Baba in asblik in PTA-Oos gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn baba is Vrydagoggend in ʼn asblik in Moreletapark, in Pretoria-Oos, in ʼn asblik gevind.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn lid van die publiek het die gru-vonds in Jacquesstraat gemaak en dit by ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy aangemeld. “Die baba was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê.

Dit is in die stadium nie bekend hoe oud die baba is nie. Die polisie ondersoek die saak.

Maroela Media het Donderdag berig ʼn pasgebore babadogtertjie is vroeër die oggend in ʼn drein in Oos-Londen in die Oos-kaap aangetref. Paramedici het 45minute lank op die toneel gespook om haar lewe te red, maar sy is later in die neonatale eenheid in die Frere-hospitaal oorlede. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mollie ·

Die Here hoor my maar hierdie mense weet nie wat hulle doen nie, wat is besig om met die wereld te gebeur! Jy kan nie net ‘n weerlose kind in ‘n asblik smyt nie!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.