Baba dood gevind in Diepkloof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Twee maande oue baba is Saterdag dood aangetref onder ʼn brug in Diepkloof, het die Johannesburgse polisie gesê.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die babadogtertjie het in water onder die brug gedryf. Sy het geen sigbare beserings gehad nie en is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ons doen ʼn beroep op mense om ons by te staan in die ondersoek,” het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.