Baba Ayden het ‘nooit gestik’, sê dokters

Die sewe maande oue Ayden van Niekerk veg al bykans twee maande om sy lewe in ’n Johannesburgse hospitaal. (Foto: Verskaf)

Dokters het onthul dat die sewe maande oue Ayden van Niekerk nooit aan ’n stukkie biltong gestik het nie, maar ’n toeval gehad het wat sy brein aangetas het.

Die toeval het ook tot hartverlamming, suurstoftekort (hipoksie) en iskemiese enkefalopatie gelei en volgens mediese skanderings het Ayden 20% van sy breinvolume verloor.

Só het Estelle van Niekerk, Ayden se ma, Dinsdagaand aan Maroela Media gesê.

Daar is vroeër berig dat Ayden, wat al bykans twee maande in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg om sy lewe veg, aan ’n stukkie biltong gestik het toe sy pa, Sarel, hom neergelê het.

Estelle het vertel dat Ayden sowat 30 minute voordat sy pa hom neergelê het aan ’n stuk biltong gekou het om die jeukerigheid wat met tande sny gepaardgaan te verlig. Hulle het vermoed dat daar ’n stukkie in sy mond agtergebly het waaraan hy later gestik het.

Ayden het vroeër die maand vir die eerste keer op sy eie asemgehaal nadat hy weke lank onder verdowing was en suurstof ontvang het. Hy het kort daarna egter ’n terugslag beleef en op Vrydag 18 Junie ’n operasie ondergaan om ’n trageotomiebuis in sy keel te sit. Ayden het ook ’n voedingsbuis in sy maag gekry.

Estelle van Niekerk hou haar seuntjie, Ayden, in die hospitaal vas. (Foto: Facebook)

“Ayden se dokters is tans besig om ondersoek na die oorsaak van die toeval in te stel en het die hulp van twee addisionele dokters ingewin. Ons het dus nie in dié stadium verdere inligting beskikbaar nie.

“Die slegte nuus is dat Ayden se brein baie gekrimp het en volgens dokters gaan hy nie ’n normale kind wees nie. Hy gaan waarskynlik sukkel en langer vat om iets aan te leer.”

Estelle sê daar is ook vloeistof op Ayden se brein wat gedreineer moet word en dat sy oë weens die besering van sy brein sukkel om te fokus.

Die gesin is egter positief dat hy moontlik met rehabilitasie kan herstel.

“Rehabilitasiepersoneel het gesê ek moet onthou dat dokters ’n mens altyd op die ergste voorberei. Hulle sê omdat Ayden nog ’n ontwikkellende brein het, kan die brein geleer word op dinge op ander maniere te doen.”

Estelle sê hulle beskou die nuus oor Ayden se toestand as ’n hindernis wat oorkom moet word.

“Daar lê ’n lang pad vir ons voor, maar ons is positief.

“Op die ou einde glo ek dat daar net een God is en dat Ayden is Sy hande is.”

Volgens Estelle het Ayden reeds baie bereik en dokters verskeie kere verkeerd bewys.

“God is altyd in beheer en ek weet Hy koester klein Ayden teen sy bors. Jesus is lief vir al die kindertjies en pas Ayden só mooi op.

“Asseblief, bid elke dag saam met ons vir die klein mannetjie en dat hy nie ophou baklei nie.”

Vriende van die gesin het intussen ’n Back-a-buddy-fonds vir Ayden begin om die familie met mediese uitgawes by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andries

Ma Estelle van Niekerk ek het pas die bloed van Jesus oor jou kind afgebid moet nie glo wat die dokters se nie glo die gensende woord van God vrede vir julle as ouers en wees nie bevrees God genees AMEN

Andries

Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. (Jeremia 29:12-13)

ES

Sjoe dis verskriklik om op so jong ouderdom te moet veg vir jou lewe – wens Ayden en familie ‘n spoedige herstel toe! Tot dusver is hy ‘n regte klein vegtertjie!

Fedup

God will heal him. Always trust in His healing hands. Nothing is impossible. Ayden will be in our prayers.

Regtigegtig

Baie sterkte vir die ouers en ek bid dat die babatjie gesond sal word. Mens se hart breek. Ek het self n 9 maande oue babatjie. Ek wil op n mooi manier vir die ouers vra om te gaan kyk of die babatjie nie siek geword het na een vd baba inenting nie want somige baba het baie slegte reaksies. Baie sterkte.