Australiër in Pta-hof oor bedrog

Luke Bracken (Foto: Bracken International, Facebook)

Luke Bracken (Foto: Bracken International, Facebook)

Luke David Bracken (55) van Australië het Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog.

“Bracken, die eienaar van Bracken International Mining, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering verskeie niksvermoedende sakemanne bedrieg toe hy beloof het om hulle te finansier en internasionale saketransaksies namens hulle te reël,” het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê.

Hy het in een voorval ʼn groep sakemanne beloof hy sal hulle finansier vir $250 000 waarna hy ʼn bedrieglike SWIFT-oordragbrief aan hulle gestuur het en die sakemanne vir sy vlug na Suid-Afrika en akkommodasie betaal het.

“Sy bedrog het aan die lig gekom toe hy ʼn verdere $12 000 en £20 000 wou bekom wat hy glo sou gebruik om na Brussel te vlieg sodat hy die $250 000 vir hulle kon losmaak,” het Netshiunda bygevoeg.

Bracken staan tereg op aanklag van bedrog. Sy saak is uitgestel tot 21 Julie wanneer hy formeel sal aansoek doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

Ja kom na SA …hier kan jy dien net wat jy wil …korrupsie ..verkarg …bedrieg …moor …kaan is BAIE skraal dat jy gevang gaan word …nou is jy gevang ….nie stress nie jy kan ontsnap uit aanhouding veral op die dag as jy by doe hof is …hou net jou geldtjie reg …en as jy nie kan ontsnap die dag nie …noe stress nie jy kry n ligte vonnis wat gou verby is ..intussen sal die SA belasting betaler vir jou verder laat studeer in die tronk ….so not all is lost !

Nee wat ·

Nee wat vat hom vas, geen borg, hy gaan weer mense inloop. Hoop net nie hy maak verdere deals met bewaarders……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.