Baasbrein agter Amy-Leigh-ontvoering se familie “baie, baie kwaad” vir haar

Tharina Human vandag in die hof. (Foto: Christel Cornelissen)

Die drie beskuldigdes in die Amy-Leigh de Jager-ontvoeringsaak bly minstens nog ʼn aand agter tralies.

Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) word van die sesjarige Amy-Leigh se ontvoering voor haar skool, Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, vroeër vandeesmaand aangekla. Amy-Leigh is voor die skool gegryp en ʼn man in ʼn wit Fortuner het met haar weggejaag.

Die drie se aansoek om borgtog het Donderdag in die landdroshof in Vanderbijlpark begin. Die staat staan die aansoek teen.

Amy-Leigh se pa, Wynand, het kort ná haar ontvoering ʼn selfoonoproep gekry waarin ʼn losprys van R2 miljoen vir sy dogtertjie se vrylating geëis is.

Die ondersoekbeampte, konst. Clayton George Motlaung, het vroeër vandag getuig die selfoonrekords van die foon wat vir dié oproep gebruik is, was deurslaggewend om die polisie na die drie beskuldigdes te lei.

Motlaung het ook getuig Nel het sommer vroeg al vir Human as die baasbrein agter die ontvoering uitgewys.

Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl vandag in die beskuldigdebank. (Foto: Christel Cornelissen)

David Mey, Human se regsverteenwoordiger, het Motlaung ná ete met verskeie vrae oor sy getuienis gepeper. Hy wou onder meer by Motlaung weet of daar behoorlik na Amy-Leigh omgesien is terwyl sy nie in haar ouers se sorg was nie.

Motlaung het getuig dat Amy-Leigh aangehou is in ʼn plek “wat nie geskik is vir enige mens nie en veral nie vir ʼn kind nie”. Volgens hom is die dogtertjie in ʼn gevaarlike omgewing aangehou en is sy nie behoorlik versorg nie.

Volgens hom is Human ʼn gevaar vir kinders omdat sy die “lewe van ʼn kind wat baie naby aan haar was in gevaar gestel het”. Hy het ook gesê Human se lewe kan nie gewaarborg word as sy op borgtog vrygelaat word nie en dat haar familie “baie, baie kwaad” is oor haar [beweerde] betrokkenheid by die ontvoering.

Mey het gesê Human se broer het hom opdrag gegee om haar in die hof te verteenwoordig, en dat dít nie strook met die optrede van iemand wat baie kwaad is nie. Hy voer aan die staat kan nie enige grondige bewyse gee vir waarom Human in aanhouding moet bly nie.

Angeline en Wynand de Jager, Amy-Leigh se ouers, vandag in die hof. (Foto: Christel Cornelissen)

“Hy [Motlaung] probeer die getuienis oordryf oor hoe sleg [Human] is,” het Mey gesê.

Motlaung het voorts getuig een van die staatsgetuies is ʼn familielid van Human. Hy voer aan dit is nog een van die redes waarom borgtog nie toegestaan moet word nie.

Die saak word Vrydag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Agter die skerms ·

Nog steeds kan nie dit glo wat Tharina Human gedoen het nie – nou het sy niks – haar familie is ook kwaad vir haar. Jy het als gehad Tharina maar nou wat bly verder oor.

Pieter ·

As moordenaars borg kan kry, kan die 3 ook kry. Hulle was nie vanplan om Amy-Leigh seer te maak nie.

Bosvarkie ·

Waar ook al Human, in die toekoms gaan onderwyseres wees, Jou kind gaan nooit veiling wees nie….! Hoeveel ander “Humans” is daar nie in ons skole vandag nie….

Jessica ·

Niks bly oor sy verdien niks, niks in die lewe nie net die TRONK!!!!!!

Nadine ·

Pateties is wat ek hulle al drie noem hulle behoort hulle te skaam. Sluit hulle toe en gooi weg die sleutels.

Jessica ·

sy moet in die tronk bly dis n skande wat sy gedoen het en is n gevaar vir ander kinder’s, met haar drug probleem en dat sy met NIGERIANS te doenne is.

Jessica ·

David Mey, you a danger to our kids if you let her out, i pray on my knees to God she rot in hell, blood will be on your hands, Don’t play with the Nigerians they a huge danger and they will not sleep she owes then big bugs, or do you have this money ro go settle her grug addiction to the Nigerians the two miljoen rand, but she will go back to her habbit of drugs and kidnap another child next time to settle for her drugs. Molaung you do what you said keep her to rot in prison please, our kids will be in bog danger this woman is sick.

Martie ·

Die ergste van alles is dat sy ook ‘n mamma is met ‘n dogtertjie. Sy moet haarself afvra hoe sou sy gevoel en reageer het as die bordjies verhang was

Maritza ·

Nou gaan haar dogterjie nie voor haar groot word nie. Vernedering waardeur die kind moet gaan. Baie hartseer

vies ·

sorry as ek gevoelloos klink..daai nigerian kan ook maar die vliegtuig klim terug waar hy vandaan kom. hulle maak ons land vuil met hul dwelms. laat hy terug gaan

Gerrit ·

Nigeriërs is gewoonte misdadigers in SA. Net Cyril en sy maats dink nie so nie.

