Baba dood by Pta-kleuterskool

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Gesin van Pretoria is in rou gedompel nadat hul 19 weke oue baba vroeër vandeesmaand by ʼn kleuterskool in Pretoria oorlede is.

Rensche Nagel, hoof van die Kleinmensies-kleuterskool in Pretoria-Oos, sê sy en haar personeel is ook “stukkend en getraumatiseerd” deur die voorval.

Nagel het aan Maroela Media gesê dit is die eerste van dié soort gevalle wat sy in haar 32 jaar in dié bedryf beleef het.

Personeel het glo vroeër die noodlottige dag, omstreeks 11:15, vir die klein seuntjie bottel gegee.

“Een van my personeellede het hom op haar skoot gehou en vir hom melk gegee, en nié in ʼn motorstoeltjie soos berig word nie. Ons het hom sowat twee uur later gaan neerlê, en hy het geslaap,” sê Nagel.

Een van die personeellede het haar omstreeks 13:40 geroep toe sy gaan kyk of hy nog slaap.

“Sy het geskree en gesê ek moet kom kyk; daar is groot fout. Ek het hom opgetel, en hom omgekeer en geskud omdat ek gedink het hy verstik. Ons het nie eens vir die ambulans gewag nie, ons het net dadelik in die motor gespring en na Kloof-hospitaal toe gejaag.”

Nagel sê sy het die seuntjie se ma op pad na die hospitaal gebel.

“Die dokters het ons onmiddellik gehelp; hulle was baie behulpsaam. Sy ma is later by die teater in, maar hy is oorlede. Ek is so seer en so kwaad. Dit is ongelooflik hartseer,” sê sy.

Sy sê die dokters het intussen gesê die seuntjie se dood is ʼn “frats”.

“Ek was histeries, maar die dokters het gesê daar is niks wat ons kon doen nie. Ons het alles gedoen wat ons kon deur hospitaal toe te jaag met hom. Die dokter sê babatjies het soms ʼn wind, en dan stoot die melk op as gevolg van daardie wind, maar hy gooi nie op nie, want hy asem die melk weer terug in. Dit is hoe dié seuntjie ook oorlede is.

“Ek is so stukkend. Ek is elke dag van 06:00 tot 18:00 hier, en só iets jaag mens. Daar was geen nalatigheid nie. Maar dis nie regverdig dat ek dit moes sien en beleef nie. Ek wens vir geen mens so iets toe nie, en ek hoop en bid dat God vir die mamma kan vrede gee.”

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n dossier is by Brooklyn-polisiekantoor geopen, en is intussen na die Garsfontein-polisiekantoor oorgedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Hartseer ·

Hierdie is vreeslik hartseer, ek sal iets oorkom as dit ek was.

Ek kry arme Jakes se mamma so jammer, sy is so goeie vrou en nog n beter mamma vir hom gewees….

Rus in Vrede seun.

Stukkend ·

My hart is so seer om dit te moet lees. Die trauma wat hiermee gepaard gaan is onbeskryflik. Sterkte eerstens aan die ouers en ook aan die personeel.

Judy-Anne ·

Sjoe dit is ongelooflik hartseer, sjoe dit is vreeslik xxx jammer kleinman en gesin xxx

Annemarie ·

Ai dis so hartseer. Albei my seuns was by Rensche, dis so pragtige skool met mooi mense wat ń hart het vir kinders. My hart gaan uit na julle almal. Rus sag klein mensie…

Genieve ·

Ai baie hartseer ek salit nooit kan hou nie..dis sooo hartseer shame baie sterkte vir albei partye.

Tanya ·

Sterkte Mamma. Die pyn gaan nooit weg nie, maar mens leer om daarmee saam te leef. Mag die Here julle vashou en vertroos in hierdie moeilike tyd.

