Baai se burgemeester kap terug na Ramaphosa

Mongameli Bobani. (Foto: NMB-metro/Twitter)

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, het Maandag teruggekap nadat pres. Cyril Ramaphosa en die Oos-Kaapse ANC verlede week gesê het dat die Nelson Mandelabaai-koalisieregering, onder Bobani se leiding, “nie werk nie”.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa was Sondag besig met ʼn verkiesingsveldtog in Port Elizabeth en het die geleentheid gebruik om ʼn striemende aanval op die munisipaliteit te loods. Hy het gesê die metro is ʼn mislukte koalisieregering. “Die munisipaliteit het veroorsaak dat die gebied baie vuil word,” het die president gesê.

“Op plaaslike regeringsvlak, veral in Nelson Mandelabaai, was daar baie probleme. Die metro het ons aandag nodig en die dienste wat vir mense bedoel is, is nie daar nie. Die regering is bedoel om die gemeenskap te dien,” het Ramaphosa gesê.

“Hierdie koalisieregering werk nie en jy weet hoekom? Omdat koalisieregerings nooit regtig goed werk nie,” het die president Sondag gesê.

Bobani het intussen op Twitter gesê die metro neem kennis van dié opmerkings. Hy het egter bygevoeg dat hy nie seker is op grond waarvan Ramaphosa dié stellings gemaak het nie aangesien die munisipaliteit nooit formele terugvoer ontvang het oor sy werksprestasie nie.

Die burgemeester het gesê hy is bereid om ʼn verslag rakende die munisipaliteit se werksprestasie beskikbaar te stel om te wys wat dié munisipaliteit in ʼn kort tydperk vermag het. “Ons het ook iets voorgestel wat nog nooit vantevore bestaan ​​het nie, ons het ʼn stad met hart geskep,” het Bobani gesê.

“Ons bied die president die geleentheid om die koalisie-regering te besoek vir ʼn deeglike ondersoek na ons prestasie en die werk wat ons gedoen het om die armstes van die armes op te hef,” het Bobani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eben P ·

Kan CR vir ons net sê in watter dorp/streek waar die anc regeer is dit skoon? Kom CR moenie muis wees wys vir ons ….. jou hele anc is een kurrupte spul.

Zenithia ·

Ramaposa really???? Kom besoek enige dorp in die ander provinsies en dan sien jy hoe regeer ANC. Vuil,potholes, lang gras en oral rubbish hope! ! Ek kan vir jou n boek skryf!!! Wat die ANC ook sal wil verb rand. …..because it is the truth!!!

Lagwekkend ·

Geagte Mnr Cyril Ramaphosa
Ek is woonagtig in Klerksdorp, Anc beheerde Minisipaleteit.
Slaggate op die N12 wat nie reggemaak word nie, dan praat ek nie eers van slaggate in woongebiede.
Mnr die President is U trots om n President te wees van n uiterste vuil en uiterste swak paaie.
Dit is nou wat U noem Dienslewering wat uiters pateties is.

Dries du Toit ·

Nou verstaan ek nie. Wie regeer dan nou daar ??? Ek weet dat die DA het regeer na die vorige verkiesing maar het as ek reg is die beheer verloor ??

Gerhardt O ·

Presies Dries. Soos ek verstaan is die koalisie UDM en ANC?!!

Genieve ·

Na die verkiesing sien niemand by jou huis nie…ja niemand nie en hulle kantore is ook nie vir jou oop nie kyk net wat gebeur.

Pat ·

Meneer die president van n vervalde SA. Kom wys my die plek in SA wat skoon is onder die anc. Kom ry in Vereeniging en as jy klaar jou oe vir die vullis toemaak het en die strate in jou limo deurgery het as hy nog heel bande het of jou kop noe draai na die uitswenkery vir die gate nie dan kom rek jy jou bek wydoop en se wat jy sien.

Hannatjie ·

Indien Cyril ‘n Munisipaliteit wil sien wat regtig nie werk nie, kan hy gerus kom kyk op Bethulie.

Neels ·

Daar is niemand so blind sooshy wat nie wil sien nie.Die pres. probeer sy bes om die muslikte staat en oarty se beul te blaas en om dit blink gepoets te kry .Beter dat hy by Transnet se hospitaal trein vir hom n stel brille gaan haal dan kan hy in helderheid die werklikheid aanskou.

JohanL ·

Geagte Meneer die President Ramaphosa, U reken die koalisie-regering in die Nelson Mandela metropool (ook beter bekend as Port Elizabeth) werk nie. Meneer die president, dink u dat die meerderheidsregering van u land (beter bekend as die ANC regering van SA) werk? As ek so moet kyk na oa die Zondo-kommissie, Gupta-Leaks, ensovoorts, dink ek nie so nie, maar ek is nuuskierig om te hoor wat u opinie is. Skynbaar is u baie goed om net fout te vind.

JohanL ·

En in dieselfde Baai is ‘n ANC verkiesingsplakkaat wat s^e: “Lets grow South Africa togher” . LOL :) Moet dit wees together of tougher? Maar die einste ANC wat nie eers ‘n korrekte verkiesingsplakkaat op ‘n paal in Baai kan opsit nie, wil die Baai regeer? Asseblief!!!

Anoniem ·

Seker ‘n ANC lid wat Engels met 30% geslaag het wat verantwoordelik was vir die verkiesingsplakkaat.

Ja swaer ·

Hooggeagte President, eenparty regering (ANC) – 25 jaar = korrupsie, betogings, geen dienslewering. Koalisies wat ANC daarop uit is im te laat misluk (bv Pta en Jhb) – 3 jaar = vaar beter as jou ANC party. Feite. Hang seker ook maar af van die inbors vd party. W Kaap = eenparty provinsiaal maar eenparty nasionaal – dus sal dit nooit heeltemal werk nie agv nasionale regering se slegte invloed op die provinsie, maar selfs provinsiaal is dit die beste provinsie in die land, ne geagte President

Cor ·

As mnr Ramaphosa munisipaliteite wil munisipaliteite sien wat nie funktioneer nie , moet hy die ACE provinsie besoek . Riool , slaggate, barspyp slote wat oop le . Eintlik weet hy dit maar soek net n stok om die koalisie meet te slaan

Jaap ·

Cyril nul,niks,geen van jou ANC werk nie.
So dalk moet jy in jou eie agtertuin speel en jou eie gereedskap in orde kry voor jy ander plekke besoek.
Julle ANC doen niks nie want julle weet nie waar om te begin nie.
As julle iets moet doen gaan julle eerste die hele ANC moet reshuffle.
Veral die 98% korrupte spul
Hele Suid Afrika in sy agterend op bestuur.
Dankie julle is TOPS

Oujongvrou ·

Ek weet nie hoekom komentaar ons hier op ons president se regering nie. Hulle lees nie afr berigte nie, want hulle is nie gepla oor wit stemme nie. Die wat die nonsens hoor sal vir hulle stem en dis meer as genoeg stemme. Voeg net Ace se rassistiese stellings by oor wittes en jyt hulle in die sakkie. Dis al die partye se geheime wapen. Se iets oor wit en apartheid en bob’s your uncle

humor ·

Die arme man, kan hy oor so min wysheid beskik dat hy nie besef dat hy ongeloofwaardig is nie. Met hierdie opsigtelike afbreek taktiek word hy geboemerang en bewerk hy meer skade aan sy eie party. Wat my eintlik vrbly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.