Ben ·

Mag geregtigheid hier geskiet. Simpatie vir hierdie ontvoerders het niemand nie. Hoop hulle kry wat hul verdien. Daardie kind en haar ouers het nie hierdie aanval op hul verdien nie. Dankie vir die speurder vir sy pogings om hulle borgtog teen te staan!

Jessica ·

Stem saam, maar sy skuld hulle baie, baie geld, hulle sal dit nie daar los nie, nou is haar familie se lewens in baie groot GEVAAR. Mens cross nie nigerians as jy hulle grug geld skuld nie, so sy het baie gebruik vir daai twee miljoen.

LHS ·

Finansiele druk en indien so, dwelmgebruik, is verseker n dodelike kombinasie om wanhopige dinge aan te vang buite die normale.

Mark ·

Solank as daar Thalina Humans is solank sal daar Nigirians in die land dwelms verkoop. Ek sien nie die Nigerian in die hof nie en veral wat ons weet is sy maar net gierig.

Spook op thaba ·

Ek stem. TH veiliger in die tronk as buite die tronk. Die drugdealers speel nie

Speedguard ·

Moontlik die oplossing !! “live by the sword and die by the sword “

Jessica ·

Stem saam, sy het groot moeilikheid hier, nou is haar familie in baie groot moeilkheid nie nigerians slaap nie as jy hulle geld skuld nie, hulle moet haar in die hande kry as sy uit kom. So sy beter maar die tronk sit vir life.

Swanna ·

Waar is die mans/man wat die kind ge”highjack” het. Hoekom is hulle nie ook gevang en deel van die verhoor nie. Ites is vrot en stunk.

Jaco ·

Swanna dit was die 3 plus n man wat nou pad gevat het, daar was nie 4 mans nie. Hoe dom moet jy wees om van die huis te bel met al die tegnologie in die wereld. Hulle kwalifiseer as die domste kriminele in die laaste 30 jaar.

JL ·

Die aanvanklike berigte het duidelik uitgewys dat 4 MANS die kind ontvoer het (die fisiese aksie waar Amy-Leigh gegryp is). So ek dink Swanna het geldige vraag. Die Human onderwyseres was NIE betrokke by daardie aksie nie – sy was dan by skool en het ouers ge-WhattsApp.

Daai persone sal seker nog geidentifiseer word na verdere ondersoek. Maar hulle is skynbaar nou “weg”.

Wim ·

Swanna ek dink ons almal weet die antwoord is hoekom die ander 4 of 3 wat ook al, nie verder gesoek of gearresteer sal word nie

Wielspore ·

Tharina beskik oor die talent om ander mense daarvan te oortuig om tot misdaad oor te gaan en ‘n onskuldige kind van haar beste vriendin te ontvoer en in gevaar te stel om haar slegte dwelm gewoontes en gevolglike skuld te betaal. Indien sy op parool vrygelaat sou word gaan sy net voortgaan met haar manupilasie van ander tot haar eie voordeel. Vir iemand wat uit ‘n familie kom waar daar nie tekorte was verdien sy om in die tronk te bly sodat sy berou kan kry vir haar optrede.

Agie ·

Indien jy gedreig word, pleeg jy nie misdaad nie …..
Gaan na die hof, prokureur, betroubare polisie beampte, kry iewers hulp
Een verkeerd maak nie ‘n ander verkeerd REG nie

Oom Piet ·

Almal wat vol of deeltyds by watookal skool of kinder sorgplek werk, bestuur en/of beheer (000 tot graad 12), moet minimum jaarliks, onverwags sonder vooraf kennisgewing getoets word vir drank, pille en dwelm gebruik en verspreiding, en so te vinde sumier in sentrale register van ongewenste persone opgeteken word, dan sumier verbied en uitgeskop word.

Oom Piet ·

Almal wat vol of deeltyds by watookal skool of kinder sorgplek werk, bestuur en/of beheer (000 tot graad 12), moet minimum jaarliks, onverwags sonder vooraf kennisgewing getoets word vir drank en dwelm misbruik en/of versprei, en so te vinde sumier in sentrale register van ongewenste persone opgeteken word, dan sumier verbied en uitgeskop word.

Henry ·

Waar is die 4 ontvoerders. Of is hulle al uit die tronk uit? Of gaan hulle glad nie aangekla word vir kinder ontvoering nie. Hoekom hoor of sien ons niks van hulle nie. Sal graag wil weet

Boy van die Suburbs ·

As ‘n Onderwyser/es dit NIE as ‘n eer en voorreg beskou, om met ander mense se kinders te kan werk nie, hoort hulle NIE in die klaskamer nie!! Finish & Klaar!! Tharina en haar trawante moet vir hulle kry!!!

Agtog ·

Nee wat Gerrit van ons wit volk begin ook stadig hul WARE kleure wys hoor praat van agterbaks!!