Jammer ·

Baie jammer vir die ouers vir hulle verlies. Ek sal graag wil weet hoe het die kind gelê. As hy op sy sy gelê het sou so iets dalk nie gebeur het nie. Ek verwyt nie, ek wonder net

Lynette ·

MS Jammer, MS, maar hoe bereken jy dat 19 weke 6 MAANDE is? Dit is nie eens 5 maande nie….

Regtig ·

Hendrie, jou vrou is seker ‘n voltydse huisvrou, of sy werk seker vir haarself van die huis af. Alle ma’s het nie die voorreg om self na hulle kinders om te sien tot hulle groot genoeg is om na ‘n dagmoeder of kleuterskool te gaan nie

Mariette Schoeman ·

Ag asseblief!! In ons dae is jy na 2 maande, maw 8 weke terug werk toe. Nie almal kan by die huis bly tot baba 1 jaar of ouer is nie. Die arme mamma en pappa.

Rerig ·

Skaam jou! Nie almal kan bekostig om by die huis te bly nie. Dit is regtig nie die ouers se skuld nie.

Christa ·

Hendrie, dit is ‘n bitter onregverdige opmerking. Hierdie baba is al 5 maande oud. Nie almal kan bekostig om by die huis te bly om kiddies groot te maak nie. Alhoewel almal sou wou. Jy behoort om verskoning te vra. Soms móét Mamma’s ook werk.

oumie ·

Rosie jy aanmatig jouself vreeslik om sulke goed kwyt te raak hoe hartseer dit ookal is sulke dinge gebeur en jy klink na n persoon wat perfek is in als wat jy doen en doen so voort maar dink voor jy iemand wil beskuldig

Carmen ·

Net omdat jy Baie kinders het beteken dit nie jy is n goeie ouer nie. Sommige mense moet werk vir n lewe. Ek is ook self n ma en werk moet ek werk. My seuntjie moes maar ook van baba af dag sorg toe gaan. Baie baie sterkte aan albei partye. Moenie dat hierdie vieslike mense se kommentare Jul onder kry nie. Jul is in ons gebede.

Ellaq ·

Mense moet nie klippe gooi nie, ek self dit oor gekom en was betyds gewees. My kind het glad nie n geluid gemaak nie! Dan praat ek nie eens oor jongste wat vrugwater ure na geboorte op bring end stik daaraan en gelukkig het ek geweet wat om the doen…. Wie blameer ek Dan? Die susters wat weier on dokter toe help met befalling en en en. Bitter min mense weet hoe om te maak in so n geval, beste is leer wat om te doen en red n lewe. Mamma ek ken jou pyn! Dagsorg mense ek ken jul vrees en magtelose gevoel. Daai seer en kwaat… Sterkte julle!

Otterjasie ·

Sjoe Hendri, mag dit jou ook nooit oorkom dat julle dogtertjie dalk by n ouma of vriendin moet oorbly as daar nood is nie!! So iets kan enige plek gebeur, selfs onder JOU eie toesig!
Aan d familie en skooltjie se personeel….julle almal is in ons gebede vir aanvaarding!

Snoepie ·

Jy rol seker in die geld?!
Meeste mense kan nie bekostig om by die huis te sit en kinders op te pas nie. Die lewe is net te duur

Angie ·

Rosie, die babatjie was 19 weke oud, mens vryf nie meer winde uit op daardie ouderdom nie. As jy so “volmaak” was sou jy dit geweet het….

Joh ·

Tante Rosie, selfs pediaters sê winde hoef nie na 3 maande uitgevryf te word nie. Hierdie kindjie was 19 weke. En niemand kan sê dis wat gebeur het nie. Moet nou nie wilde uitlatings maak nie, toe. Simpatiseer eerder met al die betrokke partye.

