Baasbrein agter perlemoenstropery gevonnis

Julian Brown in die hof. (Foto: Verskaf)

Julian Brown, die baasbrein agter ʼn perlemoenstroopsindikaat, was Vrydag in trane nadat hy 18 jaar effektiewe tronkstraf in die hooggeregshof in Port Elizabeth opgelê is.

Brown (32) het kort ná regter Mandela Makaula se uitspraak in trane uitgebars terwyl hy afskeid van sy familielede geneem het.

Brown is vroeër skuldig bevind aan rampokkery en oortreding van die Wet op Marienehulpbronne. Hy was aan die hoof van ʼn onderneming saam met Eugene “Boesman” Victor en Brandon Turner. Die onderneming het perlemoen gedroog, gesout, verpak, gevries en verwerk vir verkope buite Suid-Afrika.

Victor is 15 jaar effektiewe tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklag van swendelary, oortreding van die Wet op Marienehulpbronne, die vertoon van ʼn vals lisensie, vervalsing, bestuur sonder ʼn rybewys asook die onwettige besit van perlemoen. Turner is ook 15 jaar opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklag van swendelary en die oortreding van die Wet op Marienehulpbronne.

Makaula het bevind Brown het voordeel getrek uit die onderneming wat Renier Ellerbeck en Edgar Clulow Junior in diens gestel het. Die regter het verder gesê dat Brown geen berou tydens die verhoor getoon nie en beweer hy het net duiktoerusting gehuur en Ellerbeck en Clulow finansieel gehelp.

Brown, wat nie sy hoërskoolloopbaan voltooi het nie, het vroeër tereg gestaan op ʼn reeks aanklagte tussen Januarie 2015 en April 2016. Hy is vrygespreek op aanklagte van dwarsboming van die gereg en geldwassery wat met die aankope van ʼn luukse Ferrari verband hou.

Brown het tydens die verhoor aan die hof gesê dat hy tydens sy inhegtenisneming in Junie 2016 van verskeie voertuie gebruik gemaak het, wat ʼn Golf 7, twee Ford Rangers en ʼn motorfiets insluit. Geen van hierdie voertuie was egter in sy naam geregistreer is nie.

Hy het ook gedurende dié tyd ʼn eiendom van R12 000 per maand gehuur. Hy het vertel dat hy R500 000 per maand in omset van sy konstruksiemaatskappy J & B Construction ontvang.

Brown het ook nie belasting verklaar nie en beweer dat aangesien hy skool vroeg verlaat het, hy nie bewus was daarvan dat hy moet nie.

Makaula het in sy uitspraak gesê dat die ligte vonnisse van ander betrokkenes by onwettige visvang en die handel in perlemoen nié as afskrikmiddel gedien het nie. Hy het gesê hy kan daarom nie ʼn vonnis oplê wat nie tronkstraf behels nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

KAN DIT NIE VERSTAAN NIE!!!! ·

Ek kan dit eenvoudig nie verstaan hoe ons Regsstelsel werk nie.

Die jong man kry 18 jr tronk straf, maar die tandarts wat met kinders gelol het kry 3 jaar, kinders wat vir die res van hulle lewe die skade gaan dra.

Mense word vermoor, kinders word verkrag, ens ens ens, kry minder tronkstraf as wat mense renorsters dood maak ens.

Waarheen gaan ons Land en regstelsel. Christenskap word uitgedryf alles wat die Bybel sê ons mag nie doen nie, word gedoen in SA.

Geen Reg en Regverdigheid in SA nie, almal kom weg met moord en boosheid in SA.

ne ·

Nie sy skool opleiding voltooi nie? maar hy het geleer om sklem te wees. Die 2 klop glad nie!

humor ·

Laat hy vertel hoe het hul dit reg gekry om om oop en bloot vir lang tye langs die kus perlemoen te troop sonder dat hul deur die kuswag waargeneem was.

Genieve ·

Die tandarts kry 3jaar vir seksuele misdaad en die baasbrein kry 18jaar kan dit wees????
Waar het die regstel sy mense gefaal?????

