Ayden vier eerste verjaardag tuis

Ayden van Niekerk het Maandag sy eerste verjaardag by die huis gevier. (Foto: Verskaf)

Ayden van Niekerk se ma se gebed is verhoor toe dié seuntjie sy eerste verjaardag tuis, eerder as in die hospitaal, kon vier.

Sy gesin het dié mylpaal Maandag met ʼn partytjie by sy ouerhuis in Lydenburg, Mpumalanga, gevier nadat hy ses maande in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg deurgebring het.

Hy is Woensdag 27 Oktober uit dié hospitaal ontslaan. Maroela Media het vroeër berig dat Ayden in Mei vanjaar ʼn toeval gehad het wat sy brein aangetas het.

Vir sy ma, Estelle, was dit een van haar grootste wense om haar seuntjie voor sy verjaardag weer by die huis te hê.

Ayden se gesin sal hul seuntjie nou tuis met onder meer hartmonitors, suurstof- en stoommasjiene asook ʼn spesiale bed en stoel inrig.

Van Niekerk sê Ayden sal sowat twee keer per week fisio-, spraak- en arbeidsterapie ontvang.

“Hy moet alles weer van vooraf leer en sy sintuie moet nou weer ontwikkel.

Ayden van Niekerk het Maandag sy eerste verjaardag by die huis gevier. (Foto: Verskaf)

“Ayden is in dié stadium nog baie huilerig, maar ons hoop dat dit met tyd sal verbeter. Hy raak darem elke dag meer gewoond aan sy nuwe omgewing.”

Van Niekerk sê die gesin is egter baie bly om Ayden weer tuis te hê.

In ʼn verjaardagboodskap aan Ayden op Facebook het sy hom as die “mooiste, sterkste en oulikste seuntjie” beskryf.

Ayden van Niekerk het Maandag sy eerste verjaardag by die huis gevier. (Foto: Verskaf)

“Jou Mamma is baie lief vir jou Ayden. Dit was ’n swaar paar maande, maar ook joyful om jou in my lewe te hê.

“Daar was nie net trane nie, maar baie lag en liefde. Jy het so baie mense se harte geraak en als op die jong ouderdom van een.

“Jy het mense weer saam laat glo, saam laat hoop, saam laat bid en al wens wat ek gehad het, is om jou by die huis te hê vir jou eerste verjaardag. God het ons almal se gebed verhoor en hier is jy by my, my engelmenskind.”

Ayden het oor die afgelope paar maande ook baie terugslae beleef en het ʼn groot gedeelte van sy jong lewe in die hospitaal se hoësorgeenheid deurgebring.

Mense wat geldinsamelingsinisiatiewe vir Ayden se mediese uitgawes wil ondersteun, kan die Facebook-blad Bid vir Baba Ayden besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carina

Baie geluk Ayden. Mag jou dag en jaar Baie Geseënd wees. Xx

Papsak

Baie geluk ou klein mensie mag jy net geseend wees van hier af liefde JESUS

Frank John

Sterkte en gesondheid in Jesus Naam.

SomeOne

baie sterkte ayden, ek sal nogsteeds bid dat Liewe Jesus jou gesond sal maak, ouers ek bid saam met julle vir sy genesing
ek hoop dat jy baie bederf is met jou verjaarsdag, glo dit was wondelik gewees