Kxdhshsj ·

Dis baie hartseer. Sterkte…wat wel skokkend is is dat mense hier in die kommentaar se jy wind ni n baba na 3 maande nie….war in die lewe hoor julle dit? Hulle is nog so piep klein en hulpeloos op 3 maande en die baba was om en by 4.5maande. Jy moet nogsteeds die babas op die oiderdom wind. Sover ek weet is dit ni nodig na 6 maande nie. Maar steeds wag jy dat die winde kom voor j neerlê. So hartseer. Sterkte aan die dagsorg en die ouers.

Ped ·

Pediaters en LLL NPO, maar dit hang van baba tot baba af. Party moet nog gehelp word tot ‘n jaar! Nog ‘n riglyn is as hulle begin sit, met of sonder hulp. Die lugborreltjies beweeg self sonder hulp boontoe en hulle kry die wind so uit.

Pieter ·

Ek het 3 kinders waarvan my jongste een 7 maande oud is. Ek glo sterk daaraan dat hulle met n angel care moet gaan slaap. Angel care het my oudste kind se lewe gered toe sy 7 dae oud was. Syt op gehou asem haal en die alarm het afgegaan. Ek glo elke cresh ens moet sulke goed he tot op n jaar +

n ·

angel care is duur. ek wou ook baie graag een gehad het met my babas, maar kon nie een bekostig nie.

Beth ·

Ons het Angelcare vir albei ons kinders gehad. Maar rondom 4-5 maande het ons dit nie meer gebruik nie. Hulle het te veel beweeg en dan kon dit nie hulle optel nie. Na ons vele vals alarms gehad het, het ons opgehou om dit te gebruik. So vir baie kinders sal dit nie tot n jaar gebruik kan word nie.

Hanna ·

My hart huil saam met die ouers, Rensche en personeel. My kinders was ook in Kleinmensies en elke kind is vir Rensche soos haar eie. Die personeel is wonderlik en dis vir hulle baie swaar. Kan ons eerder vir hulle bid as om verwyte rond te slinger? So iets kan enige plek en met enige iemand gebeur. Pieter, ek het ook die Angel Care gebruik, ek sou nie daarsonder kon klaarkom nie.

Neels Bezuidenhout ·

My seun was baie jare terug in hierdie skool en ek voel jammer vir al die partye. Rensche het niks anders behalwe liefde vir haar kinders nie. Sterkte aan almal.

dr H ·

Asemhalingsmoniteerders behoort verpligtend te wees. Dan word oppassers betyds gewaarsku.

Corné van Niekerk ·

Ons baba dogtertjie is 2 maande gelede ook by dagmoeder oorlede, wiegiedood en onverklaarbaar. Liné was 6 maande oud, pragtig en gesond. Dis die verskriklikste ding wat n ouer kan oorkom om n kind te verloor en ons is nog ver van heel. Kan net sê alle sterkte aan die familie, mens kan dit nie verstaan nie en moet aanvaar dat dit God se wil is en dat hy sy engelkind kom haal het. Ons weet hoe dit voel en is in gees met julle. Sê die met trane in my oë. Hoop julle het baie ondersteuning in die tyd. Dink aan julle uit Windhoek Namibië.

kinderskryookwinde ·

Ook. My baba is 19 maanda en selfs nou roep sy soms NADAT sy gaan slaap het oor n wind wat vasgesteek het. Hou op judge. My hart is stukkend vir almal. Vir die mamma want ek kan dit nie eers imagine nie. En dis n BAIE spesiale aoort mens wat na babas en klein kinders kyk.. hulle rou saam ek belowe jou. Rus sag klein lyfie.

an ·

Dok het dan self gesê dit was n wind. Nou is ek confused as babas na 3 maande nie meer winde kry volgens jul nie

Moet nie oordeel nie. ·

Rosie. Ek hoop nie dat jy nie kleinkinders nie en as jy het of eendag sou he dat so iets jou ook nie sal oorkom nie. Die ouers gaan deur hel en jy oordeel. Agge nee man!!!!!!!!!

