Baba en drie volwassenes dood in Mpuma-ongeluk

Die ongeluk op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga (22 Desember 2014) Foto: ER24

Die ongeluk op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga (22 Desember 2014) Foto: ER24

ʼn Baba en drie volwassenes is Maandag op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga oorlede in ʼn trompop botsing.

“Drie ander persone het ook geringe tot kritieke beserings opgedoen,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die twee motors het mekaar reg van voor getref toe een voertuig vermoedelik ʼn ander een wou verbysteek.”

ER24 het een vrou in ʼn kritieke toestand na Rob Ferreira-hospitaal geneem. ʼn Persoon met geringe beserings is na Mediclinic Nelspruit geneem vir verdere behandeling. Die provinsiale nooddienste het ʼn derde pasiënt met matige beserings ook na die Rob Ferreira-hospitaal geneem.

Plaaslike owerhede sal verder ondersoek instel.

Die ongeluk op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga (22 Desember 2014) Foto: ER24

Die ongeluk op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga (22 Desember 2014) Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.