Baba Eden: ‘Ouers kom nog tot verhaal’

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Baba Eden Laird is veilig terug in die sorg van sy duidelik verligte ouers nadat die ouerpaar verlede week deur ʼn warrelwind van emosies gegaan het toe hul babaseuntjie ontvoer en ʼn losprys van R6 miljoen vir sy vrylating geëis is.

Michael Basch, die familie se woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Eden se ouers, Bronwyn en Stuart Laird van Brackendowns in Alberton aan die Oos-Rand, is verheug en dankbaar dat hy terug in hul sorg is.

“ʼn Dokter het Eden ondersoek en bevind hy is heeltemal gesond en ongedeerd,” het Basch gesê.

Maroela Media het vroeër berig Eden is Saterdag net ná middernag gevind en vyf verdagtes, insluitend ʼn huishulp, is in hegtenis geneem. Die kontant wat as deel van die R6 miljoen-losprys betaal is, is ook teruggekry.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn deeglike ondersoek deur ʼn taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Gauteng het tot die inhegtenisneming van die vyf verdagtes gelei.

Eden is Woensdag as vermis aangemeld nadat sy huishulp met hom gaan stap het, maar nooit teruggekeer het nie.

“Die polisie het dadelik begin ondersoek instel en verskeie telefoonoproepe, waar die verdagtes R6 miljoen as losprys van die ouers geëis het, gemonitor,” het Dlamini bevestig. “Met behulp van inligting van die gyselaar-onderhandelaar is twee verdagtes by die aflaaipunt in Ekurhuleni-Wes aangekeer. Verdere ondersoeke het die polisie na plakkershut in die Windmill Park- informele nedersetting gelei waar die huishulp en ʼn vermeende samesweerder in hegtenis geneem is. Die vyfde verdagte is in Katlehong aangekeer waar die polisie ook beslag gelê het op ʼn voertuig wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is.”

Basch het versoek dat daar tans nie meer inligting oor die operasionele besonderhede van die reddingspoging bekendgemaak word nie aangesien dit die voortgesette ondersoek kan belemmer.

“Al troos en hoop wat ons tydens die drie dae lange nagmerrie gehad het, was dat ons gevoel het Eden in goeie sorg is. Die huiswerker werk al langer as twee jaar vir die gesin en daar was ʼn band tussen haar en Eden. Alhoewel ons aanvanklik gedink het dit was ʼn ontvoeringsaak, was ons steeds nie bewus of die huiswerker ook dalk ontvoer kon wees nie.”

Basch het gesê die ondersteuning wat die gesin van die begin af van die polisie en die publiek ontvang het, was oorweldigend tydens die moeilike tyd.

“ʼn Mens ervaar ʼn warrelwind van emosies. ʼn Mens moet deur so baie prosesse gaan en dan is daar hoop en dan kan ʼn mens niks anders doen as net sit en wag nie. Alle inligting wat tot jou beskikking is, moet ook baie versigtig uit verskeie oorde gekontroleer word, want ʼn mens weet nooit wie is almal betrokke totdat die ondersoek ontvou nie,” het Basch verduidelik.

“Wanneer dit by ʼn vermiste kind of persoon kom, dan wil ʼn mens so veel inligting as moontlik deel en versprei met die hoop om die persoon op te spoor, maar met ʼn ontvoeringsaak moet ʼn mens die inligting kontroleer, want jy weet nooit wie al die inligting, planne en vordering in die media of sosiale media dophou nie.”

Basch het gesê dit gaan goed met Eden se ouers en het gesê die gesin het gevra vir tyd en ruimte om te genees.

“Dit is vir hulle nog moeilik om tot verhaal te kom met wat gebeur het. Niemand kan vir so ʼn situasie voorberei nie.”

Die egpaar het vier kinders waarvan Eden die jongste is.

Die egpaar het die polisie en alle rolspelers, insluitend die Pink Ladies, bedank vir hul werk wat tot Eden se reddingpoging gelei het.

“Hul onophoudelike toewyding en professionaliteit regdeur hierdie hele proses kan nie onderskat word nie. Ten slotte wil die gesin die duisende mense, plaaslik en van reg oor die wêreld, bedank vir hul boodskappe van ondersteuning en bemoediging.”

Intussen verskyn die vyf verdagtes wat in verband met Eden se ontvoering in hegtenis geneem is, na verwagting vandag in die Alberton-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe verder moet ondersoek instel om ʼn suksesvolle vervolging in die hof te verseker.

Van die vyf verdagtes is vier van Zimbabwe afkomstig en die vyfde verdagte is ʼn Suid-Afrikaner. “Dis belangrik om die nasionaliteit van die verdagtes in dié geval bekend te maak, om lede van die publiek te waarsku teen die roekelose aanstelling van persone sonder om behoorlik hul agtergrond na te gaan,” het De Lange bygevoeg.

Hy het die taakspan geloof wie se doelgerigtheid en toewyding daartoe gelei het dat die vermiste babaseuntjie met sy ouers herenig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Alida ·

Knap gedaan SAPD en ALMAL betrokke. Dit is werklik wonderlike werk wat julle verrig het. My hart borrel vir die ouers en die ander kinders. BAIE BLY vir julle. Die Zimbabwiers behoort onmiddellik teruggestuur te word of baie lang tronkstraf opgelê word. Borg sou in hierdie geval totaal en al onvanpas wees want hulle het AMPER hul doel bereik en dit hou ‘n gevaar in vir ander kindertjies.

Nettie ·

Ons witmense moet leer om eerder maar ons eie werk te doen – huiswerk en tuinwerk, en waar moontlik, ons eie kinders op te pas. Ek weet dit is nie altyd moontlik nie, trouens – min mense kan regtig bekostig dat ‘n Ma of Pa tuisbly om die huiswerk te doen en kinders/babas op te pas vandag.

