Baba in asblik gevind

Paramedici, Dean Ramnarain, Selvin Govender en Wasim  Hoosen-saiv, by die baba. Foto: Netcare 911

Paramedici, Dean Ramnarain, Selvin Govender en Wasim Hoosen-saiv, by die baba. Foto: Netcare 911

ʼn Lewende pasgebore babaseun is Maandagoggend in ʼn asblik in ʼn badkamer van ʼn gebou in Durban gevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 08:10 na die West Tower-gebou in Dr. Pixley KaSemestraat (Weststraat) ontbied nadat iemand die baba op die tweede verdieping van die gebou gevind het.

“Die baba was in twee swartsakke toegedraai en in die asblik gelaat. Die baba het gelewe, maar ʼn tekort aan suurstof gehad. Paramedici het hard gespook om die baba te stabiliseer,” het Botha gesê.

Die baba het ná ʼn paar minute begin reageer op behandeling, waarna hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nora ·

Mag daai ma gestraf word en deur die staat reggemaak word om nooit weer n kosbare geskenk van God in die wereld mag bring nie want daar is vrouens wat smag om n kind te he en ander mas gooi hulle in asblikke hoe onregverdig

Idi ·

Ek het nie eers woorde nie, Siek verby !!!!
Sal liewerste nie sê wat ek die “Ma” / Vrou toe wens nie.

In vandag se lewe is daar wragtig baie plekke wat kan help en invat as jy nie ‘n kind wil hê nie.

Alida ·

Sommige mense tree soos barbare op. Die kind het nou 10/1 breinskade weens ‘n gebrek aan suurstof.

Sanet ·

Dit breek my hart as ek sulke dinge lees. Daar is mammas wat hul doodgebore babatjies moet begrawe en dan is daar mammas wat hul gesonde babatjies in ‘n asblik gooi om te sterf. Hoe wreed, hoe onmenslik wreed…

Piet Pompies ·

Dit is ongelukkig so dat daar baie mense in Suid Afrika is wat geen waarde heg aan die skenking van ‘n lewe en die neem van ‘n lewe.

Johanna ·

Jou arme klein dingetjie. Ek bid vir God se genade oor jou lewe.

Loeis ·

Ene Seroti het ‘n gedig geskryf waarin ‘n ma haar baba op ‘n villushoop gelaat het. Dit was op ‘n stadium in die Engelse klas in skole aangebeid. Blykbaar was apartheid op die een of ander manier vir die ma se dade verantwoordelik. Seker hiervoor ook?

Ek is sarkasties, as iemand gewonder het, en wou maar net die propaganda element uitwys…

Boetman ·

Hopenlik geniet die baba nou die uitstekende diens van ‘n Netcare hospitaal heeltemal gratis – en word hy nie ook weggewys na ‘n staatshospitaal omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie.

Jan ·

Sou ons dieselfde reageer het indien hierdie poging tot moord op die seuntjie se lewe 30 weke gelede in ‘n aborsiekliniek plaasgevind het?

Liza ·

Hoekom raak sulke siek vrouens in die lewe swanger……… daar is soveel ander pragtige vroue wat kindertjies wil he, en wat ‘n goeie mamma sal wees…… maar nooit sal hulle kan nie…… ek hoop dat elke een wat sy babatjie weggooi eendag lekker sal brand……..

Hartseer ·

Ai! Dit maak my so seer om hierdie te lees. Ek smag dat die Here my sal seen met ‘n baba, en dan gooi iemand ‘n kind weg. Dit is die grootste geskenk wat jy kan ontvang. Daar is so baie mense wat sal spring om die seuntjie aanteneem. . Dit is so onnodig om hom in ‘n asblik te gooi, weet nie hoe doen ‘n mens dit nie.

Wonder sommer ·

Ek was ook altyd vinnig om so ma te kritiseer, maar ek wonder tog…se nou maar hierdie is n vrou wat verkrag is en swanger was met die kind van n verkragter en vir een of ander rede dit moes wegsteek….hoe sou jy voel om so baba binne joubte dra vir nege maande? Sou jy na so baba kon kyk sonder om die rede vir sy bestaan te onthou. So hoe weet almal hier bo wat die omstandighede was. En dan om nog alleen en op jou eie in kraam te moet gaan en geboorte te skenk…net so traumaties. Gaan kyk maar hoe lyk dit by die klinieke…daar is nie sprake van ordentlike mediese hulp vor swanger vroue uit lae inkomste groepe nie. Hoe weet ons dis nie n tiener nie? Dink ons moet oor die algemeen mik om meer compassion te he.

Belinda ·

Ag asseblief Wonder sommer….
As jy verkrag was, sou die eetste ding nie gewees het om ń “morning after” pilletjie te drink nie? Ek glo nie dit sal onmoontlik wees om nogsteeds jou swangerskap “weg te steek” en nogsteeds n plan te maak om te probeer reel dat iemand jou baba kan aanneem nie…
Geen compassion vir iemand wat n lewende hulpelose baba weg gooi en vir dood los!!! Enige mens, maak nie saak hoe jonk of onnosel sal kan dink om net die baba by n plek van veiligheid af te gaan laai… daar is geen maar geen maar geen rede om te voel jy het geen ander keuse as om baba weg te gooi nie!!! Kan nie glo iemand kry daai vrou jammer nie. Al het jy geen manier om na n baba om te sien, al steek jy jou swangerskap weg, al weet niemand van jou pyn, stap na n plek van veiligheid en gee jou baba in iemand se arms wat hom/haar kan vat en versorg, asseblief mense!

Kleinheks ·

Ons almal weet waar kom babas vandaan.
As jy nie kind wou he nie is daar bv – voorbehoed pille, as jy werkloos is skenk die staat dit gratis vir jou.
Ook as jy dit nie wou nie die morning after pill.
Sy kan haarself nie verontskuldig nie.
Maar hel weet ons lewe vandag in n barbaarse wereld .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.