Baba Eden gevind

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat Woensdag ontvoer is, is gevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Die baba is net ná middernag gevind en vyf verdagtes, insluitend ʼn huishulp, is in hegtenis geneem. ʼn Onbevestigde bedrag kontant wat as losprys betaal is, is ook teruggekry,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is Eden na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word, maar is hy ongedeerd. “Hy is met sy ouers herenig.”

Die vyf verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van ontvoering.

Maroela Media het vroeër berig die Laird-gesin se huishulp het Woensdag omstreeks 08:45 saam met Eden gaan stap, maar nie weer teruggekeer huis toe nie. ʼn Saak van ontvoering is aanhangig gemaak en ʼn reusesoektog na Eden is van stapel gestuur. Die polisie wou nie vroeër veel inligting oor die ondersoek verklap nie omdat dit die ondersoek kon benadeel.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Petro ·

Prys die Here!!!! Dis wonderlike nuus. Goeie werk SAPD en alle ander partye wat betrokke was.

RHG ·

Dis die wonderlikste nuus so vroeg in die oggend! Bitterlik dankbaar dat hulle vasgetrek is.
Alle sterkte aan die ouers om deur hierdie trauma te werk.

Verdagtes verdien swaerste straf ·

Ons moet laat die regering daardie verdagtes ongelooflik hard straf, en coorkom dat sulke dinge met enigiemand gebeur.

Hangman ·

Ek sal buite daai hof wees…laat hulle dit waag om borgtog te kry, die gemeenskap sal nie sulke dinge duld nie. Is dankbaar ons gebede is geantwoord!

Albertonner ·

Uitstekende werk deur die polisie! Baie dankie, almal was bekommerd. Laaste ding voor slaaptyd was nog om gou te kyk of hy al gevind is.
Gebede is verhoor.

Cherokee ·

Albertonner, jou woorde ‘laaste ding voor slaaptyd was om nog te kyk of hy al gevind is’, vertel my opnuut van watse fantastiese nasie ek deel is. Jy mag dink jy het dit bloot terloops gesê maar ek vra die God van alle gode, die Koning van alle konings, om jòu te seën. Om Sy Hand van beskerming om jou te vou. Ek ken nie die slagoffers nie en ek ken jou nie maar dit is ‘n voorreg om met jou te deel op dieselfde forum.

Borgtog ·

As daardie ontvoerders borgtog kry moet ons drastiese stappe neem om die internasionale strafhof en ander groepe betrokke kry om ons borggewende en misdadigerliewende regstelsel reg te ruk, maar aanvaar sal ons nie meer nie.

Misdadigers en hul beskermhere VAL ·

Ons moet internasionale hulp aanvra om misdaad te stop en ons regering te dwing om misdaad ernstig op te neem. Die ANC misluk, en ons gaan nou elders moet hulp soek om die ANC te dwing om ons nie te laat uitwis deur moordenaars nie. Sommige polisie werk hard om misdadigers te vang maar dan laat die howe hul vry of hulle word gehelp ontsnap deur korrektiewe dienste. Klaar met kriminele regering!

Doempie ·

So bly dat Eden veilig is. Prys die Here. Ons moet mekaar koester.

Elsabe Venter ·

Hallelujah, prys die Here. Daar het so baie gebede opgegaan vir die seuntjie. Alle lof en eer aan Jesus.

Marius Viviers ·

Baie verlig. Dankie tog vir die SAP en ander betrokkenes.

Lollie ·

Mense vertrou te maklik! Kyk na plaasaanvalle en huisroof, en nou die ontvoering, dan sien jy hoeveel van die verhale is die huishulp die vlieg in die salf! Moet nooit dink jou huishulp of tuinjong is die een uit ń miljoen wat jy met jou lewe kan vertrou nie!
Vertrou liewer niemand nie en bly veilig!

Tasha ·

Dit is wonderlike nuus! Dankie Liewe Jesus U is groot en Almagtig!

HB ·

Ek is bly die kleinding is ongedeerd. Mag die skuldiges aan die pen ry vir hul dade.

Nel ·

Dit is baie goeie nuus. Sterkte aan die ouers vir die pad vorentoe.

