou. O’ja, hy is dood, sien ek, maar moenie komkommer nie, na so twee slukkies sal hy sy bek wawyd oopmaak en so met die een oog loer.

Paul ·

As S.A n wetsgehoorsame land is, hoekom wil so baie wetsgehoorsame boere en blankes dan hier padgee?

Deon ·

Boere as julle will immigreer na Australia, doen aansoek en epos Peter Dutton. Hy is ook Minister van Immigrasie. Hy sal help. Moenie glo wat die anc braak nie.

Jan ·

As almal dit gaan doen gaan hulle nie visas uithandig nie. Wag eers dat dit swart op wit staan voordat mens bly raak. Don’t count your chickens before the hatch!

Pieter ·

Anc propaganda niks van die aard is gedoen nie wys net hoe verdraai die klomp die waarheid dan is daar nog die joiners wat ramaposa sterkte toewens en hulle steun aan hom toesê

Pat Aldrich ·

Niemand glo enige uitspraak van die ANC nie want hulle lieg so dat niemand hulle glo. Sal eenvoudig die wet verander om hulle te pas. Julle sal dit nog berou

Johan ·

Obviously het jy die kat aan die gat beet….maak eers seker van jou feite voor jy reageer .

Natan ·

@Lynette: Verwag dat hulp van God afkom. Wel dit hang van ons verhouding met God af en ons geloof in Hom. Die afgelope Heilige Paasfees was daar rugby en krieket op die spyskaart, asook inkopies. Dalk wanneer ons God nodig het mag Hy ook ander belange hê en ons ignoreer. Beter om ons afhanklikheid teenoor Hom te belei en al die ander wêreldse gemors eenkant toe te skuif, dit dien nie tot ons verlossing nie. Wanneer ek so die spyker op die kop slaan word my kommentaar gewoonlik nie gepubliseer nie, maar dan is die sonde by die een wat dit nie publiseer nie.

rollie ·

Dis dan ‘n fees. Mens doen mos lekker dinge by ‘n fees.

Jan ·

Sisulu as jy skrik,skrik asb net wakker.
Ok en wat het geword van Afriforum/FF+ se besoeke aan ander lande?Wat daarvan gekom?

Grap ·

Sisulu, wee jy ek kan darem maar lag vir jou, n wetsgehoorsame land!!!! My magtig ek wonder of jy ooit weet wat dit beteken?? Ek kan nie glo dat jy so naief kan wees nie!!! Ons land is korrupt die regering is een is n helse surkus die polisie doen nie hulle werk nie, sal ek aangaan?? Ek wil nie want ek laat sak my kop in skaamte vir julle almal. Wat n skreiende skande!!

RH ·

Sisulu and the rest of them can do what they want they will still see the process go ahead. I didnt hear of a retraction either! Sisulu and the entire circus will see it all too late! Can’t wait to see their ugly stupid dials when they have nothing to eat!

Wilma ·

Hoop die aanval op toeriste waaronder Britse Aktrise maak die Australiers se oge wawyd oop. Hoop hul doen onderhoud met slagoffers

Pieter ·

Gaaf, stuur nou daagliks aan minister Sisulu ‘n daaglikse verslag van plaasaanvalle, geweld en haatspraak teenoor wittes. Wil alle wit jongmense wat geleenthede geweier word ook by die minister aanklop om haar dade by haar woorde te voeg. So kan ek voortgaan. Oneerlikheid is ‘n kemerk van veral ANC politici, of glo die minister regtig die twak wat sy kwytraak?

