Baba Daniel: Ma, kêrel gevonnis

Die twee beskuldigdes tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Mia Spies/eNuus

Die 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel wat skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met die dood van die driejarige baba Daniel van Johannesburg is Woensdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof gevonnis.

eNuus berig baba Daniel se ma is tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis weens kinderverwaarlosing. Die vrou se voormalige kêrel is lewenslange tronkstraf opgelê op aanklagte van moord en kindermishandeling.

Volgens eNuus het die staat vandag in die hof aangevoer Daniel het ʼn verskriklike dood gesterf.

Maroela Media het vroeër berig die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van haar ander drie kinders te beskerm, is in Desember skuldig bevind op twee aanklagte van kinderverwaarlosing. Haar eks (36) is skuldig bevind aan kindermishandeling en die moord op Daniel in Junie 2016.

Die man het vroeër gesê Daniel het in ʼn bad warm water geval en “hoewel dit aanvanklik gelyk het asof hy oukei was”, het hy die volgende dag gesterf. Daniel is nooit hospitaal toe geneem om vir die brandwonde behandel te word nie, maar is verskeie kere vantevore in die hospitaal opgeneem.

Daniel is dood by sy huis aangetref nadat hy erg aangerand en met kookwater gebrand is. Hy het gebreekte bene, erge kneusplekke aan sy arms en gesig, kopbeserings en 60% brandwonde oor sy liggaam gehad. ʼn Forensiese patoloog het tydens die verhoor getuig die seuntjie het dié beserings opgedoen terwyl hy geleef het.

Regter Collin Matshitse het vroeër vandeesweek die weergawe verwerp dat Daniel dood is nadat hy in ʼn bad geval en sy kop gestamp het, het eNuus berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Jean ·

Rus in vrede klein seuntjie,vandag het geregtigheid geskied vir jou.

Petro ·

Amper ja.. Sy moes ook lewenslank gesit het. RIV klein engel. So jammer dat jy so moes ly ?

Wat nou? ·

Hoekom mag ons nie sien hoe lyk hulle nie? Die kind is oorlede en hulle is skuldig. Hoekom word hulle identiteit beskerm? Ek is 40 en kinderloos en daar is mense wat sulke goed doen?

Nicks ·

Omrede die vrou 3 ander kinders het……. Hulle identiteite moet beskerm word.

Karl ·

@Wat Nou, want sy het 3 ander kinders ook, dis om hul identiteit te beskerm.

Sonskyn ·

My hart is stukkend vir die arme seuntjie (naamgenoot met my eie seuntjie)… die hel waardeur die klein lyfie is voor sy dood en dit deur die hande van die mense wat hom moes koester en beskerm het. Ek is net bly geregtigheid het geskied, al bring dit nie die engel kindjie terug nie.

deirdrezeelie ·

nooit gedink ek sal my verlustig in n ander se leed nie, maar yippeeee

Vryhand ·

En daar sit julle..n onskuldige pragtige sentjie wat deir geloop het by hulle..ek wens ek was dirtronk bewaarder by julle 2 gevoelose bose

Vraagteken ·

Toemaar Vryhand, sulke mense kry gewoontlik swaar in die tront. Medegevangenis hou nie van kindermishandelaars nie.

ekke ·

Hoe kan n mens so iets aan n onskuldige babatjie doen. Die lewe is so onregverdig, my kind sukkel vreeslik om swanger te raak, as jy nie die kindjie wil he nie gee hom vir iemand wat lief sal wees vir hom en hom beskerm.

Joey ·

@vraagteken, werk beslis nié so in SA se tronke nie, meer op flieks. SA se tronke is vol verkragters en kindermishandelaars, hier in die States word meerderheid van hul geskei van die general population.

LD ·

Die arme kleine kindjie! Dit moes vir hom vreeslik gewees het? hoe kan ñ ma so iets doen en toelaat…… Ag mense ek wens ek kon daai kleine lyfie vashou en beskerm teen die seer en net die liefde gee wat hy verdien het!?

Foxi ·

As ek dink aan hoe daardie ou klein lyfie wat gemartel is, voel ek absoluut niks vir die ma of haar kêrel nie. 20 jaar is te min vir die ma……as jy toekyk hoe jou kind gemartel word, is jy net so hoogs skuldig soos die moordenaar. Finish en klaar.

