‘Baasbrein’ in Mooinooi-saak oorlede

Koos Strydom. Foto: Mia Spies/eNuus

Koos Strydom, die vermeende baasbrein in die moord op Joey en Anisha van Niekerk, is Vrydagmiddag om 13:20 oorlede.

Zandile Mabunda, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Die omstandighede rondom sy afsterwe word ondersoek,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Strydom is deur masjiene aan die lewe gehou en ʼn besluit moes geneem word of die masjiene afgeskakel gaan word. Daar was ook bewerings dat Strydom gif of pille ingekry het en dat hy sy eie lewe probeer neem het. Mabunda het gesê dié bewerings word deur die departement ondersoek.

Strydom (54) is Maandag na ʼn hospitaal geneem nadat hy die oggend bewusteloos in sy enkelsel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria aangetref is.

Koos Strydom en sy medebeskuldigdes se verhoor het in Augustus in die hooggeregshof in Pretoria begin. Strydom staan saam met sy vrou, Mercia (23), Alex Modau en twee broers, Aaron James (26) en Jack Chinkinya Sithole (19), tereg vir die moord op die Van Niekerk-egpaar. Die broers word ook van verkragting aangekla. Die saak gaan later vanjaar voort.

Maroela Media het vroeër berig agt mense is aanvanklik aangekla in verband met die moord op Joey en Anisha van Niekerk. Die aanklagte is egter later teen drie van die beskuldigdes teruggetrek.

Die Van Niekerk-egpaar het in Desember 2017 spoorloos uit die huis waarin hulle gewoon het op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing verdwyn. ʼn Soektog na die vroue is van stapel gestuur en ongeveer ʼn week later is die twee vroue se wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig in die Magaliesburg-omgewing gevind. Dit het later aan die lig gekom hulle is op grusame wyse verkrag en vermoor.

Die staat beweer Koos was die baasbrein agter die moord en die motief was na bewering omdat hy die twee vroue se kleinhoewe wou bekom.

Daar is in Junie vanjaar berig dat Strydom na bewering ʼn medegevangene geld aangebied het om die ondersoekbeampte in een van die moordsake teen hom te vermoor.

Strydom het ook tereg gestaan vir die moord op Mandie Jansen van Rensburg in Junie 2014. Jansen van Rensburg is op 24 Junie 2014 doodgeskiet in wat aanvanklik as ʼn “plaasaanval” bestempel is. Die staat het vroeër aan die hof gesê dat Jansen van Rensburg ʼn deel van haar kleinhoewe aan Strydom sou verkoop en die twee het lewenspolisse ter waarde van R1,8 miljoen op die ander uitgeneem as sekuriteit. Strydom het gevolglik ná Jansen van Rensburg se dood die R1,8 miljoen ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nico ·

Wolla en daar het al die ander beskuldiges ‘n swart skaap. Alles kan nou op hom gepak word en hoe hulle onder dwang opgetree het of geheel en al onskuldig is.

Vuurvreter ·

Nico, so wat van die storie met nog n moord op Mandie Jansen van Rensburg waarop die swart skaap (Strydom) tereg gestaan het. Wolla…hy is net n koelbloedige moordenaar by homself. Asook na bewering iemand geld aangebied het om ondersoekbeampte teen een van sy moordsake dood te maak. Lees tog asb die hele berig. Vir wat sal jy vir so mens verskoning of versagting soek? Of hy mastermind of die moordenaar was hy is ewe skuldig!!!

Gaitsigubib ·

Al wat Nico meen is dat die ander beskuldigdes nou n agterdeur oop het (en ek praat nie nou van n huis vir as jy dalk my skrywe ook verkeerd verstaan).

Pit ·

Na wat aan daardie twee vroue gedoen is, is dit moeilik om simpatie te he. Dit was boosaardig

Hannetjie ·

Ek voel ook so Pit.Ons mag nie oordeel nie…maar…hierdie dade …was uiters wreed…ongevoelig

Arno Scheepers ·

Dood, nie dood nie, dood!!
Wat glo ons, beslis nie wat n kader minister of hoof van die staat se vakansieplaas sê nie.

lhs ·

Arme, arme Koos, hy het regtig n tweede kans verdien…….lewenslank.

Reinette ·

Ek vra net een vraag? Maksimum gevangenisse Korrektiewe Dienste !!! Hoe het hy die whatever ingekry??? Gevangenis word baieee! deeglik ondersoek. Enige medikasie belde word weggevat omrede daar n goeie moontlikheid is vir selfhood!!!!

Linda ·

Maklik om jouself dood te maak en los te kom van alle sake.

Thelsa ·

Nou raak dit soos die WVK. Al die skuld gaan nou op arme Koos gepak word. Mooi man !

Niklaas ·

Hy het geregtigheid ontduik hier. Sal egter dit nie regkry om die Hoofregter te omseil nie. Rekenskap is naby vir hom. Geen simpatie.

gogga ·

ons bly in mooinooi en hy word met ander moorde ook verbind maar ja money talks soveel onskuldig mense dood agv koos strydom

Suez ·

Hoe op dees aarde kon hy groot hoeveelheid slaapmeds by hom gehad het of selfs gif???? Weereens swak toesig en diens

Koos de Meyer. ·

Die persoon wat sê hy verdien ‘n 2de kans, jammer hy het nie ‘n kans gegee vir die mense wat hy laat vermoor het nie. Miskien het sy gewete hom ingehaal.

JJ ·

@Koos de Meyer…Die persoon het gesê hy verdien n 2de kans…LEWENSLANK. nie bedoel soos jy verstaan nie.

Heidi ·

Good luck meesterbrein, daar is nie meer verskonings nie. Die wrede moorde op die 2 vrouens het gespook by my.

Anel ·

En wat het van die polisgeld geword? Moes dit nie teruggegee word nie? Hy het die meisie dan vermoor vir die geld? Mer hoeveel ander get hy dit nie gedoen nie? Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.