Baanbrekershofsaak: Ongebore baba wat sterf ‘mens’, nie ‘mediese afval’

kruise-grafte-oorloggrafte

Foto: Hhach/Pixabay.com

Die hofsaak waarin die nieregeringsorganisasie Voice of the Unborn Baby die hooggeregshof vra om sekere bepalings in die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, asook bepalings wat verband hou met die bestuur van menslike oorskot, ongrondwetlik te verklaar, het Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Ingevolge huidige wetgewing word ongebore kinders wat voor 26 weke in die baarmoeder sterf, as mediese afval beskou. Gevolglik mag ouers van dié kinders nie hul ongebore babas se oorskot begrawe nie.

Die organisasie word gesteun deur Cause for Justice, wat vroeër suksesvol aansoek gedoen het om as vriend van die hof op te tree deur te help met die interpretasie en toepassing van grondwetlike regte, waardes en belange betrokke by die saak.

Sou die aansoek slaag, sal dit ouers ʼn keuse gee oor of hulle die oorskot van hul kind wil ontvang. In só ʼn geval mag hulle die “menswaardigheid van hul babas, wie se lewens voor geboorte geëindig het, erken en vereer”, het Cause for Justice gesê.

“Hulle sal mag kies of hulle die menslike oorskot van hul kinders wat voor geboorte sterf wil ontvang, ongeag op watter ouderdom hy of sy gesterf het.”

Die organisasie voer aan ʼn ongebore kind is ongetwyfeld ʼn mens en lewend van die oomblik van bevrugting. “Dit is ʼn mediese feit. Van die oomblik van bevrugting is ʼn ongebore baba ʼn lewende menslike wese.

“Hoewel sommige in die samelewing wil aanvoer dat ʼn ongebore kind nie ʼn begunstigde of ontvanger van grondwetlike regte mag wees nie – ʼn siening waarmee ons verskil – bepaal die grondwetlike waarde van menslike waardigheid nietemin dat die wet die waarde van ʼn ongebore kind as ʼn lewende mens moet erken,” het Cause for Justice vroeër in ʼn verklaring gesê.

Die ministers van onderskeidelik binnelandse sake en gesondheid staan die aansoek teen.

  • Maroela Media het vroeër ook berig oor dr. Jacques de Vos, wat deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van mediese wangedrag aangekla word, nadat hy glo ʼn swanger vrou meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is. De Vos was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens die beweerde opmerking. Hy word sedert Julie 2017 gevolglik verbied om te praktiseer. Die saak teen De Vos word op weer op 9 Desember hervat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Siener ·

Maar Aborsie is goed?
Dan word die baba nie as ‘n mens gesien nie.
Siek spul

Louise Roelofse ·

My seuntjie is op 24 weke gebore, en hy was n perfekte kleine mensie, wat net ses ure geleef het. Maar hy was defintief n volkome mensie. Iemand wat wil se dat dit menslike afval is, is siek en weet duidelik nie van beter nie of hulle het nooit deur so iets gegaan nie

hoe nou ·

hierdie twee sake is heeltemal teenstrydig met mekaar, een saak IS die kind ‘n mense, Dr de Vos se saak is die kind NIE ‘n mense nie… the joys of SA

Pop ·

Julle verstaan verkeerd. Dis die regering wat se op 24 is dit nie n mens nie. Dis ook hoekom dr. Vos geskors is. Heidense spul

Ella ·

sys as mensie gebore. 2 arms, 2 bene, hart longe oogies neusie kopie mondjie vingers tone ens ens ens… maar sy word as afval beskou…. wat n grap. ons wetgewing is so siek soos n vuil asblik man.

Frik ·

Ek bid dat die saak slaag ten gunste van die “Voice of the Unborn Baby”. Aborsie is moord. Punt. As ‘n land het ons genoeg kinders al vermoor in die naam van medisyne, “ongerief” en armoede. Elke kind is ‘n keskenk van die Here.

jessica ·

A baby is from day 8 already a life human, as the heartbeat is there from day 8.

Daan ·

Frik, ek stem 1000% saam, let wel nie 100% maar 1 000% Hoeveel uers het ek al nie gesien het wat sê die gestremde kind van my is seening van die Here

Dan ·

Ek steun ook hierdie saak, mag geregtigheid geskied, en as dit Sy Wil is.
Baie goeie gebaar, ek steun dit ten volle. Dankie tog vir sulke organisasies in ons samelewering waar alles uitmekaar geruk word vir menslike ‘opsies’ en ‘gerief’.

SPROETJIES ·

Ons het ‘n 2ling wat op 26 weke gebore is in die familie…enetjie was te sieklik en het net 4 maande geleef (in die hospitaal) maar die ander enetjie is vandag ‘n pragrtige 2 jarige blonde seuntjie… As daar ‘n hartklop is, is daar lewe, dis so maklik soos dit.

Kootjie ·

Ek stem ook vir hierdie saak! As dir hartjie klop…. is daar lewe en Jesus is saam!

SO ·

Net ‘n vraag aan medisie. Indien daar 2 lewens is 1 die ma en 2 die kind. Mediese toestand bedryg beide lewens. Watter lewe kies jy om dood te laat gaan m. a. w. aborsie of die ma se dood?

Nettie ·

@SO – baie beslis die Ma, want – synde sy reeds van “voortplantbare” ouderdom is – het sy reeds gelewe (IS sy in die lewe); daardie baba binne-in haar, NIE. Natuurlik sal MEDICI probeer om BEIDE lewens te red, indien moontlik. Baie moeders moes al die keuse maak: òf voortgaan met die swangerskap en (moontlik) sterf óf die baba/fetus se bestaan beëindig en bly leef t.w.v. jou man/pa van die baba en moontlik jou ander kind(ers).