Sanet ·

Ek stem 100% saam GENIEVE en KAN DIT NIE VERSTAAN NIE….ek ook nie!!!
Moordenaars,Verkragters,Staatskaping Stropers KOM BAIE LIGTER DAARVAN af

Sanet ·

VERSEKER…verdien Brown sy straf,omdat hy gesmokkel en drooggemaak het…!!?
maar dis eerlik WERKLIKWAAR…net verstommend dat perlemoen en renosterstropers amper soortgelyk of BAIE ERGER nog GEVONNIS word, as ali STAATSKAS, BOSSASA+ finansiële instansie stropers en protesoptog plunderaaars wat ABSOLUUT niks oorkom, nie…om nie eers te praat, vani spul plaasmoordenaars+misdadigers wat nog vrylik in AFRICAN PARADISE rondsit,nog rondloop,nog rondhang en nog rondvlieg…???
ÊRENSTE…IS IETS, NIE PLUIS…of is ék nou verkeerd ..???

Afrikaner ·

Ek glo nie dit was ‘n traan vir elke perlemoen wat hy gestroop het nie.

@Afrikaner ·

Seker krokodiltrane. Huil uit selfbejammering nie uit berou nie.

Jepetto ·

Dankie vir die mooi vonnis dit sal beslis a boodskap uit sruur ek hoop dis net die begin van die tipe uitsprake

Alida ·

Hy moes gehuil het toe hy sy streke uitgedink het. Nou te laat vir trane.

Sanet ·

Ek stem 100% saam GENIEVE en KAN DIT NIE VERSTAAN NIE….ek ook nie!!!
Moordenaars,Verkragters,Staatskaping Stropers KOM BAIE LIGTER DAARVAN af

LADY ·

18 JAAR VIR PERLEMOEN STROOP VS 20JAAR VIR MOORD? NEE REGTIG EK VERSTAAN NIE DIE REGSTELSEL NIE.

Cherokee ·

Jyself verstaan ook nie die etiket verbonde aan deelname met ‘n sosiale forum nie. So waarom ànder aanval terwyl jy ook jouself nie steur aan norme nie?

Tammy ·

Dis altyd so snaaks as misdadigers probeer simpatie soek wanneer hulle uitgevang word en terwyl hulle misdaad pleeg is hulle behoorlik uit hulle nate!! Dis n gepaste straf, hoop hy kry sy dag saam met Duda in die tronk. Ons marinelewe is gestroop deur n dom misdadiger wat nie eers kon skool voltooi nie. Al sy plannetjies spreek duidelik van n slinkse misdadiger. Hoop hy kry nooit borg nie. Maak net seker hy bedryf nie verder sy vuil besigheid uit die tronk nie, pasop daarvoor!!

Hannes ·

Julian ou seun, jy kan bly wees ek is nie wêreld diktator nie.
In daai geval sou alle stropers verpligte doodstraf gekry het.
Tesame met ‘n swetterjoel ander misdade, waarvan sommige selfs minder ernstig as stroping is.

anton ·

Sjoe maar ons mensdom kan darm klippe gooi!!!
Die strawwe wat blankes opgelê word is altyd erger as vir die ander!!!

attie pelzer ·

Wanneer die laaste perlemoen of renoster gestroop is sal ons jammer wees die stropers was nie almal gehang nie. Wie van ons het al ‘n honger renoster kalfie gesien wat langs sy dooie ma staan ? Dan eers al jy besef wat stropers aan ons land doen.

Anita ·

Ek dink die straf is toepaslik, hy het sy eie besigheid en hamer op sy skool loopbaan wat nie matriek insluit nie as rede dat hy nie wus dat belasting betaalbaar is nie…dit is nou snert.
Dat hy SA marinebronne vernietig ter wille van eie gewin is sonder respek vir die wette van die land. Hy dink net aan homself . Sy selfsug was grensloos. Dat sommige
vonnisse dikwels onverstaanbaar is moet ons mee saam leef, maar in hierdie geval was die optrede tot verbreking van alle wette arrogant! en sy trane is nie meer van toepassing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.