Baba deur gesinshond doodgebyt

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Ses maande oue babaseuntjie is Woensdagoggend ten aanskoue van sy ouma deur die gesin se hond verskeur.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Primrose in Johannesburg gebeur. Volgens Meiring het paramedici omstreeks 08:15 by die toneel opgedaag.

“Paramedici is na die sitkamer van die huis gelei waar hulle die liggaam van die kind aangetref het. Paramedici het hom ondersoek en gevind hy het talle ernstige bytwonde opgedoen. Hy het geen teken van lewe getoon nie,” het Meiring gesê.

Die baba is op die toneel dood verklaar.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die kind is deur die gesin se hond aangeval.

“Hy en sy ouma was alleen ten tyde van die aanval. Die ouma is na ʼn hospitaal geneem – sy is erg getraumatiseer,” het hy gesê.

Dlamini het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lee ·

SJOE – maar dis erg !
Wonder watter rassoort was die hond en wat sou gelei het tot die voorval ?
My innige simpatie met die familie van die ou babatjie.
xx

Gerrelz ·

Netwerk24 het berig dat dit ‘n Pitbull is. My hart is so seer vir hierdie ouers,maar ook vir die pitbull ras. Ek het ‘n pitbull en duitse herder, saam hulle is my 17mnde oue dogtertjie. Sy en die pittie is groot maats. Maar ek sal nie so vêr gaan as om my kind by enige hond sonder ‘n hand naby te Los nie (ek verwys nie na gebeure in artikel nie!)
Persoonlik voel ek dat honde nie sommer net sal byt of aanval nie en dat daar altyd Rede is vir honde wat aanval.
Ek weet nie wat ek sal doen as ek in hierdie ouma of ouers se skoene moet wees nie. Innige simpatie aan hulle. Mag ons Vader hul vertroos in hierdie hartseer tyd :(

Groot Hond Hater Ystervark ·

Ons as mens kan nie eens met al ons tegnologie ‘n enkele menshaar maak nie. Ek hier sterf ‘n wonderlike skepping en die veel besingde Grondwet kan nie eens sy menseregte beskerm nie! Wat leer Suid-Afrikaners uit hierdie en soortgelyke gebeure? En wat gaan Suid-Afrikaners daaromtrent doen?

Hennie ·

Dalk verstaan ek jou nie so mooi nie, maar waar pas die grondwet nou in die tragiese storie.

M'Lady ·

Remember dogs are pack animals who obey a hierarchy. If their is a change in that hierarchy like the arrival of a a new baby that dog may feel left out. Babies that scream can irritate a dog. Babies also have a distinct smell that can overpower a dog’s smell sensors in his nose. Dogs do get jealous and should never be allowed to be alone with a baby. They should also be prepared for the arrival of a new baby. Be loving and stay loving towards the dog.

Alida ·

Om sinnelose kommentare te lewer is irrelevant. Dit is ‘n tragiese ding wat met die kind gebeur het.

Marlene ·

Wat het die grondwet te doen met ‘n baba wat deur ‘n gesinshond verskeur word? Wou jy gehad het die baba moes die reg hê om by geboorte te kon kies watter soort hond, indien enige sy gesin moet/mag aanhou?

Gesiggie ·

Jammer as ek wreed klink… daar word niks genoem van dat die hond uitgesit is? wat sou die hond rede gee om so n klein kindjie te verskeur… as die ouers geweet het die hond is n gevaar vir die kind? hoekom toelaat dat die hond naby kom. N hond wat n kind verskeur kan nie n te mak hond genoem word, of maybe het hy n siekte gehad? 6 maande oud? my hart skeur in twee vir die ouers en die Ouma wat als moes aanskou”’ het die hond dalk bedreig gevoel”’ maybe wou die arm kindjie net aan hom vat? …. weereens jammer as ek so ongevoelig klink.. ek is lief vir diere, maar n hond wat n kind verskeur… moet nie nog n kans kry om eers weer te prober byt…. sit hom uit. n Kind se lewe is meer werd. RIP klein Baba….Alle sterkte aan die ouers en ouma van die klein baba

ALETE MULLER ·

Ek wil nie eers begin dink wat die ouma moet deurmaak nie. I won’t live to tell the story!
Ergste erg! So oneindig jammer vir almal betrokke.