Pampoen ·

‘n Kind wat lewend gebore is, is ‘n mens. Die een wie nie lewend gebore is nie moet verwyder word en die emosionele ‘mediese afval’ term is nie mooi nie. As ons op die pad aanhou gaan daar weer mense wees wat hulle doodgebore kind wil laat doop. Oppas om nie emosioneel weg te hardloop nie. En ja, ons weet daar gaan groot hartseer daarmee gepaard.

MSL ·

Die feit dat die staat/wetgewing in die eerste plek will besluit vir mense wat hulle in die geval mag en nie mag doen is nonsens. As ‘n ma ‘n 24 weke dooie baba will begrawe is dit haar keuse.

Frans C ·

Dit is wat gebeur wanneer jy God en sy gebod uit die skool verwyder,dan word die denke van ‘n verganklike mens se denke wet en word Jeremia 1 doodgeskreeu:
JEREMIA 1:5 NLV
“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.”

Marlene ·

Elke mense is geskape deur God en het begin by bevrugting. Ongeag wat mense die mensie noem in die verskillende stadiums van sy/haar lewe. Daar is dadelik n hartklop en asem, lewe wat beteken n mensie. Wie gee ons as mens die reg om wat God geskape het afval te noem. Ouers gaan deur baie trauma en dan moet die baba (mensie) aan die ouers besorg word om te besluit of hul die baba wil begrawe. Hoekom nog hierdie regte van n ouer wegneem.

Blommie ·

Dit sal soveel vir die ouers van daardie kindjie wat nooit die lig gesien het beteken om hulle babatjie te kan begrawe. Emosioneel is dit reeds verwoestend genoeg, dit sal al klaar help met die rouproses. Wie wil nou hoor hulle baba is mediese afval.

Nichol ·

Niks of min, verbaas of skok meer in SA!
En ons wonder waarom al die ellende! Siek ou spulletjie!! Wonder oor die baie snaakse antwoorde wat daar op die dag van oordeel gaan wees! Vinger in een neusgat sal sekee vir menigte tot redding wees!

Melanie ·

As daai klein lyfie binne my groei, het God hom/haar vir my gegee… NIE DIE STAAT NIE. As daai klein lyfie in my sterf, was dit ook nie die staat nie… Die staat het nie my kind gemaak nie, gaan ook nie vir my se wat ek met my “eie” moet doen nie…

jessica ·

If ever i was in that position of losing a baby, that is my choice, my baby no matter what no one can take that away from a mother as she is the one who carried that baby even if it’s for a day or more, it’s her choice to take the fetus or not to burry or cremate and the end of the day, not for a doctor or court to decide what to do with your baby, they should not call the shot’s here.

Kootjie ·

Ek stem ook vir hierdie saak! As dir hartjie klop…. is daar lewe en Jesus is saam!

Pieter ·

36 Weke, Sondag oggend. Mamma word wakker, alles is gepak in die kar, ons gaan hospitaal toe vir ons eersteling se geboorte.

Mamma sê iets voel nie lekker nie.

Kom by hospitaal, Geen hartklop by baba, Dobler tel niks op nie, sonar ook niks. Nood keiser word gedoen.

Ons word voor ‘n keuse gestel…. Aangesien die baba “IUD” (Intra Uterine Death) is, hoef ons haar nie as baba te erken nie, word ook so aanbeveel.

Ons het met ons harte en gewetes besluit… Sy IS ‘n mens. Klaar. Het geboorte sertifikaat uit Binnelandse Sake forseer, asook Dood sertikfikaat.

Sy is by ons, elke dag, sy sal nooit uit ons gedagtes wees nie. Sy sou hierdie jaar 17 geword het.

Sodra daardie eerste teken van swangerskap daar is, is daar lewe!!!! Finish en klaar

Ek is daardeur.... ·

Bietjie meer as 15 jaar gelede is my perfekte baba seuntjie dood gebore op 24 weke. By die hospitaal is ek ingelig dat my baba, volgens wet, nie lewensvatbaar is nie, en moet as mediese afval gebrand word. Ek moes ñ vorm teken om toestemming te gee daarvoor…. natuurlik wou ek nie. Maar is so te sê gedwing en my baba is van my weggevat. Ek kon nie eers afskeid neem nie.
Dit was ñ traumatiese geboorte en ervaring, maar die feit dat my baba gebrand is, as mediese afval behandel is, is iets wat ek na al die jare nog sukkel om te verwerk.
ñ ongebore baba IS ñ mens… en die wat anders sê is harteloos.

Jacques die Goodwoodianer ·

Pro-lewe. Pro-lewe.

Dié wat pro-keuse “verkondig” moet bietjie gaan dink oor hul ouers se besluite / gedagtes voor hul einste geboortes. Hulle kon in teorie netsowel nie daar gewees het nie.

Sonja Smith ·

Vandag gaan ons voort in die Hof met hierdie grondwetlike uitdaging. Die ouers se basiese menseregte, nl die reg tot privaatheid, gelykheid en waardigheid, asook die reg tot vryheid van geloof is ter sake. Baie dankie vir al die positiewe boodskappe van ondersteuning! Ons vra voorbidding dat geregtigheid sal seëvier. Sonja Smith nms The Voice of the Unborn Baby NPC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.