Johann ·

Ek hoop net die ondersoekbeampte, ‘n konstabel in die SAPD, is mans genoeg om die saak suksesvol deur die hof te voer. Onthou die rang van konstabel is die laagste rang in die diens, ek is regtjg bekommerd oor die saak.

Riaan ·

Dis juis hoekom die saak deurgesien gaan word. Al is dit die laagste rang is dit ook die rang wat die minste korrup is. Hy doen dit nog omdat hy glo in wat hy doen. Dit vat ‘n bitter sterk karakter om vir 20 jaar in diens te wees en nie geraak te word deur al die aanslae teen jou beginsels en waardes nie.

Jax ·

Sluit toe en gooi sleutels weg! Almal betrokke – deler is so goed soos die steler. Ek soek hulle nie in die samelewing nie. Ek sal sowaar nie een van daai drie kan verteenwoordig nie. Ek sal beslis gesorg het dat hulle nooit weer daglig sien nie. As dit my familie was, het ek hulle my rug gedraai.

Heidi ·

Stem saam Jaco, dommer as dom. Het hulle werklik gedink die plan gaan werk. Gooi hulle lewens weg, die arme families wat agter bly. Nie eers te praat van die klein slagoffertjie nie.

Fransie Rowles ·

Kwaad vir haar? As jy my kind of familie lid is of was draai ek my rug op jou. Sal jou nie eers met my honde vertrou nie. Dit is nou iemand wat ons kinders moet opvoed?

emily ·

Dis n skande, Mense vertrou die onnies en dit is die dank wat jy daarvoor kry.
Sies man, Julle is wat mens noem White Trash. Hoop julle kry Nooit ooit borg nie.

blou bul ·

aitog mense,hulle was nog nie skuldig bevind nie,julle wat in glashuise woon,gooi maar die eerste klip ne.

Maantjie ·

Hulle is nog nie skuldig BEVIND nie, maar het skuld ERKEN. Hoe is hulle nie skuldig nie?

Bid ·

Hierdie vrou was desperaat.
Ook maar net mens.
Dis tyd dat die Nigeriers met hulle dwelms die land verlaat. Almal van hulle.
Hulle is ‘n groot gevaar vir SA.
Ek hoop die vrou kry vergifnis – Glo liewe vrou dat alles weer sal regkom en dat almal wat betrokke was wat seergekry het weer genees sal word.

Lee ·

Ek stem saam met jou “Bid”. Niemand van ons is sonder foute nie. Ek praat nie goed wat hulle gedoen het nie maar ek dink sy was desperaat gewees want met drug loards speel jy nie. Moes dit dalk anders betree het en eerder met iemand gaan praat het oor geld of selfs polisie toe gegaan het dan kon hulle hom vang en terug stuur Nigeria toe. Mens bly maar mens. Ek voel jammer vir haar familie en ook haar kind….

AP ·

Verbeel ek my of sit sy met ‘n glimlaggie, lyk nie juis berouvol nie, ai so jammer so ‘n mooi mensie, wel die uiterlike.

TGG ·

Ek is geskok om te Lees dat Human eers haar eie kind wou laat ontvoer. Watse ouer is die vrou? Op dwelms en Dan hou jy skool? Nee genade tog. Ek bid dat hulle nie borgtog kry nie want mense wat eenkeer instaat was om so iets te doen kan dit weer doen en hulle al 3 is ‘n bedreiging vir ander ouers in die samelewing.

Maantjie ·

Sy wou nie haar eie kind laat ontvoer nie, sy wou haarself laat ontvoer.

jakes ·

Die hele voorval getuig van erge desperaatheid deur TH. Al wat haar n ligter vonnis kan gee is die feit dat sy n eerste oortreder is en dat die kind nie fisies beserings opgedoen het nie. Steeds staar hulle al drie n 15 jr vonnis in die gesig.

Robert ·

@ jakes: minmum 15 jaar volgens die wet. gegewe die gemors wat al die jaar teen vroue en kinders plaasgevind het kan die vonnis swaarder wees.

Veronika ·

Nee laat sy sit in die tronk, miskien voel sy dan die vrees en angs waardeur daardie arme dogterjie moes gegaan het ….. Wat het haar besiel, sy wat die beskermer van kinders veronderstel was om te wees… Nee laat sy sit, geen borgtog vir haar!!!!

Jessica ·

KEEP HER INSIDE, NIGERIANS ARE COMING FOR HER, SHE WON’T HAVE A CHANCE IN THE OUTSIDE WORLD OF SURVIVOR, AND IS AS HUGE RIKS TO OUR KIDS, SHE IS MENTALLY UNSTABLE DUE TO ALL THE DRUGS OF TWO MILJOEN RAND IN HER BODY. PLEASE KEEP HER BEHIND BARS!!!!!!!!!!!

m ·

Tharina sal vir jou bid, want uit despitaadheid het jy wertlikwaar iets stupids gedoen. Mag die Here jou krag gee vir elke dag voorentoe!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.