Riaan ·

Koreksie, honde toon pak gedrag en dus is hul pak diere (party rasse is nie, want dit was uit hul uit geteel). Wolwe waarna verwys word, is so na verwant aan mak honde dat hul gekruisteel kan word en vrugbare werpsels lewer. Party honde was geteel om goed te wees met kinders en ander was nie. Dit is hoekom kenners aanbeveel dat mens nie basters koop nie, want met pavement specials weet mens net eenvoudig nie wat die rasse disposisie gaan wees nie. So, elke hond het sy doel. Die geheim is om ñ ras te kies wat se doel in val met joune. Jy kan byvoorbeeld nie ñ hond kry wat geteel was om nie vreemde mense op die werf toe te laat as jy ñ gastehuis het nie (al beweer sommige kenners dat jy net die hond moet sosialiseer). Different courses for different horses soos die engelsman sê. maar dit daar gelaat. Ek wil afsluit deur my innige meegevoel te gee aan die ouers en familie. Ek dra julle op in gebed.

Andrea ·

As daar genoeg aandag, liefde en respek aan honde gegee word, glo ek dis by uitsondering dat hul n kind, wat deel is van hul ‘gesin’, sal doodbyt. Hap dalk, maar verskeur? Ek het nog altyd Bulterriers gehad terwyl my kinders klein was. Geen probleme gehad nie, net die beste ‘babawagters’ en speelmaats vir my kinders.

Petra Brummer ·

Maak nie saak wat gebeur het nie – dit is so tragies. So jammer vir die ouers want ons is ook ouers en so jammer vir die ouma want ek is ook ‘n ouma…
Ek verstaan so goed want my broer se eie hond het hom 16 jaar gelede gebyt en hy het ‘n arm en ‘n been verloor – niks wat ‘n mens gedoen of gese het kon dit beter gemaak het nie – dit was net die Here en die Here alleen wat hom tot sy dood etlike jare daarna gedra het.
Net so weet ek dit is net die Here wat hierdie seer kan genees en dit is net Kosbare Heilige Gees wat die leemte in hul harte kan en sal vul. Ek bid dat die God van vrede hul harte en sinne sal bewaar.

Hennie ·

Verskriklik!

Kan dit dalk ‘n “liefdevolle” Amerikaanse Veghond wees?

Gerrelz ·

My pitbull en my dogtertjie is beste maats… tog sal ek haar nie sonder ‘n naby hand by enige hond Los nie. Pitbulls is regtig nie so wreed soos wat almal hul af maak nie. My skoon suster se maltese het haar seuntjie gebyt, want sy was nie kinders gewoond of aan hom op die regte manier voorgestel na geboorte nie… honde is so goed soos wat die eienaar hulle groot maak en leer! Maak nie saak watse tipe of grootte hond dit is nie!

Pop ·

Arme arme ouma. Hoekom moet al meer oumas en oupas met die kinders sit. Ons sien die oral. By die skool word die kinders deur oupas en oumas opgelaai. Ag nee man. Nou word die stomme ouma deur so tragedie geraak. Dit is al klaar n tragedie dat kinders gaan werk of wat ook al en grootouers moet omsien na die kleintjies. Sterkte ouma. Baie sterkte.

Boet Fasie ·

Stem saam “Pop” oumas en oupas word al hoe meer deur kinders misbruik om kleinkinders te versorg en rond te karwei . Oumas en oupas is veronderstel om hulle oudag rustig te geniet, sien daagliks hoe arme oumense in winkels moet sukkel met kleinkinders wat ‘n vloer moer gooi omdat hulle nie hul sin kry nie.

Boet Fasie ·

As dit my kind was, sou daardie hond nie langer as die aand gelewe het nie.

Tanya ·

As die hond voorheen aggressie getoon het teenoor kinders moes hy weggevat gewees het. Hoekom n hond aanhou wat sulke gedrag toon. Die baba was 6 maande oud en in sy stoeltjie. Hoe kon hy enigsins iets doen om die hond te laat mal gaan en byt? Die arme ouma moet devastated wees. Ek is n ouma en as my seun se yorkie net mik na die kleintjies word hy dadelik buite gesit. En hy en die kinders het saam groot geword.