Lee ·

Dis so hartseer wanneer so jong lewe van ons geneem word. Sterkte aan die ouers die familie en die dagsorg personeel. Ek bid dat God julle almal sal bystaan deur hierdie moeilike beproewende tyd en dat sy arms jul sal omvou.

Marie ·

Dit gebeur so maklik. My jongste kleindogter was 3weke oud toe ek haar begin versorg het. Sy was 2.3kg en vir my piepklein. Sy was n week by my toe het ek haar een oggend bottel gegee in my arms en syt verstik sonder om n geluid te maak. Ek het net agtergekom sy haal nie meer asem nie en toe word sy blou om haar mond. Sy was so klein, ek kon haar nie skud of agter die ruggie slaan nie. Ek het haar voorkoppie gevryf en haar ruggie. Sy was pap. Ek hardloop toe badkamer toe vir n koue waslap en sy gee toen diep asemteug van die koue lap en begin hoes. Dit was iets vreeslik om te beleef. Ek was in n toestand. My innige meegevoel met sy mamma en pappa en ook die kleuterskool personeel.

LG ·

Alta, dit het absoluut niks met hierdie berig te doen nie.
Baie sterkte aan alle betrokke partye.

Pik ·

Alta wat as iets gebeur met een van daai kinders hoe gaan julle dan voel hoekom staan ons terug wat as dit julle kind was en niemand het vir julle gese daarvan my hart is baie seer as ek dit lees

Rachel ·

Om ñ kind te verloor is die ergste ooit. Dit is nou al 7jaar na die dood van ons eerste seuntjie en nogsteeds kry ñ mens dit nie uit jou sisteem nie. En ja, Angel Care is van die beste want ek gebruik dit op die huidige stadium omdat my jongste van 2jaar soms nog ophou asem haal. Maar my innige simpatie met die mamma en pappa. Ek sal spesiaal vir jul ñ gebed opstuur. Die seer gaan nooit weg nie maar oor die jare word dit net meer aanvaarbaar. Sterkte aan die personeel by die kleuterskool.

Karin ·

Dis bitter hartseer. Al my simpatie aan almal betrokke. Ek het nou gestaan en wonder hoe is my 4 kinders gespaar, ek was ook soms te moeg om te wag vir al die winde. Toe besef ek dit was genade en ook die feit dat ek my kinders nooit op hul rûe neergelê het nie, altyd op die sy. Ons leer dit by voorgeboorteklasse en babatydskrifte. Ek is nie seker watter opleiding die oppassers en helpers kry nie.

Beth ·

Ons pediatricians hier in Amerika het almal gese ons kinders moet op hul ruggies slaap. So ook my OB en die susters in die hospitale waar ek geboorte geskenk het. Jammer, maar ek vertrou Medici voor ek n tydskrif vertrou. Die oppassers en helpers het seker dieselfde gehoor.

Ouma ·

Ek sit ook hier en dink in ons dae het ons en ook my kinders dit op Genade gemaak! Daar was nie sulke goed soos monitors nie. En ja, myne het ek ook altyd op hul sy laat lê, dit selfs met iets agter die ruggie gestut, nou hoor ek met die nuwe baba op pad van my seun en sy vroutjie dat die baba op die rug moet lê! Dit maak net nie vir my sin nie…..

Maritzka ·

Ek is vreeslik jammer vir die verlies. My sussie se seuntjie se dood was ook n frats dood en dieselfde het gebeur. Dis onverklaarbaar waarom sulke dinge gebeur. Sy was net so stukkend, want daar was niemand om te blameer nie. Baie sterkte vir die mamma en pappa x

Anna ·

Baie sterkte aan mamma en pappa, Dit wens ek geen mens toe nie, ek ‘n trotse ouer van Kleinmensies, die skool se harte is stukkend, Tannie Rensche ons sien jou hartseer en trane, en baie vrae, maar dankie dat juffrou staande bly. Jakes, rus in vrede seuntjie, jy is veilig tuis.