Ena ·

Die bybel se…
Die dag as jy sterf…sal daardie kind soos n 70 jarige langs jou staan en vra….”hoekom”
Sjoe…dis wreed…maar het familie en vriende…selfs bure niks opgetel om die kindjie van sy hel te verlos nie.

Andrea ·

Ek hoop die ander drie kinders word permanent weggevat dat sy nooit weer naby hul kan kom nie. En daai kêrel gaan buig in die tronk. Hoop as hy pyn ervaar dink hy aam daardie weerlose ou kindjie wat soveel marteling moes verduur.

Anita ·

Ek hoop hy word gekasty in die tronk, hy moet nie sy oe toe maak nie,mag hy help he daar, en vir sy ma jou ongeletterde ding jy het dit toegelaat, maak jou oe toe en sien jou seuntjie se vrees, sy skreeu vir hulp van sy mamma wat daar staan en niks doen, ek hoop jy raak bang, want glo my jy gaan daai gesigie vir ewig voor jou he, jy Verdien die doodstraf en daai aanhangsel van jou

Osie ·

Seker nie goed om iemand so iets toetewens nie maar ek hoop die volgende jaar is HEL vir die twee; 24/7. RIP Daniel

Mariana ·

Daai arme arme kind !!! In my oë het geregtigheid nog nie geskied nie-dit KOM nog … en die tronk gaan soos n kinderpartytjie lyk teenoor dit wat op hulle wag. Net jammer die belastingbetaler sorg nou vir die 2 sotte(en miljoene ander) Ek sou hul graag in n hok wou gooi met honger rotte….. Vader weet, daai kind het hel deurgemaak

TLC ·

Dit is die beste nuus ooit
Meer as wat ek verwag het
Net so erg soos ins Poppie geval
Mag net die beste van die slegste vir julle 2 in die tronk wag
Monsters

Helena. ·

Die ma is net so skuldig en sy kry maar net 20jaar. Waar is die kindjie se biologiese pa. Dis darem so nagmerrie wreed. Ek hoop hul lewe in die tronk is n daaglikse lewende HEL.

Hennie Theart ·

Verkeerd!!
Dit is hoekom Suid Afrika is soos wat hy is – ons verontagsaam God se instruksies.
Genesis 9:6 If anyone takes a human life, that person’s life will also be taken by human hands. For God made human beings in his own image.
Hoe gouer ons terug draai na God se woord en dit lewe sal ons omstandighede verbeter.

Sê net ·

…en dis hoekom Jesus gekom het om te sterf vir ons sondes. Jy moet die wat teen jou oortree sewe maal sewentig keer vergewe sodat jy vergewe kan word. Mat 18:22. Sluit hulle toe sodat hulle nie weer hulle sondes kan herhaal nie. Wie weet, dalk word hulle nog groot Christenstryders en draai hulself en ander na die Here. Het al gebeur, kan weer.

Hansie Slim ·

Voel vir my die vonnise is te kort. Is ‘n renosters meer werd. Sal hou van 500 jaar of so.geniet u verblyf terwyl ons betaal.

Alida ·

Hoop hulle kry in die tronk wat hulle verdien. Die ander gevangnis het ook kinders. Kry vir julle.

Lizelda ·

Baie dankie aan elkeen wat so hard gewerk het om hierdie 2 v laaaank weg te sit. Hoe slaap n ouer wat so iets aan haar kind doen/toelaat om gedoen te word snags? Wezet Botes d maatskaplike werk ster is n fantastiese mens wat baie omgee vd belang v kinders.

George ·

Hoop net die woord “parool “, sal NOOIT maar nooit opgehaal word nie!!!

