Baaise direkteure vas vir miljoene se bedrog

Michael Jacques Rathbone en Leon Lewitton (Foto: Facebook)

Twee direkteure van ’n beleggingsmaatskappy in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het Vrydag vlugtig in ’n plaaslike hof verskyn in verband met bedrog van R17 miljoen oor ʼn tydperk van drie jaar.

Michael Jacques Rathbone (31) en Leon Lewitton (29) is Donderdag in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat die twee tussen Junie 2016 en Julie 2019 glo die beleggingsmaatskappy Helping Hand Investment onwettig bedryf het.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Valke, sê Rathbone en Lewitton het na bewering beleggers van Port Elizabeth en omliggende gebiede gewerf met die belofte van ’n opbrengs van tussen 15% en 45% per jaar gedurende ’n beleggingstydperk van ses tot tien jaar.

’n Ondersoek na die sogenaamde maatskappy se belange het onthul dat die maatskappy nie ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer is nie. Daar is ook geen rekord van enige aansoekvorm van dié aard nie.

Later sou die ondersoek onthul dat beleggers altesaam R17 miljoen aan Helping Hand Investment oorbetaal het. Die beleggings is na bewering gebruik om die twee verdagtes en hul werknemers se salarisse te betaal, verduidelik Ngcakani.

Volgens Ngcakani sal Rathbone en Lewitton weer op 4 Desember in die hof verskyn vir formele borgtogaansoek. Hulle bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marie MALAN ·

Jib as jy Wil leef en jy Kan DIT NIE BEKOSTIG NIE….

Cherokee ·

Ek verstaan nie wat jy probeer sê nie Marie, maar ek stem saam.

paperdoll ·

Daar moet ook n ondersoek gedoen word by Garies Eureka eerste veiligheids dorp /AURORA . Se verhandel kamer van aandele. Daar word n aandele verhandeling skema bedryf wat 81% wins gee op elke verhandeling. Maar die aanbod oorskry by verre weg die aanvraag. So wat gebeur nou. Hulle begin elke keer n nuwe lys met name in die hoop om die vorige gelde uit te betaal. maar natuurlik val dit ook plat.Daar is miljoene ter sprake wat verlore is. Ongelukkig word mense wat hoop op n beter lewe in hierdie web vas gevang en is almal verloorders op die ou einde. MAG ALLE SCAMMERS AGTER TRALIES BELAND

Antiscam ·

Stem saam met Paperdoll. dinge van die Eureka klink vir my ook verdag. Na bewering word daar nou vrot sertifikate verkoop deur n man wat voorheen vrot melk verkoop het.

Scalla ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense vir sulke valslike rentekoerse val, geldgierig, sluit daai twee swendelaars vir ewig toe.

Susan ·

Wonder wat het van BTC Global se ondersoek geword. Hulle het mense reg oor die wêreld verneuk & daar het niks van hulle ondersoek gekom nie.
Hierdie oornag geld maak stories is bedrieglik, en buit jou net uit. Ook al ‘n lekker bloutjie geloop met die scamsters. Een keer gevang, maar nooit weer nie

TC ·

Nou wat van Johan Malherbe en sy Amatenda Skema wat oor die 200mil wat weggeraak het?
Hy nog niks oorgekom of vervolg nie en dis amper 10jaar later!

Kobus ·

Die TRAGEDIE is hierdie mense se slagoffers gaan moet betaal.

Koos Nel ·

Lekker ou ” Marietjie – Boksburg-On-Vaal” moves….daai piramide se basis raak al groter en die punt al hoër….

Lou ·

En die botha boeties van pic en sharemax leef nog steeds in weelde. So baie van hulle wat net mooi niks oorkom nie.

Feite ·

As iets (beloftes aan hoë rente terug betalings) te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik so.

Pensioenaris ·

Ja wil ook weet wat van Sharemax. Hoor ook niks van hulle nie. Kan M/M vir ons uitvind asb.

SjN ·

Pensioenaris, daai geld van jou wat jy belê het @12persent soos belowe is weg, klaar,opgebruik om skelms se hoe lewenstandaard en agente se hoe kommissie te finansier, jy kan na 20 jaar miskien n minimale bedrag ontvang. Ek glo nie jy was gedwing om die keuse te gemaak het nie.

Sam Brookes ·

If it’s too good to be true, it because it’s too good to be true. Ek wonder watter mense vir hul beloftes geval het. Geen mens wat ‘n aanduiding van belegging van geld het sou vir hul leuens geval het nie. Ek neem dus aan dat hulle ‘n spesifieke groep geteiken het. Hulle moet maar sit en sweet.

Marita Maritz ·

Ek kan nie glo mense val nog steeds vir sulke beloftes nie. Dit is feitlik daagliks nuus!
As iets te goed is om waar te wees, IS dit te goed om waar te wees.

Jan ·

Gierigheid is die doodsteek van soveel mense, enige opbrengs wat bank rente met 3% oorskry is tans haalbaar in SA ,meer as dit is dobbel met jou geld

Mariaan ·

Kyk net hoe selfvoldaan en arrogant staan die 2 mannetjies…sies man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.