ʼn 19-jarige tienermeisie is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn pasgebore babaseuntjie Woensdag in ʼn asblik in Johannesburg aangetref is.
“Die babatjie is deur vullisverwyderaars in Orlando, Soweto, gevind,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, gesê. “Die tiener is kort daarna in hegtenis geneem op ʼn aanklag van verberging van geboorte.”
Die polisie ondersoek of die baba lewendig was toe hy weggegooi is. Dit sal bepaal of die ma ander aanklagte in die gesig sal staar.
Die tiener moet binnekort in die Orlando-landdroshof verskyn. – SAPA
Kla die meisie in elkgeval aan, mens gooi mos nie net sommer weg nie, lewendig of dood.
Hoe op die liewe aarde gooi jy jou kind (dood of lewend gebore) in ‘n asblik???
Die kind is in elk geval beter af waar hy nou is. Hy sou nie ‘n kans in die lewe met so ‘n ma gehad het nie.