Baba deur aanvaller gesteel

Baba Kutlwano Maloitsane. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir ʼn nege maande oue babadogtertjie wat deur ʼn aanvaller van haar doofstom ma gesteel is.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 23:15 in die Tokoloho-gedeelte van die Tumahole-nedersetting naby Parys plaasgevind.

Baba Kutlwano Maloitsane se ma het met Kutlwano op haar rug na haar ouers se huis gestap toe sy deur ʼn onbekende man genader is. “Die man het haar gewelddadig gegryp en probeer om haar te verkrag. Sy kon daarin slaag om weg te ruk, maar die baba het geval en die man het die kind opgetel en weggehardloop,” het Rani gesê.

“Die ma is doofstom en kon nie om hulp roep nie.”

Rani het gesê Kutlwano is lig van gelaat en het ʼn swart sweetpakbroekie, blou t-hemp en grys babaskoene aangehad. Enigiemand wat weet waar baba Kutlwano is, word versoek om kapt. Lois Ferreira op 083 419 7361 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ella ·

Die arme ma en die vieslike vent het geweet sy kan niks doen toe hy haar aangeval het. Mag hulle tog die kind ongeskonde terug kry.

Ria ·

Wat ‘n veragtelike daad. Ek bid dat die ma haar dogtertjie ongeskonde terugkry.

Carlien ·

Dit is verskriklik, ek glo en bid dat daai mamma haar dogtertjie sal terug kry en dat die gemeenskap die vent ‘n les sal leer. Want om op die gereg staat te maak help nie meer nie. Ek ken nou glad nie daai mamma se omstandighede nie, ek wonder net wat daai mamma daardie tyd van die aand op straat gesoek het met haar babatjie.

Vettie ·

Waarom so laat in die aand stap met ‘n baba op jou rug as almal weet watter gevare daar buite skuil! Hoop die baba word veilig gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.