Baba glo uit Kaapse hospitaal ontvoer

Die babaseuntjie wat glo uit die Grootte Schuur-hospitaal ontvoer is. Foto: SAPD

Die babaseuntjie wat glo uit die Grootte Schuur-hospitaal ontvoer is. Foto: SAPD

’n 12 dae oue baba is glo Donderdag in die vroeë oggendure uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma het in die hospitaal geslaap met haar seun langs haar in ’n bababedjie. “’n Verpleegster het haar omstreeks 02:45 wakker gemaak en haar gevra waar haar baba is. Die leë bababedjie het in die gang buite die kamer gestaan.”

Volgens Van Wyk het verpleegsters die hospitaal deursoek maar is die baba nie gevind nie. Die polisie is ontbied en lede van die Woodstock-polisiestasie het ook die hospitaal deursoek.

Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. P.G Mangesi, by 082 334 7523 of 021 467 6001/2 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Dis vreeslik! Kan Maroela Media ons asseblief op hoogte hou?

Estelle ·

More, dit is eerste keer dat ek die kuierplek sien en wil graag saam kuier!

Estelle ·

Dit is nie die eerste keer dat ‘n baba vanuit ‘n hospitaal gesteel word nie. Om dit te verhoed: ‘n eenvoudige bandjie om die baba se enkel of gewrig wat nie met sker afgeknip kan word nie, en wat sal afgaan sodra dit verby die opspoorder gaan? Werklik, hoe moeilik is dit nou? Ek kan en wil my nie indink wat ‘n nuwe ma en pa moet deurgaan as dit gebeur nie! Ekself is nou ‘n splinternuwe ouma van ‘n 7 weke oue baba! Op hierdie staduim kan ek, het ek net gebid vir die ouers wat deur so iets moet gaan, dat die Here sal sorg! Dit is so maklik om net die nuus te lees en verder af te scroll……en intussen gaan mense deur loutere he’ll! Liefde Estelle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.