Skaaphond ·

Prys die Here! Dankie Pink Ladies, SAPS, CPF en ander lede van die gemeenskap wat gehelp het om baba Eden te vind!

Gesiggie ·

Dankie Liewe Jesus vir n wonderwerk…. dankie dat Baba Eden veilig terug is by sy Mamma en Pappa… ek kan my self nie indink waardeur hul als moes gaan… en baie dankbaar dat hy nie leed aangedoen is… well done op sulke goeie speur werk… aan almal wat gehelp het met die soektog…. so nou klink dit vir my die huishulp? ook dalk betrokke… ek is so verlig en so bly dat hierdie seuntjie veilig is…. GOD IS GOOD….. Mamma en Pappa.. bewaar daai seuntjie.. hy is kosbaar

At ·

Baie bly vir die ouers en familie, dit moes verskriklik gewees het, sterkte vir julle almal. Goeie werk van die polisie. Dis weer ‘n bewys dat mens versigtig moet wees met huishulp, baie keer is hulle self in die ding , ander kere word hulle geteiken, dit geld vir plaasmoorde ook, statistieke het dit bewys, was al self hierdeur.

White Rhino ·

Dankie tog!!
So so dankbaar vir die kindjie en die ouers en familie! Die grootste gedeelte van die nagmerrie is verby.
Dankie Liewe Jesus.
Dankie SAPD vir julle uitstekende werk.
Dankie Pink Ladies.
Moenie werk aan hierdie goed gee nie soos ‘dom’ gese het. Mens kan niemand maar niemand vertrou met jou kosbare familie nie.
Sit die dingetjie in ‘n skooltjie en doen self die huiswerk. Mens kan dit regkry al is jy ‘n werkende moeder. Jou kindjie is die belangrikste.
Die wasgoed kan wag – ….. die strykwerk kan wag…. dit gaan nerens heen nie.
Kyk eerder dat jou kindjie veilig is met mense wat jy kan vertrou en nie met gemors nie.

Nie so maklik nie ·

Ek verlaat die huis elke oggend net voor 5 en kom eers net voor 7 saans by die huis, wys asb vir my watter “skooltjie” is daardie ure oop?? En nee my ma en skoonma is albei oorlede, die res van my familie werk almal. So familie is nie n opsie nie.

Anoniem ·

White Rhino —- Ek stem glad nie saam dat 100% van huishulpe nie vertrou kan word nie! Ek ken persoonlik niemand wie se kind ontvoer is deur die huishulp nie en ook nie iemand wie se huishulp ernstige diesfstal gepleeg het nie of haar werkgewer probeer vermoor het nie. Dis nie iets wat elke dag gebeur nie….
Dit sou beter wees om te se, mense moet veilig & versigtig wees en alle moontlike voorsorg maatreels tref! Nie almal is so gelukkig om kort ure te werk, middagetes af te kry en vroeg tuis te wees van werk af nie.

Marietjie ·

Dankie Vader Vir U Hand van beskerming oor die baba Dankie SAP Vir jul leiding en hulp en Alle betrokke persone. Sterkte Vir die ouers Ek Bid Vir julle Vir die genesing met die Trauma waardeur julle is

Monica ·

Dankie Genadige Heer die seuntjie is ongedeerd met sy ouers herening xx Mag die Vader gee dat daar behoorlik straf opgelê sal word!!! Maak asb. van hulle ‘n voorbeeld sodat dit ander kan afskrik.

Amanda ·

Dankue Liewe Heer dat U na Eden om gesien en beskerm het. Heer, laat geregtigheid asb gedkied sodat geen ander ouer OOIT deur sulke trauma hoef te gaan nie. Dankie aan almal wat gehelp het om hierdie pragtige seuntjie veilig by sy ouers te verenig.

Marietjie ·

Dankie Vader Vir U Hand van beskerming oor hierdie baba Dankie Vir almal betrokke Om hierdie kind op te Spoor en weer veilig met sy ouers en familie te hereniging

Tanya Tesnear ·

Dankie dankie Jesus vir U beskerming oor baba Eden! Briljante werk SAPD! Ons is saam met die gesin dankbaar.

