Baba buite Pta-huis gelos

Die babatjie in die veilige hande van Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder. Foto: Verskaf

Die babatjie in die veilige hande van Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder. Foto: Verskaf

ʼn Babaseuntjie is Saterdagaand buite ʼn huis in Pretoria se Moot-omgewing onder ʼn boom gelos.

Kapt. Louise Reed-Steynberg, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn inwoner van Capital Park het skemer in die woonbuurt gestap toe die inwoner omstreeks 19:20 op die baba afgekom het.

“Die babatjie was in ʼn kombers toegedraai en onder ʼn boom voor ʼn huis gelos,” het Reed-Steynberg gesê. Die Wonderboompoort-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is van die voorval ingelig.

Ao. Alta Rudolph (links) oorhandig die baba aan 'n versorger by die New BeginningZ-sentrum.

Ao. Alta Rudolph (links) oorhandig die baba aan ‘n versorger by die New BeginningZ-sentrum.

Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder, was een van die mense wat dadelik tot die baba se redding gekom het.

“Stols en ander lede het die baba na die Eugene Marais-hospitaal gehaas waar die hospitaalpersoneel hom gratis behandel en waargeneem het. Daar is vasgestel dat hy gesond is en volgens die dokters wat hom ondersoek het, is die seuntjie ʼn dag of twee oud.”

Daar kon nie dadelik vir die baba ʼn plek van veiligheid gevind word nie. Stols en nog lede het beurte gemaak om na die seuntjie om te sien totdat hy Maandagoggend na ʼn plek van veiligheid geneem is. Die GPF-lede het hul harte en beursies oopgemaak en doeke en ander skenkings ingesamel om te help met die baba se versorging.

“Die seuntjie en al die skenkings wat ontvang is, is na die New BeginningZ-sentrum in Laudium geneem waar hy nou in veilige hande is.”

Die polisie het ʼn saak geopen om die ma van die baba op te spoor. Mense wie weet wie die kind se ma is word versoek om die Wonderboom-polisie te bel by 012 335 2811.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tascha ·

Ai tog Mamma hoekom het jy hom nie liefs na ‘n kerk of selfs ‘n hospitaal geneem nie? My hart is sommer baie seer vir die lieflike ou dingetjie. Ten minste is hy nou in goeie hande en hopelik sal ‘n wonderlike egpaar hom kan aanneem.

SNEL ·

At least het sy hom voor n huis gelos en toegedraai in n komberse dat hy warm is in die hoop dat die mense hom kry. Ek dink nie sy wou hê iemand moet sien wie sy is nie. Die Mamma gee darem om, en ek glo omstandighede het haar gedryf om dit te doen, sy het darem nie die kleinding vermoor of net in n bos gelos nie.

Amelia ·

Ek was Saterdag aand by die hospital toe die klein mannetjie daar aan gekom het… dit het regtig my hart gebreek…. ek verstaan nie hoe kry n mamma dit reg om so n klein mensie wat vir 9maande onder jou hart groei net so te los nie!!! wens ek kon hom vir my vat!!!

Charmaine ·

Ja en mense soos ek begeer my hele lewe ‘n kind en kan nie …. en die wie die geskenkie kry los dit net so!!!!

Hannelie ·

Hoe sal ons weet wat die ma se omstandighede is wat haar gedwing het om so ‘n besluit te neem?! Sy het waarskynlik op daardie tydstip redeneer dat dit die beste vir haar baba is! Die goeie nuus is dat hy gevind is en dat hy nou veilig is! Bid vir hierdie kind se toekoms! Mag hy, sonder om rondgeplaas te word van die een treurige situasie tot die volgende deur die lewe gaan! Mag hy, wanneer hy volwasse is, kan sê; My ma kon nie vir my sorg nie, maar ek is deur die genade ‘n geestelik en fisiese gesonde mens met geen letsels, wraak of hartseer nie! Die mensdom en die Here het goed gekyk na my!!!

Cherise ·

ek weet da is mense wat baie graag so bondeltjie liefde soek en dan weet ek hul het vrae soos hoekom di mamma ha babatjie weg gee…..nou dink ek di mamma kon dalk verkrag gewees het en kon ni vi da bondeltjie sorg ni.dalk was di dingetjie n oeps mens weet nooit maar dink net syt omgegee want syt dalk geweet sy kan ni sorg ni en het babatjie toe gedraai en teminste by n huis gelos.sy kon net sowel hom in n asblik gegooo het wa miere hom lewendig op vreet.sy wou ok dalk anoniem bly want sys dalk bang mense haal ha uit oor ha besluit en verstaan dalk ni hoekom sy so besluit geneem het ni.ek vat niemand se part ni ek dink net n saak het 2 kante.danki an almal wat di babatjie gehelp het.

CR ·

Ek stem saam jou – dalk was sy bang iemand sien haar of iets. Darm het sy nie die kind dood gemaak nie, dalk is sy self nog ‘n kind.

Desirè Engelbrecht ·

Ai ek wil so graag kinder hê, sukkel al 6jaar!!! Ekke sal hom vat!!

Peet Schabort ·

Desiré en Charmaine, ons as vreemdes BID vir julle. Die ‘weggooi’ van so ‘n kind sal mens nooit verstaan maar ook ek dink die ma is nog ‘n kind. Dit laat mens bewoë.

nig ·

MA? Ek is jammer mens kan haar nie ‘n ma noem nie – nie eers diere doen dit nie. Wat ookal haar omstandighede waarom nie liefs die baba na ‘n versorgingsoord neem en daar afgee nie, maar nee, nou word hy onder ‘n boom weggesmyt. Daar is HOPE sulke plekke. Of gaan na die welsyn/kindersorg en vra vir hulp. Maar net wegsmyt? Wat as een van hierdie siek mense hom opgetel en allerhande goed aangedoen het?