Penelope ·

Rus in vrede kleinste mannetjie. Baie sterkte vir die ouers en almal betrokke.
Lynette vir jou wil ek net vra: wat het iemand se wiskunde vernuf met die prys van eiers te doen? Wens eerder die mense sterkte toe, dis al wat belangrik is……

Rina Kotze ·

Net een vraag. Hoekom het hulle hom geskud, en hoe?
So klein baba skud jy nie!

Sterkte vir die familie en almal betrokke

chantelle ·

Ek weet presies hoe hierdie ouers voel, dit is die seerste seer!my sus se seuntjie is ook so oorlede by die kleuterskool, behalwe in die geval was dit nalatigheid hulle het hom net so laat le met sy bottle in sy mond en die baba kamer verlaat…hyt verstik.. hy was maar 5 maande oud en het vir omtrent n maand voor sy dood by ons gebly saam my sus.sterkte aan die ouers en mag die Here julle in hierdie moeilike tyd styf vashou en rustig maak. dink aan julle.

Charlie ·

Dit help ni n mens blameer mekaar ni, wat as en as ons net….n babatjie wat se mamma hom onder haar hart gedra het v 9 maande is oorlede. Sy moes duidelik terug gaan werk toe eb het hom toevertrou aan bevoegde mense, wat in my meening nalatig was. Babas van dai ouderdom moet met n valk oog dopgehou word, ao asof dit jou eie kindjie is, as dit die geval was so iemand hom hoor stuk het, winde word uitgehaal en kindjiea slaap op hul sytjies. Ek voel so jammer v dai mamma, en weereens dankbaar dat die Here my seën om my eie kindjies groot te maak. Ek hoop dit was v dai skool n les, so n tragedie wat verhoed kon word met net meer sorg en minder gejaag na geld wat elke kind inbring. So so hatseer. Ek is innig jammer mamma, mag jy op Jesus se skoot berusting vind, ek bid v jou. Ek bid ook v dai skool vir openbaring van wat n kosbare bediening hul het, om na vlekkelose kindjies te kyk.

Pauline ·

My innige simpatie aan die ouers, skool en personeel. Charlie vir jou wil ek net se dat daardie skool se personeel na die kindertjies kyk asof dit hul eie is. Die LAASTE ding wat nagejaag word is geld. Tannie Rensche en haar personeel het elkeen ‘n passie vir dit wat hulle doen. Elke kindtjie daar word met soveel liefde en deernis hanteer en versorg. My kinders is self daar en ek kan die liefde sien wat ingeploeg word. Wees asseblief versigtig om te veralgemeen.

katryn ·

Beth, gaan google bietjie ‘flat head syndrome’ – kom van babatjies net op hul rue (met ‘n kappie op die u) laat slaap. Common sense sê kind gaan verstik as hy op sy rug moet lê. Lê op sy en stut met opgerolde handoek om te keer dat kind oprol op gesig. Oppassers is ongelooflik besig. Maak dan maar die skoolgelde hoër en stel nog mense aan sdt kinders nie met bottels in hul monde in die bed gesit hoef te word nie – soos ons almal weet daagliks gebeur. Bitter jammer oor wat gebeur het, mag alle skooltjies van nou af babatjies nog mooier oppas.

Tina du Toit ·

Jinne, dis so tragies. Ek kan almal se seer in sien en ek voel bitter hartseer vir julle verlies. Sterkte vir almal, want ek sal nie daarmee kan cope nie.

John ·

Tragies. Windjies uitgeslaan? Snaaks dat storie nou weer verander. Klink verdag. N kind van vier en half maande slaap skaars 2 ure!?

john ·

As ouer van 5 maande moet n baba onder konstante aandag wees. Ek glo enige ouer wonder elke paar minute terwyl kind slaap of alles ok is. Ons glo vas n baba hoort in elk geval nie in n kleuterskool nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.