Jane ·

Soooooo dankbaar! God is goed en wonderwerke gebeur. Ek sal mal word as so iets met my kind moet gebeur. Dankie aan SAPD en almal betrokke se omgee en harde werk.

Daan ·

Dank die Here!!! Ek sal sulke mense doodstraf gee. Ek dink ons hoort voor daardie hof in die massa te wees met optog. Gewetenlose soort mens wat die tiepe ding doen. Walglik.

Dinwiddie ·

Baie bly om te hoor die kleinding is veilig terug. Dankie aan al die betrokke partye wat gehelp het..

Snav ·

Well done! Dankie Heer vir u beskerming van klein Eden. Mag hierdie n eyeopener vir baie wees wat nog steeds dink dit kan nie met my gebeur nie. Ons lewe vandag in n wrede wereld. Sterkte aan familie en mede landsgenote, staan sterk in die geloof.

Daan ·

Net ontvoering, wat van poging tot moord, lieweland waarmee dreig ontvoerders mense? DAT HULLE JOU GELIEFDE GAAN DOOD MAAK MAN. DIS POGING TOT MOORD OOK!!!!!!!!! En heel waarskynlik sal hulle dit op die ou end gedoen het as dinge nie reg uitgeloop het nie. ?

Antoinette ·

Die betrokke polisie /speurders wat hom gevind het verdien ook lof. Daar is tog diegene wat hulle werk ernstig opneem.

Sonja ·

Wow!!!!
Welgedaan aan die polisie en almal wat verantwoordelik is dat Eden terug is by sy ouers en dat hy ongeskonde is.

Ek is sooo bly vir jul.

kotie ·

Dit is wonderlike nuus. Ek kry sommer trane van blydskap!!! Well done vir almal wat gehelp het!!!

Huishulp ·

Huishulp kan nie meer vertrou word nie! Doen jou werk self. Na 25 jaar wat huishulp vir my vriendin gewerk het en vriendin gese het sys vertroubaar,het polisie haar gevang,op kamera in en om vriendin se huis,waar huishulp die inbrekers baie rustig mooi wys waar als is,en huishulp wat ook betrokke was met diefstal. Syt presies geweet en gese waar als is. Sys ook skuldig bevind. Sterkte verder aan familie en weereens doen maar jou werk self

Elvira ·

Dankie. In n vorige kommentaar het ek ook verwys sat mens nie meer ander in jou huis kan vertrou nie en dat jy maar self moet werk. TOE IS EK BEHOORLIK AANGEVAL DEUR N PERSOON WAT KOMMENTAAR LEWER.

Johan ·

Baie mense wil dit of kan dit nie besef nie. Jy vetrou niemand maar niemand in jou huis nie. Meerderheid van die plaas aanvalle is van die werkers op die plaas aanvalle betrokke.

Hannetjie ·

Fantasties. ..Dankie Here kleinman is ongedeerd en veilid…..Lewenslange tronkstraf vir die 5 gemors. …

Hennie ·

Ons het baie gebid vir Eden se terugvind en is baie bly hy is terug by sy ouers. Mens kan nie ontken dat daar goeie en betroubare huishulpe is nie, maar ek hoop die hele wereld neem kennis om proaktief te wees en hulleself trauma te spaar en eerder nie huishulpe met kinders alleen te laat nie. Teen hierdie tyd behoort ons te weet hoe staan sake in ons land, ons lees daagliks in die koerante van ongeregtigheid en wie dit bedryf.

pieter ·

Danki vader di kind is veilig en sterkte vi die ouers – Saps goeie geduldige werk dankie – Hoop al die vroue ligas maak ni saak van watter politieke party nie sal by die hof wees daardi dag

$ ·

Loof die Here, Hy is goed! Aan Sy liefde is daar geen einde nie…

Dankie aan elkeen wat onverpoosd gewerk het om die saak op te los, in wysheid opgetree het en die ouers en ander geliefdes bygestaan het.

Alle eer en dank aan ons grote God en Iiefdevolle Vader.