Maar ………. gegewe die feit dat ons nou wéét dat ons die minderheidsras is en daar ‘n volksmoord aan die gang is op blanke mense van regoor die land, maak nie saak waar jy bly, wat jou opvoeding, werk, agtergrond, inkomste ens. is nie, moet ons aan selfbehoud dink.

Bly maar eerder Saterdag tuis, as jy nie werk nie, en doen jou wasgoed dan. Belê in ‘n skottelgoedwasser en tuimeldroër, stel ‘n professionele maatskappy aan om jou gras te sny as jy nie self kan nie, maar MOENIE ‘n moontlike moordenaar/rower toegang tot jou huis gee deur vir hulle werk aan te bied nie.

Die makste honde byt die seerste …..

Katerina ·

Daar is soveel WIT vroue wat weens BEE en regstellende aksie in plakkerskampe sit,die meeste van hulle sekerlik baie ordentlik. Ek dink regtig sulke wit vroue sal baie bly wees van n werk soos huishulp en kinderoppasser.

jaco ·

Ek het al ‘n paar keer vir sulke armblankes werk gegee en elke keer my kop gestamp. Almal rook en drink en sodra hulle geld kry, word daardie onnodige goed heel eerste gekoop. So tussen die werkery deur het ook van my kos, gloeilampe en gereedskap verdwyn. So ek doen maar eerder die werk self. En selfs SONDER regstellende aksie en BEE wat daardie wit mense blykbaar so arm en werkloos maak, sal ek hulle steeds nie werk gee nie.

Nie meer nie ·

Ons mag nie meer borgtogte aan misdadigers dult nie. Ons moet opstaan teen die howe wat misdadigers help om met als weg te kom. Ons moet nie meer net stilsit nie.

Linda ·

Mens kan net die Taakspan van die Polisie, Pink Ladies, Publiek en alle betrokkenes hartlik bedank dat hierdie klein seuntjie lewe.

jaco ·

waarom nou die ma en pa se name en woonbuurt plaas? dis 1-2-3 en iemand met kriminele neigings gebruik dit om hulle kontakbesonderhede te kry (glo my, dis regtig maklik) en gaan treiter hulle weer.

Glo nie wat ek lees nie! ·

Die ouers se troos was dat die kind goed versorg is? Dat die huishulp van 2 jaar n band met die kind het?
…NEEEEEEEEE!
en die wonderlike huishulp gaan seker volgende week weer terug op die job wees!?

Anoniem ·

God is in beheer, daarom het almal wat betrokke is KRAG en WYSHEID gekry om die skuldiges te vang ! Goed gedoen SAPD, TROTS OP JULLE ! ?? Misdaad betaal nie, doen eerder aansoek vir ‘n regte werk

Hannetjie Harvie ·

Ek is die Here so dankbaar dat Eden terug is by sy ouers en ongeskonde is. Dit is verblydend om te sien dat die SAP en taakmag, so flink opgetree het en die situasie ontlont het. Ons moet versigtig wees om nou nie alle oppassers onder een kam te skeer nie. Op facebook het talle oppassers gese hulle hoop sy sit vir die res van haar lewe in die tronk, want hulle werk is nou in die gedrang. Daar is baie goeie oppassers, maak asseblief net seker dat julle al hulle besonderhede het, ID, bewys van waar hulle woon, ens. Betaal hulle geld in n bankrekening in, en maark seker dis in hulle naam. Ons bid dat Eden se gesin genesing sal kry van hierdie vreeslike ervaring.

Dan word daar natuurlik nie gese in watter hof hulle verskyn nie, anders as die geval van die doodskis saak ens. Daar is nie n Landroshof in Alberton nie, so hoekom hulle beskerm, ons wil ook buite die hof wees om aan te dring op GEEN BORG NIE!!! Ek glo die saak word in Palm Ridge verhoor

GM ·

Ek verstaan net nie hoe die ouers gevoel het hul baba is in goeie sorg terwyl Eden nog vermis was nie. Ek sou die huishulp as my hoofverdagte beskou het. Hul word dikwels geïntimideer as hul nie saamspeel as misdadigers goed soek nie, of net geld aangebied. En ek dink diegene wat ‘n band met jou kind smee, is dun gesaai. Dis maklik om illusies te skep voor die ouers.

Theresa ·

Dom vraag: Moet Interpol nie nou die saak van die 4 Zim mense verder neem nie? En saam moet die 2 lande sorg dat die 4 baie lank tronkstraf kry nie?
Dis lyk dan asof die huishulp DEEL was van die hele ding, waarom word sy enigsins geprys vir haar dierbaarheid en goeie werk????!!!!!!!!!! Dis bietjie verregaande, tensy die berig net weird lees.
Die hele verdwyning is vreeslik. Dat die seuntjie lewend en ongedeerd gevind is – ‘n seëning! Sit al 5 se gesigte op pale dat ons almal (en veral mense in daardie omgewings) kan sien hoe hul lyk! En beslis geen borg – wie is dan volgende?? Wonderlike speurwerk – trots!

Iché ·

Natuurlik was die nanny nie ” saam met die kind ontvoer “nie,
soos mense graag sou wou glo. Sy sou immers geskree het of alarm gemaak het.
Glo julle nog in die Tandmuis?

Daleen ·

Die hof is die Palmridge hof, dit is die nuwe hof vir Alberton

Piet Pompies ·

Sodra die polisie betrokke raak by sulke sake voorsien hulle gemerkte geld ten einde die ontvoerders te vang

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie land is verby… Ek het nie meer hoop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.