Baaise man het wel sy vrou doodgeslaan

Dene Stebuys het sy vrou met ’n klip doodgeslaan omdat hy haar van owerspel verdink het. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Maandag ʼn 42-jarige man daaraan skuldig bevind dat hy sy vrou in Junie 2016 met ʼn klip doodgeslaan het.

Regter Irma Schoeman het gesê Dene Stebuys was daarop uit om sy vrou, Marilyn, om die lewe te bring nadat sy reeds ʼn beskermingsbevel gekry het omdat sy bang was hy sou haar en hul kinders doodmaak.

Sy het die bevel in Mei 2016 gekry en is skaars ʼn maand later vermoor.

Stebuys is skuldig bevind aan die oortreding van die beskermingsbevel wat sy vrou ’n maand voor haar dood gekry het, asook aan die aanranding van Jonathan Gabani, sy vrou en hul seun, Denwin (16).

In ʼn afsonderlike voorval het Stebuys sy eie seun met ’n mes gesteek.

In ʼn afsonderlike voorval het Stebuys sy eie seun met ’n mes gesteek nadat die tiener ʼn plofbare situasie tussen sy ma en pa probeer ontlont het.

Die paartjie was 16 jaar lank getroud, maar volgens Schoeman het hul verhouding blykbaar begin verbrokkel nadat Marilyn ʼn klag van seksuele aanranding teen haar skoonpa aanhangig gemaak het. Die klag het betrekking gehad op ʼn ander familielid en Marilyn het haar man daarvan beskuldig dat hy en sy pa (haar skoonpa) kop in een mus was.

Die tragiese gebeurtenis wat tot Marilyn se dood aanleiding gegee het, het op 5 Junie 2016 afgespeel. Marilyn, wat in daardie stadium besope was, het gevra Gabani moet naby ʼn sportkompleks op Humansdorp saam met haar huis toe stap.

Toe Stebuys hulle gewaar, het hulle by mekaar ingehaak geloop. Hy het sy vrou daarvan verdink dat sy ʼn buite-egtelike verhouding met Gabani gehad het.

Die hof het Gabani se getuienis aanvaar dat Stebuys woedend was oor wat hy as sy vrou se ontrou beskou het.

Die hof het Gabani se getuienis aanvaar dat Stebuys woedend was oor wat hy as sy vrou se ontrou beskou het. Stebuys het Gabani met die plathand geslaan en daarna het die vuiste geklap.

Ná die geveg het Stebuys na sy vrou gestap en haar omhels. Gabani het toe weggeloop. Hy het getuig dit was die laaste keer dat hy Marilyn gesien het.

Marilyn se oorskot is later in bosse naby die sportkompleks gekry. Sy het frakture aan haar skedel gehad. Houe van ʼn stomp voorwerp aan haar nek en kop is as die oorsaak van haar dood vasgestel.

Schoeman het gesê Stebuys was ʼn “slegte getuie” wat homself telkens weerspreek het, asook die weergawe van getuies, onder meer dié van sy broer en pa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Begripstoets ·

Met die plathand geslaan (dus geklap)en DAARNA het die vuiste geklap.

sus ·

geskiedenis van aanranding …. ja, ‘n stukkie papier sal nie iemand keer om jou steeds leed aan te doen nie …

Geregtigheid ·

Doodstraf moet terugkom Hierdie is onuithoubaar. So n persoon kan ook nie gerehabiliteer word nie.

Abe ·

Geregtigheid,
Wat jy se is so waar: Dit impliseer dat die misdadiger nooit weer in die samelewing vrygelaat kan word nie. Onrehabiliteerbaar is die sleutelwoord

Nettie ·

Doodstraf!!! Doodstraf!!! Doodstraf!!! gil baie.

REGTIG??????? Met ‘n korrupte, beïnvloedbare, ras-bevooroordeelde regstelsel, soos ons onlangs gesien het in die gevalle van die Doodskis-2, KFC-6 en Doorewaard/ Schutte-gevalle? Waar een stel reëls vir blankes en ‘n totale ander stel reëls vir swart/bruin mense geld?

Pasop waarvoor julle wens ….. Miskien sal julle van deuntjie verander as ‘n gesins- of familielid, onder die “Capital Punishment Act”, indien dit teruggebring word – vir iets soos strafbare manslag ter dood veroordeel word, waar onbetrokke, regverdige regspleging níé plaasgevind het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.