Baba in asblik gestort

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore babaseun is Woensdagmiddag in ʼn asblik buite ʼn winkelsentrum in Pietermaritzburg se middestad gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die liggaam is deur veiligheidsbeamptes gevind. Hulle het die baba na hul kantoor by die winkelsentrum geneem, waarna paramedici en die polisie ontbied is.

“Die seun was in ʼn plastieksak toegedraai. Hy is ondersoek en het geen teken van lewe getoon nie. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liezl ·

Seriously!!!!!!!!! Daar’s mense soos ek waar jy die baba by ons voordeur kan los, ons sal kyk na hom!!!!!!!! Dis hartverskeurend!!!!!!!

Jaco ·

Dis tragies. Daar is so baie ongewensde en onbeplande swangerskappe waarvan baie tot straatkinders en sommer net verwaarloosde kinders lei.
Aborsie is beskikbaar. Hoekom gebruik die mense dit nie?

snoefie ·

elke dag word n baba behind. elke dem dag. drs se stokperdjie is mos bloedtoetse. so DNS is dalk op record. straf die gemors wat kinders verwek en soos voosgekoude kougom uitspoeg baie swaar.

Erick ·

Honderde duisende babas word jaarliks wêreldwyd in asblikke gegooi deur aborsie klinieke. Kom gou terug Here Jesus, kom gou.

E.K. ·

Daar is sovele sentrums waar mens die baba deur ‘n plek in die muur in ‘n veilige plekkie kan sit waar die sentrum se mense die kind sal kry en versorg – hoekoem doen “mense” sulke goed?! Dis onverstaanbaar en mag daardie een se gewete haar ry vir ewig.

E.K. ·

Wat ek wou byvoeg is waar is die “ma” se familie en vriende – hulle het tog mos kon sien sy is swanger – vra hulle dan nie waar is die kind nie? Hoe kom so een net weg met dit?

Ontsteld ·

Dit verstom my dat sommige mense aborsie as ñ uitweg sien in die geval van ongewenste swangerskap, asof dit enigstens ñ beter opsie is as wat hier gebeur het. Aborsie is net soveel moord soos om ñ pasgebore baba in ñ sak toe te bind en in ñ asblik te gooi. Wanneer gaan die samelewing eerder die morele verval wat lei tot ongewenste swangerskap, aborsie en weggooi babas begin aanspreek. Maranatha

Theresa B ·

Dis verskriklik!! Hoe walglik!! Wys jou nou net wat beteken ‘n lewe………………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.