Baba agter op bakkie gebore

Van links is Akram Kader, Preshan Harrilal en Clive Naidoo van Netcare 911, volgende is Philani Bhengu (die pa), Nontuthzelo en baba Sibusisiwe Bhengu, ouma Bhengu en dr. Ngotho die ginekoloog. Foto: Verskaf.

ʼn Babaseun is Sondagoggend agter op ʼn bakkie gebore.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê van hul personeel by die Netcare St Augustine’s hospitaal in Durban het iemand gehoor wat om hulp roep in die parkeerterrein.

“Hulle het mev. Nontuthzelo Bhengu agter op ʼn bakkie in erge pyn aangetref. Sy was besig om geboorte te skenk,” het Herbst gesê.

ʼn Paramedikus het by haar en haar man gebly terwyl ander mediese toerusting gaan haal het.

“Ná ʼn kort tydperk is klein Sibusisiwe Nkazimulo Bhengu in die wêreld verwelkom.”

Volgens Herbst is ma en baba toe na die naaste ongevalle-eenheid vervoer en deur ʼn dokter geassesseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

nannie ·

Ek weet dit wat ek nou noem het niks met die aangeleentheid te doen nie maar wil dit net se. Jong vrou is swanger. Het hele swangerskap privaat dokter gesien maar kon nie die R25000.00 bymekaar maak vir die keisersnit, nou moet sy gaan na staatshospitaal vir die keisersnit. Weier om haar te help, sy moet n kliniek kaart het. Die dokter weier om vir haar al die nodige dokumente te gee. Let wel die dokter is elke keer die R700.00 konsultasie fooi betaal.

Lucy ·

Moet die mamma keiser kry? As sy in Bloem is en sy is hoë risiko dan kan sy by Universitas Hospitaal gaan aanklop.

Sê net ·

Ek het ook so onverwags opgedaag. My Moeder het rustig op my aankoms gewag. Op daardie stadium nog so ‘n week later. Ek het toe besluit dis nou tyd. My Pa is inderhaas met haar hospitaal toe sodat sy opgeneem kan word. By die hospitaal kom hy toe agter hy het haar opname tassie by die huis vergeet. Hy gaan haal haar tassie (2km rit) en toe hy terug kom was ek reeds gebore.
‘n Baba weet nie of hy wit of swart is nie. Hy weet ook nie of sy ouers onvoorbereid is of nie. Hy weet ook nie van “absoliet (sic) aan geen tyd verbonde” As hy wil kom, dan kom hy.

? ·

Stuur die berig aan buitenland toe, so dat daar gesien kan word in wat se powere omstandighede mense geboorte skenk in Suid-afrika?

dumisani ·

jy met jou begeerte dat die buiteland moet weet is meer dom as belaglik. dis geen hospitaal, staat, familie of self die anc se plig om die swanger vrou betyds by die hospitaal te kry nie. die onus rus op haar en net op haar as sy verstandige (of sound mind) volwassene is. pik by, klakous.

Gerda ·

Wanneer een of ander “bekende” ‘n baba kry, is julle almal opgewonde en wens die mense geluk. As of dit die enigste baba is wat nog ooit gebore is. Hierdie is nuuswaardig want die kind is agter op ‘n bakkie gebore en dis nie normaal nie. Kan ons nou nie maar net bly wees daar was paramedici om hulle te help en dat albei gesond is nie? Dis nogsteeds ‘n ma met ‘n nuwe babatjie.
My eie neef se kind is agter in hulle kar gebore. Kinders kom partykeer vinniger as wat mens verwag.

Patriot ·

Daar is niks snaaks aan dit nie. Op die platteland gebeur sulke goed gereeld. Baie babas was al in `n mielieland gebore terwyl die ma besig was met oeswerk. Eeue terug was babas in `n grot gebore.

Nettie ·

Al wat ék lees is: “Nóg een vir wie daar die volgende 18 jaar SASSA-geld betaal moet word”.

braam ·

Vir die buiteland sal hulle laat verstaan sy was agter op ‘n Boer se bakkie

hoor hoor ·

sy was nie die enigste vrou wie gister op n bakkie gekraam het nie. doen gerus navraag by die Gloryhill munisipale kliniek te Graskop Mp. die personeel het haar gou gou gehelp en ure vir n ambulans uir Sabie gewag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.