Baba by Pta-kleuterskool weens ‘natuurlike oorsaak’ dood

(Argieffoto ter illustrasie: Volodymyr Hryshchenko/Unsplash)

Die polisie in Pretoria sê geen gemene spel word vermoed nie nadat ʼn agt maande oue babaseuntjie Maandag by ʼn kleuterskool in die ooste van die stad gesterf het.

Ao. Duane Lightfoot, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, sê ʼn oppasser by die skool het omstreeks 14:00 opgemerk die kind reageer glad nie. Paramedici, die baba se ouers en die polisie is onmiddellik ontbied.

Die baba is by die skool dood verklaar, het Lightfoot gesê.

Volgens hom het die staatspatoloog in oorleg met die dokter wat die kindjie tevore behandel het, tot die gevolgtrekking gekom dat hy aan ʼn natuurlike oorsaak gesterf het.

Geen polisieondersoek word gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veronika ·

Og dis verskriklik, mens sal jouself seker vir die res van jou lewer verwyt!! Maar werk moet ons om vir ons kinders te sorg…… dis hartseer verby!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.