Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma het in die hospitaal geslaap met haar seun langs haar in ’n bababedjie. “’n Verpleegster het haar omstreeks 02:45 wakker gemaak en haar gevra waar haar baba is. Die leë bababedjie het in die gang buite die kamer gestaan.”
Volgens Van Wyk het verpleegsters die hospitaal deursoek maar is die baba nie gevind nie. Die polisie is ontbied en lede van die Woodstock-polisiestasie het ook die hospitaal deursoek.
Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. P.G Mangesi, by 082 334 7523 of 021 467 6001/2 te skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dis vreeslik! Kan Maroela Media ons asseblief op hoogte hou?