Yvonne ·

Waar kom die stelling vandaan dat diere dit nie eers doen nie? Diere doen erger goed, hulle eet sommer hulle kleintjies lewendig op! Dit wat die mamma gedoen het kan nie goedgepraat word nie. Ons ken nie haar omstandighede nie en kan net dankbaar wees dat iemand wel die baba betyds gesien en versorg het.

Sollie ·

Ag tog Yvonne, weet jy AS diere dit doen is dit omdat hulle weet hulle het nie melk en kan nie vir die kleintjie sorg nie.

Francie ·

Yvonne, om die kleintjies te verniel of dood te maak, is ook nie normale gedrag vir diere nie, jammer, ek kan gladnie met jou saamstem nie. Dis tog hartseer dat mense nie hulle eie kinders kan versorg nie, en dan na sulke uiterstes gaan.

Natasha Brittz ·

Dit is baie baie sleg. Daai klein bondeltjie vreugde het nie gevra om hier te wees nie. Dalk moes die mamma maar afgeklim het en gekyk het waar die lekker vandaan kom, dan het sy nie nou die probleem gehad nie.

Sandra ·

ek sou vreeslik graag die mamma wou help n finds stig om haar en haar kleinding te versorg. As moeder weet Ek hoe diep die liefde vir jou kind le, omstandighede het haar hier a bedryf dit kon nie n makliker beskuut hoe ook al gewees het nie. Ek bid vir haar en hoop sy is me dies versorg en het kos om te eet. As die ma hierdie lees kontak my Ek belowe om te help en nie te oordeel nie. Jesus is met jou in hierdie tyd.

Sandra ·

ek glo dat hierdie beskuut nie ligterlik geneem is nie. As self n moeder glo Ek dat niks kan jou liefde vir n kind dood maak nie.
Ek sou graag die moeder wou help kan ons nie n finds stig om haar en haar kleinding weer bymekaar bring nie.
Weet asseblief mamma dat Jesus met jou is en dat sy liefde jou hier deur sal vat.
Ek hoop van Harte dat jay medies versorg is en kos het om te eet. Ek bid dat jy nie Allen deur hierdie trams moet gaan nie. Ek vergewe jou en as jy my wil kontak kan Ek dalk help.
Bid vir haar en die kleinding.

Chantal McCarthy ·

Ai dis vreeslik. Ek en my man probeer nou al 2 jaar met IVF met geen suksess. My man het n Vasectomy gehaad so IVF is ons enigeste opsie. Ek wil graag so bonneltjie liefte he. Kan nie glo dat mammie so klein ding kan weg gooi nie. Ai miskien is sy regtig in moeilike omstandighede. As daar enige opsie is vir aanneeming asb hou my in gedagte. Asb laat weet my wat ek kan doen. My epos adress is [email protected].

Orpa ·

Gooie dag Dames en Meneere, Ek lees nou die berig so en kom by die kommetaar gedeelte uit ek lees dit en my hart trek swaar oor van die huil hoe almal omgee vir die Klein persoontjie maar Dan lees jy ook van die wat oordeel en God het gese moenie oordeel nie want jy ken nie hulle omstandighede nie mense en diere (land, see en lug) doen wat die mamma gedoen het oordeel julle ook toe Jesus se mamma hom in ‘n maaintjie gesit het en Hom in ‘n revier geplaas het sodat iemand hom Sal vind en Hom ‘n toekoms gee, ek is ‘n mamma en ‘n ouma en my hart gaan uit NA haar toe eendag Sal hy haar weer vind en hy Sal verstaan hoekom dit met hom gebeur het en hulle sal die wonderlikste verhouding ontwikkel as ouer en kind hul harte is saam gesmelt deur die liefde van God die mamma Sal van haar laat hoor want God Sal haar lei NA die bonneltjie liefde toe ek bid vir hulle twee dat hulle paaitjies by mekaar weer Sal uitkom. God is guiding with His love and protect them with his hands

Harry ·

Orpa, gaan lees asb jou Bybel weer, veral die geskiedenis van Moses en van Jesus. Wat hier gebeur het is erg. Maar alles het goed afgeloop. Dankie aan almal betrokke.

Susan ·

Ek praat nie die ma goed wat sy gedoen het is onaanvaarbaar,maar miskien het sy nie ‘n ander keuse gehad, ja sy kon hom by ‘n hospitaal of plek van veiligheid gelos het.Party keer dink ek hulle moet sulke vrouens steriliseer.Hoop die ou seuntjie sal ouers kry wat hom so baie liefde sal gee.

EMK ·

Klip-in-die-bos: Eienaardig hoe jammer almal skielik vir die ma is – is di tdalk omdat die kindjie in ‘n sekere woonbuurt gelaat is? Daar was al hoevele soortgelyke berigte in Maroela en is die ma in die verdoemenis in gewens, omdat sy moontlik (weens weggooiplek) anderskleurig is. Hoe werk jul simpatie? Gaan lees gerus soortgelyke berigte. My simpatie is met die kleinding, swart, wit, Indier of gekleurd!

Susan ·

Het iemand al gedink dat die mamma en baba dalk ontvoer kon gewees het en die ontvoerders dalk nie lus gehad het vir sukkel met die baba nie? Ek persoonlik dink dis baie hartseer en onnodig om die mamma te oordeel. Ek myself sukkel al vir 14jaar om swanger te raak en het ook al IVF en ander behandelings deur gemaak. Ek bid vir daardie mamma en baba en weet dat wat ookal die waarheid is God sal intree.

Magda ·

Ja nee my hart breek vir die ou mensie, net bly hy is nou veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.