Baba Archie betower ‘Arch Tutu’

Baba Archie het “Arch Tutu” oënskynlik om sy pinkie gedraai. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Baba Archie het Woensdag ʼn seldsame openbare verskyning gemaak toe die koninklike gesin hul eerste amptelike reis as ʼn gesin in Suid-Afrika voortgesit het.

Archie was in sy ma, Meghan, die hertogin van Sussex, se arms, toe sy en prins Harry by die Nobelpryswenner emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad besoek afgelê het.

Die jongste lid van Brittanje se koningshuis is sedert sy doop in Julie vanjaar nie juis in die openbaar gesien nie. Archie, Harry en Meghan se eerste kind, is in Mei gebore. Hy is die sewende aanspraakmaker op die Britse troon.

Tutu het die baba met ʼn groot glimlag verwelkom.

“Dit laat my hart vermurwe, laat ek julle dít vertel, dit vermurwe my hart om te besef dat julle werklik mense is wat omgee,” het hy volgens ʼn verklaring van die Desmond & Leah Tutu-nalatenskapstigting aan die koninklikes gesê.

“Ons probeer almal om dinge beter te maak,” het Harry geantwoord.

Die egpaar het ʼn foto op sosiale media gedeel van die 87-jarige Tutu wat klein Archie ʼn soen op sy voorkop gee.

“Dankie aartsbiskop Tutu vir jou ongelooflike, warm gasvryheid. Archie het dit baie geniet om jou te ontmoet,” het hulle geskryf.

Geskenke aan die baba het kinderboeke, geskryf én geteken deur die aartsbiskop, ingesluit.

Tutu, wat reeds jare lank behandeling vir prostaatkanker ontvang, maak deesdae maar min openbare verskynings. Hy het die Nobelprys vir vrede in 1984 ontvang.

Tutu en sy vrou, Leah, het die ontmoeting met die jong koninklikes verlede week al ʼn “seldsame voorreg en eer” genoem.

Harry en Meghan se toer van tien dae sluit besoeke aan Botswana, Angola en Malawi vir Harry in. Hy sal in dié lande fokus op kwessies soos wildlewebeskerming, geestesgesondheid en die verwydering van landmyne, ʼn kwessie waaraan sy ma, wyle prinses Diana, ook groot prominensie verleen het. Diana het jare gelede op ʼn besoek aan Angola onder meer deur ʼn aktiewe mynveld gestap om die aandag te vestig op dié kwessie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Deborah ·

Pragtige twee mense ,Suid Arika bly maar net n goeie bestemming vir die VIP’s.

Chid ·

Dankie vir die pragtige fotos, MM. Ons kyk graag na harry se doen en late. Doe so voort.

James ·

Great positiewe publisiteit vir Suid Afrika. Laat ons die wêreld daar buite wys hoe mooi is ons land( tsv al die ‘crime & korrupsie’)

Dolf ·

Die drietjies kuier lekker. By die huis gaan dit ook maar sleg. Vier miljoen Britse kinders lewe in armoede. 300 000 kinders het nie ‘n permanente dak oor hulle koppe nie. Die kindersterftes onder die lae klasse is twee keer meer as onder die rykes. Dalk moet Harry en vroulief meer daar gaan doen.

Lizzie ·

NOOIT TLC. Onthou ” I am a woman of colour” het sy gese in n toespraak.

Michael P ·

Ek het dit gehoor maar ek dink nie dit is nodig vir haar om sulke uitlatings te doen in n tyd. waar S A nie nou gemaklik is met ras situasies nie. meeste van die burgers in S A wil net vorentoe kyk en in vrede lewe en nie ras raak sien nie. Dit val op verkeerd ore en dan maak hulle weer n groot bohaai en die volgelinge baljaar met die ras kaart.

gatiep ·

Hier is darm omtrent gesensor?
Wat maak die edeles so belangrik in SA?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.