‘Baasbrein’ agter gru-moord weer borgtog geweier

Tshegofatso Pule (Foto: Twitter)

Die vermeende baasbrein agter die moord op Tshegofatso Pule (28) is Vrydag vir die tweede keer borgtog in die landdroshof in Roodepoort aan die Wes-Rand geweier.

Pule se kêrel, Ntuthuko Ntokozo Shoba, word daarvan beskuldig dat hy die 31-jarige Muzikayise Malephane gehuur het om sy swanger vriendin te vermoor in ʼn poging om haar swangerskap van sy vrou weg te steek.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, het bevestig dat Shoba (32) se tweede aansoek om borgtog misluk het.

Dié aansoek is oorspronklik ingedien op grond van beweerde nuwe feite nadat sy eerste aansoek om borgtog in Maart van die hand gewys is.

Shoba staan ​​tereg op aanklag van moord, sameswering tot moord en regsverydeling.

Maroela Media het vroeër berig Pule, wat agt maande swanger was, se liggaam is in Junie verlede jaar met steekwonde en opgehang aan ʼn boom in Roodepoort aangetref. Sy is twee weke vantevore die laaste keer gesien toe sy in ʼn taxi geklim het wat Shoba vir haar gereël het.

Malephane is kort daarna in hegtenis geneem in verband met die moord. Malephane het skuld beken op Pule se moord en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Hiervolgens het hy onderneem om teen Shoba, wat hy as die baasbrein agter die moord geïdentifiseer het, te getuig. Hy het saam met Shoba skoolgegaan en is glo R70 000 aangebied om Pule te vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Vir sommige mense is die pleeg van moord so natuurlik soos om ‘n bord kos te eet.

Johannes ·

Hier is ook gemoor maar jy sien niemand wat eiendom beskadig of optogte in die strate nie

Kaal Keiser ·

Hoekom breek die EFF nie ook hier die plek af nie ? Was hul teenwoordig ?

pestilensie ·

Soos ek rassisme verstaan , tree net op as daar n anderskleurige betrokke is. Hoekom die pers nie man die effies as die rassistiese EFF verwys as hulle hulle noem nie Sal ek nie weet

pestilensie ·

Hierdie pleitooreenkoms word nou met te maklik en te veel gebruik

jzjz05 ·

Die doodstraf is ongelukkig al straf wat die moordenaars sal stuut in hulle handelinge.Tronk straf is vir hulle soos n betaalde vakansie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.