JM ·

Wees asseblief versigtiger met die sorg van julle kosbare babas en kinders!

smurfie ·

Dankie Jesus! Alle eer aan U. En dankie vir die polisie se harde werk in die saak, julle is sterre!!

Luka ·

Baie dankbaar die baba seuntjie is ongedeerd gevind!! Dankie SAPD en Pink Ladies!! Mag hierdie monsters swaar straf kry in hierdie lewe vir hulle barbaarse optrede.

Leza ·

Dankie vir al die betrokkenes. Ons is julle ewig dankbaar. Die grootste dank gaan egter aan ons Heer, ons beskermer

Jerry ·

God se genade is groot! Insidente soos hierdie vergroot die wantroue tussen huiseienaars en hulle huishulpe. Wraak wat gepaard gaan met gierigheid en aangeblaas deur die politieke klimaat is die wortel van die kwaad en dit neem toe. Mense wat sonder huishulpe en tuinjonge kan klaar kom, moet dit maar liefs oorweeg. Dit is ongelukkig so dat huishulpe en tuinjonge beinvloedbaar en makliker vatbaar is vir politieke en kriminele oorreding agv intimidasie, viktimisasie en lee beloftes in die huidige klimaat. In baie gevalle geniet hulle ook beskerming van korrupte wetstoepassers en daarom sal hulle nie twee keer dink om betrokke te raak by die pleeg van n misdaad. Dit is baie hartseer, maar dit is ongelukkig die realiteit van die tyd waarin ons, onsself bevind in SA. Politieke en kriminele boosheid het ongelukkig reeds die gety teen ons gedraai en ons moet dit besef en daadwerklik optree om te verhoed dat dit ons gesinne oorweldig en uiteindelik verswelg. Wees paraat vir mekaar in familie en gesinsverband en moet onder geen omstandighede betrokke raak by organisasies wat konflik in wie se naam ookal nastreef.

Jane ·

Ek is dankbaar en ek hoop mense besef dat jy self jou kinders moet grootmaak en dit nie in die hande van vremdes moet los nie.

EJ ·

Prys die Heer. Dankie dat U oor die klein engeltjie gewaak het. GOD IS GROOT. AMEN

snoefie ·

hangman, ek hoop jy hou jou woord gestand. jy behoort goeie ondersteuning te kry.
eer en dank aan God vir sy genade. dank aan die sapd!
net een vragie…. as die ouers nie die R5/6miljoen gehad het om self vir die kosprys te betaal nie, wie sou geweet het die staat sou n tassie met geld vul vir n losprys?

Chrisjan ·

Baie baie dankbaar! Die arme ouers moes deur HEL gegaan het oor ander se geldgierigheid.

CJ ·

Hoop dieselfde ondersteuning en druk word buite hof uitgeoefen as ander (huidige) huiswerker saak in Bronkhorstpruit.

Naomi ·

Welgedaan……….. Baie geluk aan die span wat die baba gevind het…..

Hannatjie ·

Waar is die mense nou wat altyd so sleg praat van die Polisie???

jannetjie ·

ons is nog hier hannatjie. met enkele uitsonderings is die sapd nie die naam POLISIE werd nie.

Penellope Jones ·

Dankie Heer.
Dankie dat klein Eden terug is by sy Mamma en Pappa – ek glo dit was baie, baie benoude, ontstellende skokkende oomblikke!
Dankie aan die owerhede wat hard gewerk het om Eden te vind asook die mense wat betrokke is by die ontvoering – mag die wet sy loop neem.

.

Riana ·

So bly hy is gevind. Dankie Here.
Hoe kan die huishulp dit doen en reg kry.

