Baba by ongelukstoneel gebore

Argieffoto

Argieffoto

‘n Babadogtertjie is Dinsdagaand by ‘n ongelukstoneel op die N2-suid naby die Dickenswegbrug in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gebore.

“Die bestuurder van ‘n vragmotor wat bier vervoer het, het omstreeks 20:00 beheer verloor oor die voertuig en dit het omgeslaan,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ‘n verklaring gesê. “Die pad is ure lank versper weens dié ongeluk.” Niemand is in dié ongeluk beseer nie.

Botha sê paramedici was nog op die toneel toe nog ‘n ambulans op die toneel stilgehou het. Paramedici in die ambulans het bystand benodig vir ‘n vrou wat besig was om in die ambulans te kraam. “Personeel van Netcare 911 en die provinsiale nooddienste het dadelik ingeklim om die vrou te help. ‘n Pragtige babadogtertjie is ‘n minuut later gebore,” het hy bygevoeg.

Die ma en baba is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ‘n plaaslike hospitaal geneem is vir die nodige sorg.

Die oorsaak van die vragmotorongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Hierdie is ‘n baie oulike stukkie kommentaar. Dit is so lekker om ‘n stukkie Sonskyn nuus te lees.

Dankie aan die Paramedici wat hulp verleen het. Baie geluk met die Baba dogtertjie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.