Baba by Kaapstad-busstasie gebore

Argieffoto

Argieffoto

ʼn MyCiTi-stasiebestuurder het vandeesweek gehelp om ʼn gesonde babaseuntjie in Kaapstad in die wêreld te verwelkom.

Xolani Stofile, die bestuurder van die MyCiTi-stasie in Racecourseweg in Tafelsig, se kennis van noodhulp het hom gehelp om ʼn swanger vrou tydens die geboorte van haar baba by die Omuramba-stasie by te staan. Stofile was Maandag op roetinebesoek by dié stasie toe ʼn passasier skielik in kraam gegaan het.

“Hy was omstreeks 13:00 by die stasie toe hy opgemerk het ʼn swanger vrou wag buite die vrouebadkamer,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van die stad Kaapstad, Donderdag gesê. “Die badkamer was beset en hy kon sien dat sy in pyn was. Haar water het kort daarna gebreek.”

Xolani Stofile. Foto: Verskaf

Xolani Stofile. Foto: Verskaf

Xolani het die vrou te hulp gesnel, haar gemaklik gemaak en gehelp om die babatjie in die wêreld in te bring.

“Terwyl die vrou geboorte gegee het, het MyCiTi-personeel vinnig ʼn gedeelte van die stasie ontruim en afgesper sodat die vrou privaatheid kon hê. Gelukkig was die stasie nie baie besig nie.”

Personeel het ʼn ambulans ontbied, wat die 31-jarige ma en haar pasgebore seuntjie na die Somerset-hospitaal geneem het.

“Die pa het vanoggend vir ons gesê hy is baie dankbaar vir Xolani se optrede en almal wat sy vrou tydens die onverwagse geboorte bygestaan het. Die trotse ouers het die babatjie Gilbert Gabriel genoem.”

Gilbert en sy ma is intussen uit die hospitaal ontslaan en is terug by hul huis in Joe Slovo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vliegie ·

Ai dit is darm lekker om bietjie goeie nuus ook te lees! Goed gedoen Xolani :)

Cheryl ·

Wow dit was nou ‘n mooi stukkie om te lees.. :) Well done Xolani

Kotie ·

Xolani jy het sonder om twee keer te dink in gepring en n dame in nood gehelp. Jy is so n goeie voorbeeld vir so baie mense daar buite. Goeiewerk!!!MyCiti julle kan trots wees op so n werker. Mamma baie geluk met jou seuntjie mag hy julle die wereld se geluk bring…

Amanda Van Vuuren ·

18 Maart

Well done jongman! Die ouers het omtrent n storie om eendag vir daardie klein knaap te vertel!

charlene ·

al wat `n mens deesdae lees is moord, roof en alles wat sleg is. ñ brokkie goeie nuus is altyd welkom. Dis nou duidelik hoe mens jou mede-mens help. Xolani you can be very proud of yourself!.En wat `n mooi naam vir die baba.
Baie geluk aan die ouer paar

Hettie ·

Goeiewerk Xolani!!!! Trots op jou wat jy gedoen het! Hou so aan want jou voorbeeld is mooi!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.