Baba gevind na hy uit hospitaal verdwyn

Die babaseuntjie is veilig gevind Foto: SAPD

Die babaseuntjie is veilig gevind Foto: SAPD

Die babaseuntjie wat op Nuwejaarsdag glo uit die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, is gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 24-jarige vrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Die verdagte en die baba is in die Nkanini informele nedersetting gevind. Die baba is nie leed aangedoen nie en is in goeie gesondheid.”

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering. “Die omstandighede wat tot die voorval gelei het word nog ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Die seuntjie is glo Donderdag uit die hospitaal ontvoer toe hy net 12 dae oud was. Die ma het in die hospitaal geslaap met haar seun langs haar in ’n bababedjie. ’n Verpleegster het haar omstreeks 02:45 wakker gemaak en haar gevra waar haar baba is. Die leë bababedjie het in die gang buite die kamer gestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Asjas ·

Dis wonderlike nuus! Dankie Maroela Media, ek is so bly dit is nie net weer ‘n berig en ons wonder vir ‘n lank tyd daarna wat die uiteinde was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.