Baba in asblik gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is in ʼn asblik gevind in Oranjesig in Bloemfontein in die Vrystaat.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die babaseuntjie was kaal en het tussen koerante gelê. Paramedici het die baba ondersoek maar daar was ongelukkig niks wat hulle kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chantel ·

Sulke mense moet nie weer kinsers het nie want daar is ander wat duisende rande betaal vir babas en dan ooj miskrame kry. Not fair…

Gesie ·

Ontspan Des, en ander, wat so gepla word deur ander mense se vinger- en spelfoute. Dit maak regtig my of jou armer nie. Kom ons “leef en laat leef!”

Pendoring ·

Stem saam met jou Des. Ek verstaan ons is baie emosioneel wanneer daar berigte soos hierdie is, maar maggies, lees net jou plasing ten minste een maal deur, voor jy die stuur knoppie druk.

Chris ·

Wel daar is dalk tikfoute maar ons almal kan gelukkig dit lees en verstaan so dit is darem nou nie dat die wêreld vanmiddag gaan vergaan daaroor nie.

Nikolaas Pienaar ·

So hartseer en walglik as wat hierdie misdaad is, so hartseer en walglik is elke aborsie wat wettig in ons land gepleeg word.

Elsabe Robinson ·

Ek stem saam met Nikolaas; ons land se aborsiewetgewing verkondig as’t ware dat babas wegdoenbaar is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.