_______ ·

Ek dink dalk, het hulle net die uitspraak dat ons vervolg word trug ge trek vir nou, maar dat hulle nog steeds van plan is om enige boer soon toe laat immigreer as hulle werk geweier word(ek hoop maar dis teen internationale wet) of as die ” vervolging” begin nogtans hoop ek die boere het daai uitweg, Australia sal nie sommer net opgee om ander te help nie, net die woorde trug trek wat dalk wrywing skep…

Gerhard ·

Malcolm Turnbull se regering sukkel om genoeg steun te werf om die volgende verkiesing te wen. Hulle kan nie bekostig om gesien te word om enige radikale idees te ondersteun nie. Wat baie Afrikaners nie verstaan nie is dat in Afrikaner kultuur is gematig meer inlyn met radikaal in Westerse lande. Dit sal baie meer werk van Afrikaner-Organisasies verg om Westerse regerings te oortuig om hulle te help, selfs dan sal dit ten beste wees om hulle te help om die land te verlaat. Dit beteken ook dat die Afrikaner-Organisasies meer redelik moet raak met hulle verwagtinge en hulle ondersteuner skool in meer redelike verwagtinge en meer werkbare inisiatiewe aanpak.

Kakkerlak ·

Ek sien nou Australiaanse nuusberigte waar Dutton sê hy het NIE sy woorde teruggetrek nie.
Die ANC en Sisulu vier te vroeg fees.

Cornelia ·

Natan, wat jy sê is waar. Al lewer baie nie altyd kommentaar nie, waardeer ‘n mens die boodskappe wat God se Woord bevestig. Spotters sal daar wees. Want ook dit waarborg die Here se Woord. Dankie vir jou.

Aggie ·

Pleks ANC iets doen aan die vervolging van blanke boere. Hulle sit net terug en hou hulle blind omdat dit hulle pas.

Edwin Boegman ·

Pleks die ANC hulle die boere beskerm. Hulle hou hul blind vir ons mense se afmaaiery.

Francois ·

Sisulu het gese: “Suid-Afrika is n wetsgehoorsame land”
LMFGA !!!!

Aussie ·

Sisulu, luister na die snert wat jy praat. SA is wetsgehoorsaam, my word, you could have fooled me. Blanke boere, al die blankes, word nie vervolg nie, hul word sommer net voor die voet vermoor.
Waaroor verwelkom jy dat die uitspraak van Australië terug getrek word?. Dis dan wat julle wil hê, dat die boere moet padgee. Dan kan julle die plase vat en dit verwoes. Die aanbod van Australië maak dit net soveel makliker om van die boere ontslae te raak. Dis omdat julle nie wil hê die boere moet n bestaan maak nie, al is dit in n ander land. Jul weet die boere sal n sukses maak daarvan, iets wat julle nog met niks, BEHALWE aanwas kon regkry.

Magteloos verby ·

Sisulu is bietjie agter die tyd – hulle het reeds n oplossing gevind vir die grondhervormingsproses – wis die boere en hul gesinne uit, dit is die enigste manier wat hulle ken. Die Staat gaan niks doen aan die moorde nie, die moorde word nie eers behoorlik ondersoek nie behalwe as jy n boer is wat uit noodweer jou gesin moes beskerm, en die moordenaars word of nooit gevind nie of kry minimale vonnisse – nes dit is met haatspraak. En as die buiteland nie gaan inspring om te help hier nie gaan n oorlog onafwendbaar wees. Wat bly oor – ek as enkel moeder maak eerder n einde aan my en my kinders se lewe voor ek moet staan en kyk hoe hulle gemartel, verkrag en geslag word. Ons is nie meer veilig nie en kan nerens heen gaan nie en het nie eers die reg om ons kinders te beskerm nie

Lana ·

Sisulu, wil net seker maak in watter sonnestelsel begeef jy jouself?!
Praat nog nie eers van aarde, kontinet en land nie!!
Jy het SO die verkeerde storie. Waar is die feite en bewyse om te staaf wat jy sê?

Phillip ·

Sisulu lieg so baie sy glo haar self . Sy maak die rigeering n klug

Sandra ·

As ons land so ‘wetsgehoorsaam’ is, hoekom is daar soveel veilighswagte nodig om al die uitgevrete parlementêre lede te beskerm? Miskien sal Sisulu ‘n voorbeeld wees en sê sy het nie wagte nodig nie, want dit is so veilig hier in Suid Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.