Anni ·

Ek brand met warm water vanaand, en snaaks onmiddelik dink ek aan Klein Daniel, hoe verskriklik moes dit ni vir Hom gevoel het ni. En daar Kry di 2 gewetenlose uitvaagsels n ou tronkstraffie, hoe gemaklik is dit nie. Ek is sooooooooooo woedend kwaad, ek voel daai 2 moes deur dieselfde hel gaan waardeer Daniel gegaan het. Ek kan kinder en diere mishandling nie hanteer ni. En daai 2 kan so Bly wees ek bly ni in dieselfde dorp ni, hul sou Selfde medisyne gekry het. So voel ek!!!!!!!!!! Ai Daniel daar waar Jy nou is gaan dit heerlik pynloos, sorgloos en vreedsaam wees. RIV SEUNTJIE.

Nettie ·

@Anni – ek voel dieselfde.

Tronkstraf is té maklik en dikwels té min. Nou gaan “sit” hulle – vir ‘n paar jaar in ‘n tronk waar hulle daagliks hul 2 maaltye kry, klere, mediese sorg, slaapplek e.d.m. kry; dit terwyl hulle ‘n onskuldige ou kindjie se dood veroorsaak het.

Ek meen ‘n beter straf sou gewees het om dieselfde aan hulle te doen – gooi kokende water oor 60% van hul liggame uit en laat hulle voel hoe dít voel . Breek ‘n arm of ‘n been en laat hulle voel hoe dit voel. Deel ‘n paar vet houe uit en laat kneusplekke en laat hulle voel hoe dit voel. En doen dit alles elke drie dae met hulle, sodat hulle kan voel hoe daardie klein ou seuntjie se lyfie gevoel het. En moenie pleisters plak, dokter toe vat of salfies smeer nie – los hulle net so …. want dis wat hulle met daai kindjies gedoen het.

En dan sit jy hulle in ‘n oop gevangeniskamp, ketting hulle vas aan ‘n paal, in die hitte of koue en dwing hulle om so – geketting – vir hul kos, klere en alles wat hulle verder kry, te WERK. Daai is nou ‘n behoorlike straf.

Lina Smit ·

Aan die klein seuntjie, ek is jammer dat dit jou lot moes wees.

Anni ·

HET JULLE GESIEN HOE HET DIE MOORDENAAR GERAGEER OP SY VONNIS!!!!!
Ek kan dit ni hanteer dat di seuntjie so moes sterf en hy storm net Trappe af. Geen vorm van skuldig voel ni. Maar n hond kry Sy dag en n brak n naweek.

Sjef ·

Maar ons lewe ook in die tyd van borgtog, foutiewe vonnisoplegging a.g.v vormfoute of gebrek aan bewys en vervroegde vrylating, en as die twee moordenaars die helfte van hul straf uitsit dan word hulle miskien op vrye voete gestel vanwee goed gedrag in die tronk, word gelowig en kry spyt m.a.w vervroegde vrylating.
Ek hoop nie dat dit so sal verloop nie maar daar is baie dinge verkeerd en onregverdig in ons regstelsel.

Rika ·

Net 20 jaar! Wat n skande! 1000 jaar sal te min wees. Hoop sy ervaar wat kleine Daniel deurgemaak het. En vir die meneer is lewenslank ook net te kort! Mag die rotte hom stukkie vir stukkie opvreet. RIV kleine Daniel jy is nou veilig by Sy voete.

Moppie ·

Ek stem presies saam met Anni om te brand is baie erg en hoe doen mens dit waarom het hul kinders as hul sulke dinge doen daars sobaie wat kindertjies begeer, ek het nou mense wat ni kon kinders he ni en hul kry swaar, selfs my boet Pieter en hul het 2 dogtertjies aangeneem en dis soos hul eie kinders en hul is noual ouma en oupa ook ek het hul gese doen dit, ek self kon darem een seun he en hy het n pragtige vrou en 4 mensies, asook di ouste 2 is n tweeling hul is my klomp Beertjies wat jy net wil drukkies en soentjies gee

Dina ·

Geen vonnis is erg genoeg vir sulke wreedaards nie, maar die oordeel kom ons nie toe nie. Straf sal hulle gestraf word.

lanie ·

Waar was hulle vriende / familie? Kon niemand iets agterkom voor die tragedie nie? Ek vra groot asseblief moet nie die kinders by mense plaas wat nie al drie kan vat nie. Dis reeds traumaties dat die sogenaamde ma nie meer daar is nie.

