Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat Woensdag ontvoer is, is gevind.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig.
“Die baba is net ná middernag gevind en vyf verdagtes, insluitend ʼn huishulp, is in hegtenis geneem. ʼn Onbevestigde bedrag kontant wat as losprys betaal is, is ook teruggekry,” het Dlamini gesê.
Volgens Dlamini is Eden na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word, maar is hy ongedeerd. “Hy is met sy ouers herenig.”
Die vyf verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van ontvoering.
Maroela Media het vroeër berig die Laird-gesin se huishulp het Woensdag omstreeks 08:45 saam met Eden gaan stap, maar nie weer teruggekeer huis toe nie. ʼn Saak van ontvoering is aanhangig gemaak en ʼn reusesoektog na Eden is van stapel gestuur. Die polisie wou nie vroeër veel inligting oor die ondersoek verklap nie omdat dit die ondersoek kon benadeel.
Hou Maroela Media dop vir meer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
98 Kommentare
Wonderlike nuus!!! Dankie Vader.
Prys die Here!!!! Dis wonderlike nuus. Goeie werk SAPD en alle ander partye wat betrokke was.
Dis die wonderlikste nuus so vroeg in die oggend! Bitterlik dankbaar dat hulle vasgetrek is.
Alle sterkte aan die ouers om deur hierdie trauma te werk.
WOW DANKIE JESUS!!
WEll done, well done!