Baba Daniel: Ma, kêrel hoor moontlik eers later hul lot

Die 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel Maandag in die hof. (Foto: Mia Spies/Twitter)

Die 29-jarige vrou en haar voormalige kêrel wat skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met die dood van die driejarige Daniel van Johannesburg, sal moontlik nié vandeesweek gevonnis word soos aanvanklik verwag is nie.

Die twee het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg verskyn waar die vonnisoplegging in die sogenaamde “Baba Daniel-moordsaak” na verwagting sou begin.

Volgens eNuus is die vonnisoplegging egter deur die loop van die oggend uitgestel aangesien die kêrel se regsverteenwoordiger siek is. Die vonnisverrigtinge sal Dinsdag weer hervat word.

“Dit beteken dat hulle moontlik eers volgende week hul lot sal hoor,” het eNuus verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van haar ander drie kinders te beskerm, is in Desember skuldig bevind op twee aanklagte van kinderverwaarlosing. Haar eks (36) is skuldig bevind aan die moord op Daniel in Junie 2016 en kindermishandeling.

Die man, wat nie Daniel se biologiese pa is nie, het vroeër aangevoer Daniel het in ʼn bad warm water geval en hoewel dit aanvanklik gelyk het asof hy “oukei” was, het hy die volgende dag gesterf.

Daniel is nooit hospitaal toe geneem om vir die brandwonde behandel te word nie, maar is verskeie kere vantevore in die hospitaal opgeneem.

Daniel is dood by sy huis aangetref nadat hy erg aangerand en met kookwater gebrand is. Hy het gebreekte bene, erge kneusplekke aan sy arms en gesig, kopbeserings en 60% brandwonde oor sy liggaam gehad. ʼn Forensiese patoloog het tydens die verhoor getuig die seuntjie het dié beserings opgedoen terwyl hy geleef het.

Regter Collin Matshitse het Maandag dié weergawe verwerp dat Daniel dood is nadat hy in ʼn bad geval en sy kop gestamp het, het eNuus berig.

Albei bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SêNet ·

Hoe kan ouers so wreed teenoor hulle weerlose kinders wees. Mens kan hulle ook nie ouers noem nie. In my oë verdien hulle die doodstraf!

Lana ·

Hierdie mense moet uit samelewing verwyder word. SLEG verby!!

DS ·

Gooi daai sleutels van die selle van die gevoellose gewetenlose “goed” (jy kan nie iemand wat so iets aan ‘n onskuldige kind doen ‘ n mens noem nie) weg….

Pop ·

Vanmore kyk ek n video van n muis wat n 2 meter lange slang aanvat omdat die slang sy baba het. Hyt al agter hom aangehardloop en die slang se stert en lyf gebyt, en toe laat los hy die baba. Moral of the story. Die muis is n beter ma as die opdrifsels wat hulself ouers noem.

Elsabie ·

Ek het nie woorde nie. Ek wil nie eens dink hoe daardie arme klein lyfie gevoel het nie, hoe bang moes hy nie vir die mense gewees het wat veronderstel was om hom lief te hê, en te beskerm nie. Dis verskriklik!!! Darm is die dingetjie nou sonder pyn en kry baie liefde en aandag by Jesus. Rus sag ou mensie.

Jean ·

Mag hulle verewig weggesluit word.
Kan my nie indink hoe swaar daai ou seuntjie gehad het in sy kort lewetjie nie..iets vreesliks moet verkeerd wees met daai mense…dan is hulle altyd geseen met n kroos kleintjies,wat so swaar deur die lewe moet gaan as hulle gelukkig is om anderkant uittekom! WREED

Gert ·

Stem saam met jou ek sal dit nie eers dink om dit aan n dier te doen wat nog van n kind , selfde al gese ek en my vrou is kinderloos liewe vader het n rede maar baie al gese ons kan goed vir n kind sorg maar sulke drek wat geseend is met kinders , vereneweer en moor hulle wonder soms hoekom is dit so.

Peta ·

Dis nou al amper 3jaar wat verby is na die moord van arme klein Daniel,mens sou dink dis sleg vir hulle dat die saak so lank vat.Is daar dan geen menslikheid of gewete oor wat hulle gedoen het nie?Ek hoop hulle kry die swaarste straf moontlik met ons patetiese regstelsel.

Alida ·

Die regter sal hopenlik weet wat om te doen. Hy/Sy het sekerlik ook kinders of kleinkinders. Die regters het ook gevoelens al lyk dit nie soms so nie. Dit kan nie geduld word dat sulke wrede mense vrygelaat word nie.

Anoniem ·

Dis siek man hoe kan jy dit enigsins aan so n kleintjie doen .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.