Liamari ·

Die ma moes lewenslank gekry het. Ek het geen gevoel vir ‘n vrou wat mans bo hulle kinders verkies nie.

Lizelda ·

@Liamari ek stem 100% saam. Te veel kinders word so erg aangerand en mishandel tot hulle sterf ten aanskoue vd ma EN DAN beweer hulle, hulle kon niks doen nie want hulle was bang of hulle was self n slagoffer?? Bog!! Sy KON dit keer, vlug as sy moes. Net soos die Poppie sage. As jy kyk hoe diere hulle kleintjies teen gevaar beskerm kry ek skaam om te sien hoe die mensdom nie dieselfde kan doen nie. Vrouens moet ophou om so afhanklik te raak aan n man (die slegtes nou) en toesien dat vrouens onafhanklik is. Want in menige kere werk die vrou nie en dink sy sy moet maar bly ten koste van haarself en haar kinders.

VanAfrika ·

Klein Danieltjie, my hart breek vanoggend vir jou. Liewe Jesus se teer hande sal al die eina wegvat en jou kinderhartjie weer bly maak en n glimlag op jou gesiggie sit. Ek weet jy en my seuntjie sal baie goeie maatjies word daar bo. Nou kan jy speel soos nog nooit tevore nie.

Lizelda ·

@Liamari ek stem 100% saam. Te veel kinders word so erg aangerand en mishandel tot hulle sterf ten aanskoue vd ma EN DAN beweer hulle, hulle kon niks doen nie want hulle was bang of hulle was self n slagoffer?? Bog!! Sy KON dit keer, vlug as sy moes. Net soos die Poppie sage. As jy kyk hoe diere hulle kleintjies teen gevaar beskerm kry ek skaam om te sien hoe die mensdom nie dieselfde kan doen nie. Vrouens moet ophou om so afhanklik te raak aan n man (die slegtes nou) en toesien dat vrouens onafhanklik is. Want in menige kere werk die vrou nie en dink sy sy moet maar bly ten koste van haarself en haar kinders.

Tanya ·

Wat se soort ma is jy wat toe kyk hoe n monster van n man wat nie die baba se bloed pa is nie seer maak beand met water en die been breek jy is teef van n ma en jy wat voor gee as n man ek sal jou ook brand elke dag met water

Trane vir Daniel ·

Hierdie tipe berigte breek my hart. Ek kyk my dogtertjie (4jr) en al wat ek wil doen is haar beskerm, ek verstaan nie hoe mense na ‘n kind kan kyk en dink “al wat ek wil doen is jou slaan/verkrag/mishandel” nie. dis nie mense nie. dis monsters. RIP kleine Daniel. Ten minste is al jou seer nou weg en dans jy in die Hemel xx

sv ·

gooi hom in n vrouetronk en se vir hul wat hy gedoen het , en gooi haar in n mans tronk

LD ·

@sv – ek stem! Die vroue daar sal geen genade hê met hom nie! En nog minder sal die mans in die tronk genade hê vir die vrou nie! Hulle altwee moet elke dag voel wat daai arme kindjie gevoel het!!

charmaine ·

Ag geluk met julle vonnis hoop julle gaan baie gelukkig wees in die tronk, julle sal elke dag boet vir wat julle aan n onskuldige baba gedoen het, julle gaan lekker “bederf” word!

Sandra ·

Ai boeta, ek kan net dink hoe verskriklik bang jy moes wees en dan die ondraaglike pyn binne jou klein lyfie. Hoe word n (mens) so verskriklik wreed teenoor n kind?.

Se maar net ·

Nee ky 20 jaar vir haar is nie genoeg nie. Dit beteken sy sal 56 wees as sy uitkom, indien nie vroeer nie. Lewenslank sou beslis meer gepas gewees het.

Cathy ·

Jis kyk ek sou daai man aangerand het die oomblik toe hy net begin DINK raak het aan my kind. Dis wat ‘n ma moet doen. Soos ‘n leeuwyfie vir haar welpies veg. Jou kind het so seergekry mevroutjie en jy doen niks? My hart breek vir daardie kind en die twee oorblywendes. Een goeie ding, nooit weer sal die ma en stiefpa die ander twee kan seermaka nie. RIP Kleine Daniel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.