Hond ·

Moet dan nie honde aanhou as jy nie behoorlik na hul kan omsien nie. Honde het ook liefde en aandag nodig! Sit eerder die eienaars uit !

Heng ·

Maak nie saak watse honderas dit is en of honde pak-diere is of nie…diere is onvoorspelbaar, selfs ‘n kietsiekat kan ‘n kindjie lelik beseer. Ek voel vir die arme familie wat ‘n kleintjie nou so wreed verloor het, maar mense moet versigtig wees. So baie kinders raak weg of verdrink in ‘n swembad of kom iets vreesliks oor net in ‘n paar sekondes “wat iemand wegkyk”. Dieselfde moet geld vir diere ook, so ‘n kleintjie moes nie in die eerste plek sommer net so gelaat word in die geselskap van ‘n hond nie (liefdevolle hond of te nie). Dis mos om jou budjie op die bed te laat rondloop omdat jy dink jou katte het liefdevolle persoonlikheid en sal dit nie bekruip nie. Ons projekteer so graag ons verwagtinge op ons diere (oftewel enige diere en ander mense), maar jy kan onmoontlik nie regtig voorspel wat ‘n ander wese gaan dink en doen nie. Ouers, wees asb. versigting – “expect the worse”, “rather save than sorry”.

Lizelda ·

Ek voel regtig baie jammer vd babatjie wat doodgebyt is, dit moes n vreeslike dood gewees het…MAAR…In die eerste plek waarom sal enige ouer hulle kind by n huis los waar hulle VOOR die tyd GEWEET het die hond is aggressief EN die hond hou nie van kinders nie? En hoe het dit gebeur dat die hond so aggressief is en nie van kinders hou nie? My gesonde verstand se dat hierdie pragtige dier nie gesosialiseer was of die nodige liefde, aandag en respek gekry het nie. Ons hond hou ook nie van klein kinders nie want toe hy klein was het die bure se seuntjie altyd sy vinger in Marshall se ogie gedruk en hom geterg, maak dit van my hond n slegte hond? Nee, dis die mensdom wat dink dis ok om nie respek of liefde v diere te toon nie. My vriendin se seuntjie is byna 3 en sy verstaan mooi dat haar seuntjie liefs nie moet saam kom nie, ons ontmoet iewers het n heerlike tyd en so is almal gelukkig en veilig. Jammer moet nie ALTYD die dier die skuld gee nie.

Lizelda ·

Eerstens wil ek net se dat ek werklik so jammer is vd babatjie wat sy lewe so moes verloor het. Maar… WAAROM sal enige ouer hulle kind by iemand los waar hulle VOOR die tyd geweet het die hond is aggressief en nie van kinders hou nie? En dan…Pitbulle was vir 114 jaar erken as “Nanny Dogs” a.g.v. hulle liefde, lojaliteit en stabiliteit teenoor KINDERS. Vir al die Anti-Pitbull mense daar buite gaan lees asb. meer oor ons honderas. Wat het intussen verkeerd geloop? Die mensdom! Meeste mense dink n hond hoef nie liefde, aandag, respek of gesosialiseer te word nie. Dis net n hond, maak hom aan n kort ketting vas, water id son as hy gelukkig is en n lee kosbak geen respek. Dis waar die probleem inkom, moenie altyd net die hond die skuld gee nie. Doen eers beter navorsing oor wat werklik gebeur het in hierdie geval.

Wilma ·

My hart gaan uit na die gesin, baie baie jammer vir julle verlies. Sterkte aan die ouma wat alles aanskou het!
Maar 1 ding weet ek, my kinders het saam met Rotweillers groot geword, op hulle rue gery. Waar my kinders was, was die rotweillers. Niemand sou naby my kids gekom het nie. Ek stem saam, onthou, as ‘n hond die enigste “kind” in die huisgesin was en nou vervang word met ‘n baba, gaan daar jaloesie wees. Ons mense kinders raak net so jaloers as ‘n nuwe baba nou al die aandag kry, dat hulle ook maak geniepsig raak. Verskil hier is egter “diere instink”. Honde sal kinders oppas as die hond kans kry om saam met die baba te wees onder toesig totdat die “band” geskep is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.