Baba agter erf gevind, polisie vra hulp

Die baba. Foto: Verskaf.

Die polisie in Stutterheim in die Oos-kaap het die hulp van die publiek gevra om die ma van ʼn pasgebore baba op te spoor.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, het gesê die babaseuntjie is Sondagmiddag omstreeks 16:50 agter ʼn huis in Vriesstraat in Stutterheim gevind.

“Die inwoners van die huis het ʼn baba hoor huil en gaan ondersoek instel. Hulle het die seuntjie langs hul erf aangetref en die polisie gebel,” het Mawisa gesê.

Die baba is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en word tans daar gehou.

ʼn Saak van kinderverwaarlosing word deur die polisie ondersoek.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die Stutterheim-polisie by 043 683 1996 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

André ·

Dit lyk my dis nou die normale ding om te doen as jy nie die baba wil hê nie of as jy nie vir hom/haar kan sorg nie. Arme babas!

Thea ·

Hoop daai baba kry n vinnig n nuwe huis met n mamma wat graag n baba wil hê!

Ai ·

Losbandigheid en die gevolg is gebreukte huwelike, siektes, aborsies en babas wat net so in die veld gelos word.

Maar ons hou aan hoor hoe die ongelowiges se hulle het nie die Bybel en God nodig om moreel te wees nie.

Dit is bewyse dat ons Hom nodig het!

Santie ·

Die ma het die kind gaan sit waar sy geweet het hy wel gevind sou word. Gelukkig is hy nie in ‘n plastiek sak gesit en op die ashoop gegooi om te verkluim nie. Ek praat hierdie optrede egter geensins goed nie, maar dit is beter vir die baba. Mens wonder waarom gebruik sulke vroue nie die pil nie? Maar my vriendin het 2 keer swanger geraak terwyl sy die pil gebruik het. Gelukkig binne die huwelik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak watter geloof jy beoefen nie: GODSDIENS BRING ORDE.

VanAfrika ·

Maak nie saak waar en hoe daardie baba gelos word nie. Jy moet onmenslik en harteloos wees om jou eie hulpelose, pasgebore baba so aan sy eie oor te laat wat homself nie kan help in so groot veemde wereld nie. Gee sekuriteit, kos of warmte nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die pollisie vra aanhoudend hulp van die publiek om hul sake op te los. Het ons nog die polisie nodig ? Gee dit oor aan die Bos-beraad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.