Baba glo tydens kaping uit motor gegooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Drie maande oue baba is glo tydens ʼn kaping in Naturena, suidwes van Johannesburg, uit ʼn motor gegooi.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het verlede week plaasgevind. Volgens Makhubela het twee verdagtes ʼn vrou en haar baba in Naturena gekaap. Die verdagtes het die vrou glo uit die motor gedwing voordat hulle met die baba, wat steeds in die motor was, weggejaag het.

ʼn Ooggetuie het aan verteenwoordigers van die opsporingsmaatskappy Tracker, wat gehelp het om die motor terug te vind, gesê die baba is deur die kapers by die motor se venster uitgegooi. Die baba is glo langs die pad gevind. Makhubela kon nie besonderhede verskaf oor waar die baba gevind is nie. Hy het gesê die baba was ongedeerd.

Volgens Makhubela is die motor later verlate in Eldoradopark gevind. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frik ·

Ja, dit is regtig jammer om van dit te verneem, bly die baba is ongedeerd.
Waar in die wereld anders as in Suid Afrika kry jy plekke waar daar spesifiek gemerk word waar hi-jackers mag werk!!

scalla ·

Nou waarvoor die bord, dit gaan mos die die probleem oplos nie, hulle weet mos van die misdaad in die area, patroleer die plek,hoe moeilik kan dit wees. Plaas tafel en stoeltjies daar sodat die polisie sommer daar kan sit en kfc eet op n aflos basis.

Eliza-beth ·

Ai ou Scalla, ek kan nie help om te lag vi rjou kfc etery stukkie nie. Casper de Vries het lank gelede in een van sy vertonings lekker gespot met hierdie tipe bordjies en gesê hy sien die goed toe wonder hy nou of dit ‘n nuwe plan van die regering is om werk te verskaf – Staan net hier by die bordjie, die karre kom nou-nou, ai dis erg – maar ek is bly as daar darem net so ietsie ligs by al die duisternis bykom. Ek is bly die kleinding is veilig en ongedeerd, daar was ‘n Hoër Hand wat beskerm het. Ek stem saam, DOEN iets: sit kameras op baie hoë pale waar geen bobbejaan kan bykom en die moet aan onmiddellik kan alarm maak by nabygeleë noodsentrums, kry patrollies wat pal daar rond ry – doen net IETS, bordjies gaan mos nie help nie. Maar dis hoe hulle die “buck pass” hulle het mos die mense gewaarsku vir wat ry hulle dan daar en so skud hulle die skuld van hulself af om dit so te stel.

Rikku ·

Scalla ek stem saam met jou. verwyder die Bord en laat hulle daar is , maar hulle is seker te bang of te besig !

Sensasie ·

Baba uit motor gegooi en daarna ongedeerd gevind klink so baie na sensasie media. ‘n Baba uit ‘n kar gegooi klink mos nou “beter” as baba lang pad gevind na kaping.

Let Op ·

Ooo… nee. Let op. Dit is ‘n argief foto – Die foto is nie op die toneel geneem nie. Dus: 0% vir begrip.

Pierre Celliers ·

Dis te wagte van hierdie breinlose woestaards wat ons mense so terroriseer.

Charlene ·

En daar word daar gesê ons mag nie vloek op ons kommentaar nie en jy mag nie vieslik wees nie. Maar hoe de F! Dis siek barbara wat niks minder verdien as om gesteenig te word nie. Ongeag as hulle die baba uit gegooi en uitgelaai het!!! Jy doen dit nie. dis siek!!!!! Daai arme mamma, dis vreeslik sy is deur die ergste hel! en die arme baba wat net daar lang die pad gelos is, net so deur varke! Dank die Vader hy/sy is ok, maar ek twyvel as dit ongedeerd is. So klein en onskuldig.

Piet Pompies ·

Die foto het niks te doen met die voorval, dit is bloot ‘n verwysing tot die berig. Ons sit met ‘n klomp gewentenlose misdadigers in Suid Afrika wat onskuldiges (babas) leed sal aandoen om hulle doelwit te bereik. So iets is nie volhoudbaar en die lang arm van die gereg gaan hulle vang!

pop ·

Piet pompies. rook jy pompies of wat?? Watter lang arm van die gereg. Of bedoel jy nou die lang een wat net so meedoen aan al die gemene dade in ons land.

Piet Pompies ·

Ek rook rondkyktwak, dit is ons enigste hoop! Lol. Ek glo in ons land in sy voortbestaan, God is ons redding!

Chantelle ·

Ek hoop daar is R100 000.00 beloning vir die verdagtes ook om hulle te vang!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.