Baba in Bishop Lavis ontvoer

(Foto: SAPD/Wes-Kaap)

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Bishop Lavis in Kaapstad vra die publiek se hulp om ʼn baba op te spoor wat verdwyn het.

“Die kind is Saterdag saam met die verdagte (die vrou in die foto) gelaat toe ʼn ma na ʼn winkel in Bishop Lavis,” sê sers. Wesley Twigg, woordvoerder van die polisie. “Toe die ma terugkeer, was die verdagte en die twee maande oue baba skoonveld.”

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Thembisa Buqa te kontak by 073 519 3384 of 021 935 9806.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Jy los mos nie jou baba by ‘n wildvreemde vrou en gaan winkels toe nie. Hoop die kleine mensie is veilig en word vinnig gevind.

Swerwer ·

Lagwekkend. Hoe op aarde laat jy jou baba/kind in ‘n onbekende se toesig.

Vonkprop ·

Daar is nie pille vir stupidheid nie. Hoop net die kind is ok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.