Ann ·

Ek is baie bly die kleinding is veilig!!
Ek het nou die kommentare gelees en gemengde reaksies gesien.
Ja, mens moet maar baie versigtig wees waar jy jou kind gedurende die dag los. Ek sien iemand sê mens moet eerder self kyk.
Goed en wel, maar hoe moet jy self vir jou kind kyk as jy dalk die enigste broodwinner is? Kyk self, maar kry nie geld in nie? Mens moenie net oordeel nie!
Iemand anders sê haar ma en skoonma is reeds oorlede en familie is nie ‘n opsie nie.
Dis ook ‘n baie moeilike situasie – want wie anders vertrou jy dan met jou kind? En as jy moet werk om geld in te kry – dit laat nie veel van ‘n keuse nie.
Die dame wat ook lang ure werk, ek verstaan haar situasie ook. Geen skool het sulke lang ure nie. Langste is seker net tot 17:30.
Daar is betroubare huishulpe in die land, ja. Maar die makste hond byt ook maar …
Ek sê vandag dankie dat my ma nog by ons is, want ek weet nie wat ek sou gedoen het as so iets met my kinders moes gebeur nie!!

Mamma ·

Dit is so wonderlik om te lees. Dankie Hemelse Vader. Ek het gisteraand in die bed so aan die babatjie gedink. Is hy warm? Is hy bang, honger of dalk siek. Kyk hulle darem na hom? Huil hy heeltyd? Waar slapies hy? Prys die Here hy is nou veilig.

Katerina ·

Daar is geen rede om sonder huishulp of kinderoppasser te gaan – Daar is derduisende WIT VROUE in WIT PLAKKERSKAMPE dwarsdeur die land wat maar te bly sou wees vir so n werk. DINK,mense!!!!!!!!!!!

Vivian ·

Ons dank God vir Sy genade. Baie bly baba is gevind en ongedeerd. Prys die Heer.

Elvira Bothma ·

Prys die Here. Dankie polisie en almal wat meegehelp het. Sluit hierdie kriminele vir ewig toe sodat daar n voorbeeld van hulle gemaak kan word.

Esmé ·

Prys die Here!!Hoop daardie 5 skirminkels kry meer as net tronkstraf!!Tronke is deesdae soos n 5 ster hotel…hoop daar word n voorbeeld van hulle gemaak!Die baba ouers en familie is deur n baie tawwe tyd,kan myself nie indink nie…en asgv geldgierigheid sal die Mense verewig letsels dra.

Natasha kapp ·

Dankie aan ALMAL wat betrokke was om Eden terug te kry. Hopelik aanvaar hul die aanbod om gebruik te maak van die Leigh-Matthews trauma sentrum. Dis nie iets wat ligtelik verwerk kan word ni. Sterkte aan die familie

Andrea ·

Mens laat nie jou kind by n huishulp heeldag nie, klaar. As jy nie n goeie dagmoeder of skooltjie kan bekostig nie, dan stel jy uit om swanger te raak tot dinge finansieël beter lyk v jou. Jou kind kry geen stimulasie nie, geen behoorlike taalontwikkeling vind plaas nie, en jy kan nooit 100% seker wees jou kind is veilig nie. Daarby is die huishulp gereeld in die strate met jou kosbare kind.

Mammahart ·

my hart is oneindig bly vir Eden se ouers en homself. Ek kan nou rustig gaan slaap en weet die seuntjie is veilig en geen skade aangedoen. Mag geregtigheid geskied

Elize ·

Dankie Vader daardie lyfie is nou weer veilig by sy ouers! Hoe siek moet mense nie wees om ‘n onskuldige kind te ontvoer nie… Dink net watse trauma hy deur is.

Ek het 2 pragtige kleinkinders van dieselfde ouderdom en hierdie ouma sal mense doodmaak as hul aan daardie twee moet vat.

Amanda ·

So dankbaar, nederig en bly dat die baba veilig terug is by sy ouers. So n kleine mensie wat almal en alles om hulle vertrou met onskuld in ogies. My sussie was ook in die sewentigs deur ons huishulp gevat, ek was baie klein, en dink sy was so 2 dae weg. Dit was ook destyds in die Rapport koerant. Die SAPD het vinnig opgetree, en haar en die huishulp in Tafelberg gevind destyds.

GM ·

Andrea, jy sê almal moet uitstel om kinders te hê tot hul ‘n skooltjie kan bekostig? Wat as die ouers dit kon bekostig toe hul hul baba gekry het, en een ouer is oorlede of het hul werk verloor? Het jy al aan so ‘n scenario gedink?

Ek is so dankbaar dat Eden gevind is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.