Baba by vreemdeling in park gelos

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing, nadat ʼn baba van twee dae oud Sondag by ʼn vreemdeling in ʼn park in Polokwane gelos is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het in die park langs die Jack Botes-saal gebeur.

“Vrou (30) het in die park vir haar vriende gewag, toe die vrou met die baba haar genader het. Die verdagte het die baba by die vrou gelos nadat sy gesê het sy gaan gou die kind se pa haal, wat daar naby in ʼn vragmotor wag, sodat hulle babakos en -klere kan gaan koop,” het Mojapelo gesê.

Die verdagte het daarna spoorloos verdwyn. Die vrou het ʼn geruime tyd met die baba in die park gewag, maar die verdagte het nooit teruggekeer nie. Die vrou het die baba uiteindelik na die polisie geneem.

Die polisie kon sedertdien nog nie verdagte vrou of die kind se ma opspoor nie. Die moontlikheid word ondersoek dat die verdagte die kind se ma is. Die baba lyk gesond en is na ʼn plek van veiligheid geneem. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GES ·

Wat se mense doen sulke dinge? Ek dink nie diere sal so iets doen nie!

Leana ·

Dis beter om die baba by mense te los as om hom/haar te vermoor.

MOEKIE ·

EK WENS EK WAS NOG JONK DAN SOU EK BABA
VIR MY GEHOU HET, ONGEAG RAS OF KLEUR
DIE ARME OU MENSIE OM SO DEUR N MA VERWERP TE WORD.

broos ·

hoe verkeerd ookal, eerder dit as iewers op ‘n ashoop of in ‘n asblik los

hannelie ·

Ja dis onmenslik om jou kind net so te los, maar te minste het sy nie die kind net iewers gelos om dood te gaan nie. Sy kan moontlik nie vir die kind sorg nie en daarom gedoen wat sy gedoen het. Hoop die klein ding vind n goeie huis vol liefde.

Lelani ·

Eerder dit as wat sy die baba of doodmaak of net iewers los in ‘n askan. Hoop iemand vat die baba wat mooi na hom/haar sal kyk

Arizona ·

Ek wens iemand wil n baba by my los en verdwyn. Ek sal hom / haar nie Polisie toe vat nie. Ek sal hom / haar hou en groot maak as my eie. Ek en my man het soveel liefde om te gee maar weens mediese redes kan ek nie weer swanger raak nie.

Tanya ·

Gelukkig het sy die kind nie agtergelaat vir die dood nie. Dit is onmenslik om jou kind net so te los maar hoe sal ons nie weet dat die ouers dalk iets oorgekom het nie. Of die ma het dalk nie by die pa uitgekom nie? Dit is regtig nie menslik om jou kind so te verwaarloos nie maar ek is dankbaar die kind leef en is veilig. Daar word so baie babatjies vir die dood agtergelaat in parke en velde.

Theresa ·

Parke is oral onveilig. Dalk het die vrou die baba vir iemand gegee wat gelyk het asof sy die verantwoordelikheid sou kon dra. Dalk het sy regtig iemand gaan roep (hoogs onwaarskynlik) en was voorgelê – dit gebeur heeldag, elke dag in parke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.