Australiese toeris op Tafelberg gered

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Australiese toeris is Maandagmiddag op Tafelberg gered nadat sy geval en haar enkel beseer het.

Venessa Jafta, woordvoerder van die AMS-helikopterdiens, het gesê die vrou het alleen gaan stap en geval terwyl sy die India Venster-staproete, wat op Kampsbaai uitkyk, aangedurf het.

“Die Wes-Kaapse departement van gesondheid se nooddienste, die polisie en wildbewaarders van SANParke het op die grond na haar begin soek,” het Jafta gesê. “ʼn AMS-reddingshelikopter is laatmiddag na die omgewing ontbied.”

Sy het gesê die helikopter het die pasiënt opgespoor op ʼn dun lysie saam met ʼn man wat tot haar redding gekom het. “Die man, van die Joe Slovo-nedersetting, het ook gaan stap en die vrou se noodkrete gehoor. Hy het teen ʼn gevaarlike rotslys afgeklim om tot by haar te kom om haar by te staan. Die lysie waar albei aangetref is, was so dun dat daar slegs plek was vir een nooddienswerker.”

Die vrou en die man is na veiligheid geneem. Die vrou met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Tien uit tien vir hierdie swartman. Net ‘n bewys dat nood en redding vêr verwyder is van velkleur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.