
Argieffoto
ʼn Tweeweekoue babadogtertjie is Dinsdag sonder toesig buite ʼn huis in Soweto, Johannesburg, gelos.
“ʼn Vrou wat verby die huis geloop het, het die babatjie by die hek van die huis sien lê,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die babatjie was in ʼn lap toegedraai en het steeds gelewe.”
Die vrou het by die huis aangeklop, maar niemand was tuis nie. Sy het daarna die baba na die polisiestasie geneem.
Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dis geensins vreemd. Ongewende babas word dan in putte gegooi, ashope en selfs in dreine.