Baai se burgemeester verwyder

Mongameli Bobani. Foto: NMB-metro/Twitter

Mongameli Bobani is Donderdag tydens ʼn mosie van wantroue uit sy amp as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verwyder.

Bobani was die enigste om teen dié mosie te stem.

Athol Trollip, die metro se koukusvoorsitter en Bobani se voorganger, het in ʼn verklaring gesê dit kom as geen verrassing dat die meerderheid partye teen Bobani gestem het nie aangesien hy binne 15 maande die metro in die grond gedryf het.

Volgens Trollip is Bobani die burgemeester wat die metro die meeste skade nóg berokken het.

Trollip wys in ʼn verklaring daarop dat die Valke tydens Bobani se termyn twee keer op sy kantoor toegeslaan het weens verskeie ongerymdhede by die munisipaliteit.

Bobani het ook maande lank geweier om ʼn droogteverklaring te onderteken te midde van krane wat opgedroog het en damvlakke wat steeds daal.

Die stad is ook vuil en onwettige storting is ʼn groot probleem in die Baai.

“Noudat Bobani verwyder is, kan ons hopelik weer die mense van Nelson Mandelabaai se belange eerste stel,” het Trollip gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna Botha ·

Gaan daar ooit stabiliteit wees ….en eintlik begin werk doen !

JohanR ·

Hoe lank het Athol Trollip nie gese wat se ondergrondse goed hierdie ou meer besig is nie, maar die UDM het vasgekop. Hy is toe burgermeester gemaak. toe hulle Trollip uitgewerk het, en toe eers het iemand besef wat die ou meer besig is. Is ‘n politikus op die “food chain” laer as ‘n kakkerlak?

Abe ·

Dit is vir my snaaks dat al die onbevoegde hoe amptenare lief is om snaaks aan te trek!

Abe ·

Gerhard,
Ja, dorpsbestuur is seker ook nie so maklik soos dambord speel nie. Ek weet nie.

Cherokee ·

Abe asseblief. Jy probeer nie kompetisie dambord speel as jy nie kompeterend is nie.

skurweberg ·

Verstaan dit nie, logika was nog nooit iets wat jy met ‘n kwalifikasie by ‘n Universiteit kan verwerf nie.

Akademi Buktu ·

Gaan kyk gerus na die generaals van die ou Transkei wat Holomisa bevorder het net voor Mandela se oorname. Spreek mos boekdele van sy mentaliteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.