Baaise vrou sit lank vir reusebedrog

Lindy Sharp het R4 miljoen by haar werkgewer gesteel.

ʼn Vrou van Port Elizabeth is 13 jaar effektiewe tronkstraf in die stad se handelshof opgelê vir bedrog van nagenoeg R4 miljoen.

Lindy Johanna Sharp (45) het van 2013 tot 2017 as boekhouer by ʼn Baaise elektronikamaatskappy gewerk. In dié tyd, sê kapt. Anelisa Feni, Oos-Kaapse Valke-woordvoerder, het Sharp krediteure se bankbesonderhede na haar eie verander.

“Sy het toe begin om geld uit die maatskappy se rekening na haar eie bankrekening oor te betaal,” sê Feni. “Voorts het sy haarself ʼn stewige salaris en vet bonus betaal, sonder goedkeuring van die maatskappy se direkteur.”

Eindelik het die maatskappy altesaam sowat R4 miljoen weens haar skelmstreke verloor.

Feni vertel die Valke het Sharp, wat op 5 Mei verlede jaar 45 geword het, in November 2017 in hegtenis geneem, maar die saak is eindelik eers Vrydag afgehandel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Alida ·

Hoekom dink die skelms altyd hulle gaan wegkom daarmee. Kry vir jou.

Riaan ·

Want gemeet aan die tempo waarmee politieke figure met misdaad wegkom, maak dit misdaad ‘n aanloklike opsie

Wouter ·

En so loop al die kaders nog rond wat biljoene gesteel het.

Joe Olivier ·

Dit was nou nie baie skerp van haar om dit te doen nie.

Rita ·

Ja Joe, jys skerp: sy was toe nie so “sharp” as wat sy gedink het nie!

Cherokee ·

Dit klink asof sy net sou voortgaan om te pluk sonder en kommer dat sy vasgetrap sal word. Iets skort want enige een met logiese denke sou weet dat nie net kon aanhou sonder om uitgevang te word, nie.

IK ·

Cherokee, dit gaan so met alle onwettighede, selfs sperstrepe, rooi robots, stopstrate ens. In die begin kom jy weg en raak al makker tot op ‘n dag.

Wurmpie ·

En die staats amptenare wat so baie gesteel het? Hoe lank voor hul so lank sit

Cherokee ·

Iemand hèt dit agtergekom! Dit is waaroor die berig gaan.

PaulV ·

Cherokee; ja, iemand het dit agtergekom – 4 jaar en R4 miljoen later.

Cora Simpson ·

Presies Posduif! Waar is die ouditeure. In My piep klein besigheidjie wil SARS state sien. Hoe dan nou met so n groot maatskappy. En sekerlik kan hulle nie net een persoon vir geldelike onderhandelings aanstel nie? Dit slaan my dronk

Cherokee ·

Jy’s reg Paul. My kommentaar was meer tong in die kies as wat dit voorkom.

Pieter ·

Wie nie waag nie wen nie. Gulsigheid het haar laat sink. Wigte en teenwigte moet in plek wees as jy soiets wil onderneem.

Jeremia ·

Wonder wanneer gaan die amptenare en hul aanvoerders eendag tronkstraf kry én dit boonop moet uitdien.
Seker in die jaar nul wanneer …..

Foxi ·

Ja wat……..party kom jare weg daarmee en ander nie. Sy moes n kans vat, dit is mos n beroep in SA.

Johan H. ·

So lank vir 4 mil. Dankie tog dan gaan die hele kabinet 10000 de jare sit. Pragrig man pragtig!!!arme vroutjie, hulle kan mos niks verkeerd doen nie,

Posduif ·

Cherokee, n goeie begryper het n halwe woord nodig. Ja, vier jaar later…..Dit is n R1M n jaar.

Cherokee ·

Posduif, ek wil nie altyd ‘n glimlag byvoeg. Dit raak stereotipies. Ek maak sonder uitsondering (somtyds tot my teleurstelling) dat ‘n goeie begryper slegs ‘n halwe woord nodig het.

Amber ·

Posduif, ek vra ook daai vraag. Dan’s daar iewers ‘n ‘lack in the system’. Waar’s die interne ouditeure dat hulle nie sulke goed vroegtydig kan agterkom nie.

GRIET ·

Aaaaaijajaaai…my arme mede-sussa, wát het jou besiel…dat jy nou, súlke oneindige smart oor jouself en jou geliefdes kan bring…?
MAG Sy Genade vir jou Genoeg wees, dat jy volkome sal Herstel

Sp ·

Dit wil amper voorkom of jy swaarder gestraf vir bedrog van R4miljoen as om n lewe te neem.
Ai vrou daardie geld het net smart oor jou gebring.

Philip ·

Sjoe hoe het ouditeure of krediture dit nie agtergekom nie want lyk nie nie juis na so klein onderneming nie. As krediteur sal ek gou na hoër gesag gegaan om navraag te doen as ek nie betaal word nie. Die krediteure staat sal dit gou uitwys met “age analysis” van die onderneming?

Michelle ·

Mense het jou Vertou, daar is soveel mense wat sonder werk sit at eerlik en opreg. Die 13 jaar wat jy gekry het is niks in vergelyking met die skade wat jy veroorsaak het nie. As jy getroud is met ‘n gesin en dan dink en nie eers aan jou familie nie die skande wat jy oor hul gebring het. Dit als vir geldgierigheid.

Petrus Heigers ·

Dit is vir my baie opmerklik dat Maroela net artikels publiseer waar blankes met misdaad betrokke is. Blykbaar is daar geen swarte meer wat die wet oortree nie! Word dit dalk gedoen om verder die beeld van die blanke af te kraak as kriminele!

Cherokee ·

Petrus Heigers, korrekte optrede verwag dat jy Morné antwoord. Dit is ten minste goeie maniere.

Leon ·

Ongelukkig die goed wat regtig groot bedrog pleeg kom weg daarmee.Hierdie is niks teen die skelms in bosasa en die regering waar nie een nog agter tralies sit nie en ook nie gaan nie.Wat n grap.

Jean ·

Pieter H…ek stem saam met jou…soos ook die berig met die dame en haar ma in die spoed oorskry met die bmw..toe lesers vra wat het van n sekere geval geword het..wasr n seart vrou op wit sekuriteit vloek waar sy dronk bestuur het…het maroela die berig eerdet afgehaal

Philip ·

Lees Morné se berig bo aan voordat jy saamstem met ander se opinies.

Susan ·

Laaste paragraaf is Sharp se van as Shrap gespel. Oops tik fout…

Careltjie ·

Nou wonder ek net. Graeme Minni het 280 miljoen verduister. Hy sit 15 jaar. Sy vroulief het hom gehelp. Sy het 3 of 5 jaar huisarres gekry. Dit lyk my, as mens vat, moet jy behoorlik vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.