Baba hand kwyt ná komplikasies by staatshospitaal

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane en Sasekani Manzini, die LUR vir gesondheid, besoek die hospitaal in Witbank waar die baba tans aansterk (Foto: Mpumalanga Provincial Government, Facebook)

ʼn Drie weke oue baba wat aanvanklik vir diarree in ʼn staatshospitaal in Delmas, Mpumalanga, opgeneem is, se hand moes geamputeer word. Dít nadat komplikasies in die hospitaal ontstaan het. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal wat presies skeefgeloop het.

Sibongile Mkani-Mpolweni, woordvoerder van die premier in Mpumalanga, het bevestig die baba is verlede week vir diarree in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas opgeneem. Die baba moes egter na ʼn hospitaal in Emalahleni (Witbank) oorgeplaas word weens komplikasies. Dit het eindelik daartoe gelei dat die baba se hand geamputeer moes word. Mkani-Mpolweni kon nie spesifiseer wat presies skeefgeloop het nie.

Die baba herstel tans in die hospitaal in Witbank.

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het haar skok oor die voorval uitgespreek. Sy en Sasekani Manzini, die LUR vir gesondheid, het Sondag die baba se familie in die Witbank-hospitaal besoek om aan hulle die nodige ondersteuning te bied. Hulle het die familie verseker dat ʼn deeglike ondersoek gedoen sal word.

“Die betrokke mediese personeel behoort onmiddellik geskors te word, hangende die uitkoms van die ondersoek. Ons versoek ook dat daar teen volgende week ʼn voorlopige verslag oor die voorval ingedien sal word,” sê Mtshweni-Tsipane. “Ons sal seker maak dat die familie die nodige ondersteuning en berading kry.”

Mtshweni-Tsipane en Manzini erken die regering moet volle verantwoordelikheid vir die voorval neem.

“Ons veroordeel sulke ongelukkige voorvalle by staatshospitale,” sê Manzini.

“Ek en Mtshweni-Tsipane, wat self kinders het, het dit goed geag om die familie persoonlik te besoek en aan hulle te wys dat hulle nie alleen is nie. Ons sal ook seker maak dat geregtigheid wel geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Francois ·

Hoekom skors???. Dank hulle sumier af want daai kind moet nou vir die res van sy lewe daaronder ly terwyl die wat nalatig was vet salarisse kry

Cherokee ·

Jy meen ongeag of hulle betrokke was by die versorging van die kind?

E ·

Ja ek stem – dank af. Voorkom so dat ander mense skade opdoen of dood.

Nie Verbaas ·

Hoop en bid dat jy nie in n sekere staatshospitaal in Pretoria beland nie. Wat hulle nie in drie weke onder beheer kon bring nie het ons in twee dae by die huis uitsorteer. Die verhaal van die familielid is skrikwekkend. Dit sal egter niks help om dit te rapporteer nie want alles word mos toegesmeer.

Blikke ·

Dalk n drip wat in die weefsel ingeloop het en onvoldoende observasie tydens die sorg….wonder maar net….

SomeOne ·

begin die ondersoek by die persoon en naald wat in die kind se hand ingedruk is vir drup of bloedtrek
ek het in ‘n staatshospitaal bloed laat trek en verpleer kon nie bloed kry nie en se aan my ek het “dry veins” LMGA, LOL

Ovelia ·

Dit is belaglik. Kan enige iets wt regering of min. Die kind red. Dink wt gaan die ouers deur. Emfulenie en Vaalpark hospitaal sit die oomense onder sedasie vir tot 3 dae want dan kan hul nie lastig wees nie. Kan mens dt oorvertel. Ek dink dis tyd dat hospitale ondersoek word vir nalatige en wan gedrag na die opervlakte gebring word

Regverdigheid ·

Als gaan oor geld doen dit nie uit liefde vir wat hul doen, dan hoeveel van hul se papiere is gekoop?????

Debbie ·

Nou wil hulle he die hele land moet staats medies gebruik want hulle kan dit hanteer. Dit is baie meer as net n onskuldige misverstand. Die kind se lewe gaan permanent verander. Dit is onaanvaarbaar

Mariana ·

Daar moet na alle staatshosptale gekyk word, daar gebeur elke dag soortgelyke goed. Nalatigheid is grootste probleem. Swak opgeleide personeel en ja die luies is ook daar. Ook die wat net daar is vir die salaris maar met geen greintjie empatie of simpatie vir pasiënte nie. Geen trots in hul werk. Om dr of verpleër/verpleegster te wees is ‘n roeping nie net ‘n werk.

Jakes ·

Dis onverskoonbaar dat so iets in n hospitaal van alle plekke plaasvind. Verder sal dit my nie verbaas as die hoeveelheid eise wat jaarliks vir nalatigheid teen staatshospitale ingedien word, die bedrae ver oorskry wat op staatskaping van toepassing is nie. Hierdie tipe van vergrype moet die wereld ingestuur word.

Di ·

Dit gebeur as jy onbevoegde mense in poste sit wat nie ‘n benul het wat hulle doen nie. Meeste van die verpleegsters in die staatshopitale gee nie ‘n duit om vir die pasiente nie – net daar om ‘n salaris te verdien aan die einde van die maand. Van hulle is HOPELOOS verby!

Louise ·

En dit gaan die arme babatjie se handjie trug bring. DIS BELAGLIK man. Hoeveel mense het al hulle lewens verloor deur die verdomde nalatigheid. Wanneer word iemand aanspreeklik gehou en tronk toe gestuur. Hoekom word OMBEVOEGDE mense in poste aangestel… O jammer het vergeet (BEMAGTIGING) Want dis mos belangriker as n lewe.
Hierdie liewe land van ONS voel ek somtyds dat daar geen hoop meer is nie.
Sterkte vir die ouers, die res van daardie kind se lewe, gaan daardie kind sukkel sonder n hand.

Regverdigheid ·

Dis omdat dit nie meer gedoen word met n passie vir jou werk…. gaan oor geld en dan voel hul niks vir hul medemens hoop hul word afbetaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.