Baba in asblik gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Sondagaand in ʼn asblik in Vanderbijlpark gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die toneel in DF Malanweg ontbied.

“’n Bejaarde man het op die toneel aan paramedici gesê dat hy die pasgebore baba in een van die asblikke gevind het.” Volgens Vermaak was die baba moontlik lank in die asblik voor hy gevind is. Die baba is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Candice ·

Dis terrible!! Hoe doen n mens dit! Weetend dat dit so koud is buite en weetend dat daai klein ou lyfie dit nooit sal maak so nie!! Maak my so fies!! Ek laat nie eers my 3jarige uit die huis sonder n warm baadtjie nie!!

Leticia ·

Die maak my bitterlik kwaad. Hoekom nie eerder gebruik maak van Jessicas Wall nie. Daar kan die kind in n huis geplaas word wat vir hom die nodige liefde en respek kan gee. Dis so onnodig, regtig. Daar soveel vrouens wat daagliks bid vir n bonneltjie liefde.

Gert ·

Mog die persoon wat daai kindjie daar weggegooi het, net so weggegooi word en net so ly soos daardie kindjie. Daai kindjie is miskien beter af waar hy/sy nou is. RIP.

Piet ·

Mag jy gewete jou so ry dat jy van jou kop af raak want net n versteurde persoon sal so iets doen ek is baie bly ek is nie daai vrou nie want sy moet eendag voor GOD gaan staan as die rol daar afgelees word

KLEIN ·

Ek laat nie eers my diere buite slaap nie hulle het hul skuiling, wat nog van `n baba in `n asblik.

m ·

Dis hoekom hierdie wereld in so toestand is want mense loop rond sonder n gewete. Mense soos hierdie maak mens naar…………………..

Ouvrou ·

Dis apartheid se skuld. Alles is mos apartheid se skuld. Apartheid is mos die rede hoekom moord, roof, verkragting, en hierdie tipe onmenslikheid in Suid Afrika geregverdig word! ‘n Mens moet darem net mooi niks in jou hê om so laag te daal en jou eie kind in ‘n asblik te gooi nie! Gevoelloos vir jou eie vlees, so hoe kan jy enigsins respek of gevoel hê vir ‘n ander lewende wese? En dis ook die mense wat die hardste gil en toy toy vir menseregte!!!

Theresa B ·

Dis walglik. Hierdie persoon/persone het geen gewete nie. Dis hoekom dit so gaan in ons land. Mens voel vir mens niks. Die duiwel loop en lag en samel net siele in. Mag die Here ingryp in alles wat hier in ons land aangaan en ek bid dat die mense se oë moet oopgaan.

Nella ·

Daars soveel mense wat bid vir so n klein bondeltjie en dis nie vir hulle beskore nie. Rus sag engel kind xxx

Gebreek ·

Dit maak my woedend!!!!!!Weet daardie Ma nie hoe bevoorreg sy is om daai babatjie te hê nie?Ek’s pas terug by die huis na nog ‘n mislukte IVB behandeling. Dit was ons laaste kans,maar sy gooi hare weg.

Maria van Dieweeck ·

So jammer Gebreek. Onthou met God is daar altyd nog n kans. Ek bid vir jou, en, Amen Therese B.

thelana ·

Dis onmenslik van ‘n ma om haar kind net so weg te smyt!! Wat gaan aan deesdae dis net moord voor en agter is dit vandag maar die maklikste uitweg oor almal skot vry daarvan afkom!!! Wens hulle wil die verdomde doodstraf terug bring dat gewete lose mense soos die gehang kan word om nooit weer die voorreg te kry om so iets te doen nie. Sies om te dink jy’t daai mensie 9maande lank gebaar om net om te draai en daai kleintjie te verwerp!! Hoop jy kry nooit ooit weer ‘n dag se rus in nie, jou gewete moet jou lewendig opvreet!!

Hermien ·

Nommer wekkend, dit word n epidemie. Hartverskeurend beskryf nie wat ek vir elke voel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.