Baba en ouma sterf weens gasinaseming

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou en haar vier maande oue kleinkind is in Pretoria dood nadat hulle die gasse van ʼn kragopwekker ingeasem het.

“Die baba, sy ma en ouma was Donderdag saam in ʼn vertrek waar die kragopwekker was,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Die huiseienaars het die drie persone bewusteloos aangetref toe hulle van die werk af teruggekeer het.”

Die persone is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar die babaseuntjie en die ouma is oorlede.

Die ma is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.