Baba dood in wiegie aangetref

Die nooddienste buite die huis in Verulam. (Foto: Verskaf)

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ’n ses maande oue baba dood in sy wiegie by sy ouerhuis in Verulam in KwaZulu-Natal aangetref is. Die babaseuntjie het vermoedelik verstrengel geraak in ’n muskietnet wat oor die wiegie gegooi was en toe versmoor.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê paramedici is Maandagoggend na die huis in Everest Heights ontbied waar die seuntjie kort voor 11:00 dood verklaar is. Die baba se pa het op die toneel aangedui dat hy die seuntjie in die wiegie aan die slaap gesus het waarna hy die muskietnet oor die wiegie gegooi het om die muskiete weg te hou.

Die pa het daarna self aan die slaap geraak. Hy het later weer na die baba gaan kyk en opgemerk dat die muskietnet om sy nekkie gedraai het. Die baba het in dié stadium nie meer gereageer nie en die man het sy vrou by haar werk gebel waarna paramedici ontbied is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek die omstandighede van die baba se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Dit is so hartseer en tragies. My gebede gaan uit na julle as familie en mag die Here julle sterk hou in die moeilike tyd nou en wat voorlê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.