Baaise ‘kaper’ ernstig beseer in botsing

Die gekaapte Polo is erg beskadig in die botsing met twee ander voertuie. Foto: Twitter

’n Vermeende kaper word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth behandel nadat hy in ʼn botsing betrokke was met ʼn motor wat hy glo kort tevore gekaap het.

Kapt. Johan Rheeder, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige verdagte was Vrydagoggend met die gekaapte motor in ʼn ongeluk met nog twee voertuie betrokke.

Volgens die polisie se inligting is ʼn rooi VW Polo omstreeks 07:00 in Parlementstraat in Port Elizabeth-Sentraal gekaap. Volgens die eienaar van die motor was vier mans by die kaping betrokke.

“Omstreeks 07:15 het die bestuurder van die gekaapte voertuig na bewering beheer daaroor verloor en in ʼn lamppaal in Targetkloof vasgery en toe in ʼn wit Nissan-voertuig,” sê Rheeder.

Die bestuurder van die Nissan was van plan om by Rivierweg in te draai toe die Polo hom regs agter tref.

Volgens die polisie het die Polo ook in ʼn vragmotor vasgery wat in die teenoorgestelde rigting op pad was.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd, maar paramedici het die drie insittendes van die Nissan op die toneel behandel. Die vermeende kaper is met ernstige beserings in ʼn hospitaal opgeneem.

Rheeder sê die polisie ondersoek ʼn saak van kaping asook roekelose bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HPV ·

Hoop in die staatshospitaal met die swakste diens denkbaar aangesien die belastingbetaler alweer moet opdok.

Irma ·

Blinde sambok. So hy’t ook ‘n beurt gekry om sy rieme styf te loop. Mooi man !!! Ek hoop die SAPD doen hul werk en trek sy maters ook vas. Tyd dat hulle ‘n les leer

GM ·

Hopelik het die ambulansbestuurder so ‘n paar verkeerde afdraaie gevat voor hulle by die hospitaal aangekom het.

Johan H. ·

In die donker dae darm nog n brokkie goeie nuus. Dankie mm ek het nou so gelag…..

Cherokee ·

Shame..siestog. Ek hoop die Polo is orraait. Ek het gehoop die berig gaan sê die Nissan en Polo is met ernstige duike na ‘n paneelklopper gehaas. En nie ‘n staats-paneelklopper nie.

KG ·

Wil ook altyd alles he, maar weet nie lekker wat om daarmee te doen as hulle dit het nie….

Maljan ·

Eil alles hê en vir niks betaal nie. Waar kom malema se rykdom vandaan?

Maljan ·

Wil alles hê en vir niks betaal nie. Waar kom malema se rykdom vandaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.